Malema sê Ramaphosa ‘bluf’ oor grondonteiening

Julius Malema. Foto: ANA.

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede hom daarvan beskuldig dat hy leë beloftes maak oor grondonteiening sonder vergoeding.

“Ek het die leier van die opposisie [Mmusi Maimane] iets hieroor hoor sê, ek wil jou waarsku, leier van die opposisie, jou posisie in die metro’s gaan afhang van jou houding oor die onteiening van grond sonder vergoeding. Ek wil jou daaroor waarsku want dit is ʼn fundamentele kwessie wat gaan veroorsaak dat ons met jou baklei. Enigiemand wat daarteen gekant is, is ʼn vyand van die mense en met so ʼn mens sal afgereken word,” het Malema gesê.

Verskeie opposisiepartye, insluitend die DA en die EFF, beheer verskeie metro’s in die land deur middel van ʼn koalisieregering.

Malema het met verwysing na Ramaphosa gesê sy melding van die kwessie het nie hoofopskrifte gehaal nie omdat “hulle weet hy is nie ernstig daaroor nie”.

“Enigiemand wat bekommerd is oor beleggings in Suid-Afrika sou bekommerd wees oor grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika maar jy het vir hulle gesê: ‘Toemaar ek verwyl net tyd, moenie bekommerd wees nie, ek maak net my mense in die ANC stil’. Hierdie is nie ʼn kwessie om oor tyd te verwyl nie, dis ʼn emosionele kwessie en jy noem dit net as jy ernstig is daaroor,” het Malema gesê.

Volgens hom moet daar ook nie voorwaardes verbonde wees aan die beleid van onteiening sonder vergoeding nie omdat grond destyds sonder voorwaardes afgevat is. “Daar was geen voorwaardes nie. Hulle het net ons mense doodgemaak.”

Ramaphosa het in sy toespraak gesê dat die bespoediging van grondhervorming deel gaan uitmaak van ʼn beleid om die landbousektor ʼn hupstoot te gee.

Malema het ook vir Ramaphosa herinner dat sy mandaat net vir een jaar duur omdat Suid-Afrikaners weer in 2019 se nasionale verkiesing gaan stem.

Hy het wel benadruk dat die EFF, ʼn konstante politiese doring in oudpres. Jacob Zuma se vlees, besluit het om hom ʼn kans te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Niel Maree ·

As jy grong wil hê, koop dit soos enige ander moet. O sorry het vergeet, jy wil alles verniet hê

christa ·

weereens wil die ANC/EFF net everything for free he. Die witmense het betaal vir grond waarop hulle boer. En hulle voorsien die mensdom van kos en los nie dit om te verwaarloos nie. As jy dinge verniet kry, verwaarloos julle alles

Frikkie Geld en huis ·

Dit is terloops waarvoor EFF staan. Everything For Free. Ek wonder hoeveel setels gaan die raasbek na 2019 in die parlement hê. Hopelik nie veel nie.

Vergeet dit ·

Vergeet van grond vat sonder vergoeding, los daardie idee, dit gaan nie werk nie dit is verseker.

Gerhard ·

Daar is baie goed wat nie werk nie wat die ouens in elk geval aanvang. Dit het hulle nog nooit gestop nie.

Han ·

Please Tell, hoe wens ek dat die groot mond Malema jou kommentaar kan lees! Hy dink almal bewe as hy so tekere gaan. “Leë blikke maak die grootste geraas.” Malema dink alles kan met geweld reggemaak word.

Boet Fasie ·

Ek het nogal respek gekry vir Ramaphosa en dink hy sal ‘n goeie leier wees. Cyril het die hele volk ongeag kleur , taal of ras se voortbestaan en menseregte in Suid Afrika in sy toespraak gewaarborg. As iemand grond wil he, laat hy werk daarvoor en dit verdien , die tyd is verby om alles verniet te kry .

Heinrich ·

Boet Fasie, sou graag met jou wou saamstem maar daai African Dream sal nie vir ons beskore wees nie. Daar is twee kulture aan die werk hier en Cyril gaan nie weet watter een om te volg nie. Hy het die westerse konsep van ekonomie half gesnap en weet jy kan nie net werkende goed weggee en dink dit gaan bly werk nie. Die ander helfte wat hy nie gesnap het nie deel hy met die veglustige swaap in rooi deur nog steeds in velkleur vas te kyk vir grondgrype, rasstellende aksie en al daardie mislukte ideologieë. Hy kom uit ‘n stal wat die haat teenoor die verlede (met hulle eie weergawe daarvan) lewendig hou so ek is veel eerder pessimisties as optimisties!

