Malema sê Ramaphosa slaan glo aan vroue

Julius Malema (Desember 2019) (Foto: EFF/Twitter)

EFF-leier Julius Malema het Dinsdag vir die parlement gesê dit is welbekend dat pres. Cyril Ramaphosa sy eksvrou geslaan het.

“Hy het vir Nomazizi geslaan. Sy sou by [oudpres. Jacob] Zuma daaroor kla,” het Malema Dinsdag gesê met verwysing na Ramaphosa se voormalige vrou. Ramaphosa was tussen 1991 en 1993 getroud met Nomazizi Mtshotshisa.

Malema het dié stelling gemaak tydens die debat oor die 2020-staatsrede wat vanmiddag in die parlement begin het. Dít nadat ʼn lid van die ANC Malema daarvan beskuldig het dat hy sy eie vrou, Mantwa, slaan. “Geslagsgeweld vind plaas by jou eie huis en EFF-lede weet daarvan,” het Boy Mamabolo, ANC-LP, aan Malema gesê.

Malema het hom nie onmiddellik in die hinderlaag laat lok nie, maar nadat die leidende party sy toespraak etlike kere onderbreek het, het hy met die sak patats oor die president vorendag gekom.

“Ek het nog nie een keer my hand teen my vrou gelig nie, maar ek is vertel die president het sy voormalige vrou geslaan. Ek opper hierdie saak omdat jy nie geslagsgeweld met só ʼn geskiedenis kan takel nie,” het Malema gesê.

Malema het die president juis Vrydag tydens ʼn persklubvergadering uitgedaag om te verklaar dat hy nog nooit ʼn vrou mishandel het nie.

Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, het hierdie woordewisseling Dinsdag met afgryse aangehoor. “Om hierdie onderwerp vir politieke gewin te gebruik, is ʼn belediging vir Suid-Afrikaanse vroue wat gebuk gaan onder mishandeling of geslagsgeweld. Ek voel fisiek siek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Snowball ·

So smerig en buite orde soos net dié opgevoedes kan wees. Seker maar ‘n kwessie van die pot wat die ketel vir swart uitskel…

Amatambo ·

Sal my geensins verbaas indien daar wél waarheid in die stories oor CR en JM is da t hulle hulle vrouens slaan – dis mos ;n MANS-wêreld – waar dit algemeen bekend is dat vrouens die ondankbaarste bestaan van hulle lewens voer – die vrou is letterlik die man se slaaf in alle opsigte, veral onder sekere kulture waartydens sy van dagbreek tot laataand haar heer en meester se behoeftes moet nakom, en waarvoor sy eerder ‘n paar taai klappe kry instede van ‘n dankie, wat staan nog af en toe ‘nbietjie erkenning in enige vorm…

EO ·

Ou Malema, gaan soek aandag op ander plekke nie in die Parlement nie. Jy ontwrig altyd alles orals.Wat jy oral aanvang is amper net so erg soos vrou slaan. Regte ou skoorsoeker. Hy moet leer om ‘n wag voor sy mond te sit.

Jaco ·

pik botha het dit mos ook aan sy eerste vrou gedoen. dis hoe sy “geval”en verlam geraak het, maar alles mooi toegesmeer in die ou SA nogal. So vandag se “hulle” het maar net van toesmeerdery by die verlede se “ons” geleer…

jinny jualinda ·

Malema het geen selfbeheersing nie, spoeg enige ding uit wat by sy brein verbykom. Hy ken nie van n wag voor sy mond sit nie. Dit is goed, hulle moet nog wasgoed was, dit raak al hoe meer interessanter by die dag. Solank die visier op mekaar is, los hulle ons uit.

Martie ·

Ek wonder net presies hoeveel popcorn ek moet kry vir die sirkus

Nell ·

Dit behoort nie vir ons vreemd te wees nie – dis hoe Afrika politiek bedryf – hond eet hond.

Genis ·

Ek dink dis hoekom baie vroue nie n saak by die polisie kan open nie.. Die mans wat help dink daar nie fout nie, want dis hulle manier..

Grassie ·

Waarom moet Malema hieroor stilgemaak word? Ramaphosa het die afgelope jaar omtrent elke keer as hy sy mond oopmaak ‘n veldtog teen al wat man is gevoer dat hul vroueslaners is, met so ‘n “holier than thou” uitdrukking op sy gesig. As hy wel self ‘n vroueslaner is moet dit openbaar word. Klink amper of baie van “our people” vroueslaners is. By “ons mense” is daar sekerlik ook varke wat hul hande vir hul vrouens lig maar ek glo dit is ‘n klein minderheid. As CR skuldig is moet hy sy goed vat en loop. As hy nie is nie kan hy mos vir Malema dagvaar vir laster. Hoop nie die sakie word onder die mat ingevee nie.

antieke antie ·

daai mishandeling in alle kulture is baie meer as wat die meeste mense wil erken…. en as manlief uitvind jy het gekla gaan dit erger…daarom geniet baie mans dit dat die vroue stilbly

Louwrens ·

Mense die kulture in ons land verskil erg van mekaar. Ek rand egter nie eens n ander man aan nie wat nog te se van n vrou. Respek is n belangrike ding

Scalla ·

Ja Lourens, onthou respek word verdien, stem saam met jou stelling maar ek sal wat wil gee om daai rooi keps n paar perde klappe te gee.

Sophia ·

Lekker ou vuil wasgoed was in die Parlement, in plaas van om die land te regeer!! So much for respect…

Johan Venter ·

Maar Malema is mos in sy element as hy die parlement kan kaap en gesprekke tot sy vlak laat daal, soos ook met die Staatsrede. Hy is op sy gelukkigste as hy oorneem, ontsien niemand en blom veral as die kollig op hom val. Ek kan my nie herinner dat hy een maal in die parlement iets konstruktief bygedra het nie.

DieKriek ·

Malema sê dit en Malema sêv dat. Hoekom word elke woordjie van hierdie onbenullige leier van n minderheidsparty slaafs aangehaal in die nuus. Is daar niemand anders in die parlement wat iets sê nie? Dit hoef nie sin te maak nie – Malema s’n maak weinig sin – laat iemand anders nou vir n slag n beurt kry (en nie vervelige Lesufi nie).

Kaptein67 ·

Kom nou Mnr Cyril, as daar geen waarheid insteek nie, vat dan die stout seuntjie “Julius Mal emmertjie” hof toe vir naam skending !!

Marie ·

Mnr. Malema het hiermee ‘n nuwe laagtepunt in sy politieke lewe bereik. Die rede hoekom hy vir F. W. de Klerk en president Cyril Ramaphosa aanval is om van sy eie mislukkings as leier te deflekteer. Hy en al sy kaders is ons land se ondergang.

Daleen ·

Gister aand lekker gelag toe die idioot uit parlement wou storm maar te dom is om die deur oop te gekry het.

Christo ·

Lyk my Malema se skietgoed raak op. Nou gooi hy modder. By Sona inkluis. Hy kan ook moorde op blankes aanwakker – en die ANC staan magteloos. Hy bied nie een werkbare oplossing vir SA nie, maar dryf die revolusionêre visie. A wannabe Ché Guavara. Shame jongeling, hy in sy luukse onwettiglik bekom! Ché het in die voorste linie geveg boet, jy gaan uit die veiligheid van veiligheidawagte skree en beveel bedorweling!

Johan Venter ·

Hulle sê mos elke huis het sy kruis, so het die parlement vir Malema.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.