Malema sê platinumstaking moet verskerp

Malema spreek die skare toe op 6 Mei 2014 by Vryheidspark in Rustenburg, Noordwes Foto: EFF, Facebook

Malema spreek die skare toe op 6 Mei 2014 by Vryheidspark in Rustenburg, Noordwes Foto: EFF, Facebook

Mynwerkers in die platinumbedryf moet hul staking verskerp, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Dinsdag gesê.

“Dit is die langste staking sedert 1984. Ons is trots op julle. Ons is nie skaam om aan julle verbind te word nie,” het Malema in Rustenburg, Noordwes, gesê. “Die staking moet voortduur. Ons ondersteun Amcu in die stryd vir beter lone. Dit is die enigste vakbond wat die kapitaliste op hul knieë dwing.”

Malema was in Rustenburg in ʼn poging om ter elfder ure nog stemme vir sy party te werf voor die algemene verkiesing Woensdag plaasvind.

Malema het aan die skare van ongeveer 5 000 ondersteuners in Vryheidspark gesê wanneer hulle stem, hulle aan die mynwerkers moet dink wat in 2012 in Marikana gesterf het. “Onthou die weeskinders van Marikana. Dink aan die mynwerkers wat gesterf het vir beter lone.”

Altesaam 44 mense is in Augustus 2012 tydens ʼn gewelddadige staking by Lonmin se myn in Marikana dood. Altesaam 34 is op 16 Augustus dood toe die polisie op hulle losgebrand het. Tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte, het die voorafgaande week gesterf.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Implats, Amplats en Lonmin. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500.

Malema sê die ANC het nog nooit na Marikana gegaan om om verskoning te vra vir die geeste van die afgestorwe werkers nie.

“Julle gaan Jacob Zuma môre op die stembrief sien. Sê vir hom hy het nie na julle toe gekom toe die polisie julle broers en pa’s doodgemaak het nie. Sê vir hom hy gaan nie jou stem kry nie,” het Malema gesê. “Toe die ANC gesê het hulle gaan huise verskaf, kan die kiesers sê hulle het slegs moderne plakkershutte gebou. Julle behoorlike huise kom. Gee ons vyf jaar. As ons misluk, skop ons uit.”

Hy maan die stakers om nie die verkiesing te boikot nie. “As jy nie stem nie, help jy die ANC om aan bewind te bly. Selfs al staak jy, môre werk jy vir jouself. Môre is ʼn dag om verandering te bring.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek hoop Malema betaal aan elke stakende ‘n deel van hul salaris – ek wonder steeds, hoe oorleef hulle en hul gesinne ?

Albert Esterhuyse ·

As niemand werk nie, wie gaan die “backpay” betaal? Wie gaan die verhoging kan bybring? Die sotte verstaan nie dat werk = inkomste is nie. Gee vir ‘mal’ema die land dat hy die myne en selfs die see kan nasionaliseer!

ai toggie ·

Ai, ek wens ek kon die woorde gebruik wat ek so graag wou! Malema jou aap. Jy bly nie hier nie! Jy het geen idee waardeer die mense hier gaan – swart, wit en bruin. Maak nie saak wat jou vel kleur is – almal sukkel. Kindertjies het nie kos nie!!! Daar is besighede wat hul deure sluit na hoeveel jaar se bestaan in Rtb! En ergste van als is meeste is swart mense wat hul bestaan uit daardie winkeltjie gemaak het! En nou kom jy met jou rooi hoedjie en hits hulle nog verder aan?!?!?!?! Ek wens iemand wil hom uithaal !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.