TLC ·

Vra ek ook mos. Wie is doodgemaak vir grond nog lank voor die ongelederde ding n gedagte was. Hy ook seker gratis onderwys gekry. Ek weet nie meer of ek moet lag of huil as hy sy mond oopmaak nie. Maar ja ek is verstom

Jerry ·

Die EFF gaan teen 2019 stadig maar seker “fade away”. Suid Afrikaners het genoeg gehad van die Zupta tipes.

Rooi jan ·

Jy is verkeerd al hoe meer jong mense gaan stem. Hulle het nie hoop vir werk en n toekoms nie hulle stem EFF

Attie ·

want van JM se eie grond gaam hy dit ook deel met die mense?

Alida ·

Malema het respek vir niemand. Hy en sy mansskappe kon respek betoon het deur pakke aan te trek en die oorpakke gebere het tydems die SONA. As hy behoorlik geklee is kan mens miskien luister na die bollie wat hy praat.

Casper Labuschagne ·

Malema: “Enigiemand wat daarteen [grondonteiening sonder vergoeding] gekant is, is ‘n vyand van die mense en met so ‘n mens sal afgereken word”

Daardie stelling grens bitter na aan haatspraak en dit is verbysterend dat dit in die Parlement toegelaat is sonder sanksie. Ek is gekant teen Malema se voorgestelde grondgrype, dus is ek volgens Malema ‘n vyand van die mense en sal daar met my afgereken word? Ek kan my indink watter krisis dit sou meebring as ‘n wit politikus so ‘n dreigement teenoor ander sou maak.

Waar Malema se woorde in ‘n Europese taal is, word dit deur ons vertolk as beeldspraak en politieke retoriek. Maar op die Afrika-manier beteken dit ondubbelsinnig dat die leier ‘n spesifieke toestand identifiseer wat hom kwel en dat sy volgelinge dus die toestand sal moet regstel, anders sou die leier nie so spesifiek die toestand asook die metode vir regstelling daarvan plus die bepaalde uiteinde van die teenstanders daarvan sou uitspel nie. Ons moet ons blinkers van “altyd positief wees” afhaal en aandagtig kyk na wat eintlik tussen die lyne gesê word want dit is die verduideliking vir baie voorvalle wat daagliks om ons gebeur.

DS ·

Ou grootbek Malema kyk na Zimbabwe dit is “die mense” vir wie jy nou so “baklei” se voorland as hulle jou volg en JY gaan veilig, warm en met ‘n vol pens elke aand in jou mansion iewers in ‘n spogbuurt sit en vere vir hulle voel.

john ·

Kyk as *** praat kolletjies was… Lekota was reg, wie gaan die land kry? Wie is “ons mense” waarvan hulle so praat? Grond maak nie rykdom nie, harde werk doen en dit is iets wat die klomp heel duidelik nie kan verstaan nie. Gee vor my, terwyl hy bakhandjie staan en absoluut niks wil doen vir dit nie.

Johanna Botha ·

Kyk maar net Noord bv zim …en daar het jy jou antwoord …maar nee hy leer nie !

Alida ·

Boswel sirkus het al een nar bygekry by name Zuma Malema is volgende..

Riouna Martin ·

Dit is Malema se manier om almal te druk om vinniger grond te vat! Hy maak die uitlatings sodat ander hom sal wys hulle sal grond vat! MALEMA JOU DAG GAAN KOM EK WIL DIT NIE SIEN NIE

EMMA ·

Nou gaan die EFF aanmekaar daaroor hamer en Ramaphosa uitjou in die parlement, die sirkus gaan maa net aan. Koop dit wat jy wil he, nie vat nie.

leon ·

Ek dink Malema is die keer korrek. Gelukkig, Ramaphosa se ambisieuse planne sal faal met grondgrype.

Tinus ·

Ek stel voor dat ‘n joernalis vas stel hoe Malema aan sy plaas gekom het. As hy dit eerlik gekoop het, moet sy volgelinge dit weet en hom daaroor vra.

Gerhard ·

Malema se Ons moet die grond sonder vergoeding afvat en almal kla en kerm.

CR se Ons gaan die grond sonder vergoeding afvat en almal is te ingenome met hoe oulik en wonderlik hy is.

Francois ·

Julle buurmense oorkant die draad moet bid dat JM nie president raak oor die volgende 10-15 jaar nie. Burgeroorlog sal die voorland wees, punt !

Lee ·

ek se kry julle goed reg!! verkoop wat jy kan verkoop, brand af wat jy kan! as hulle die grond wil he moet hulle dit kry soos dit was 300 jaar terug, met niks op!! en dan as hulle die grond will he moet hulle die grond belasting betaal, hulle moet die verbande wat uit geneem is betaal!! hulle dink alles is mos verniet!! kyk way gaan gebeur!! maar mense jou lewe en jou kinders se lewe is meer werd as n stuk grond!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.