Malema se roekelose skietvoorval landwyd nagedoen

Emzinoni-vuurwapen

In nóg ’n voorval op 20 Maart, ook vanjaar, in Emzinoni naby Bethal, Mpumalanga, het ’n persoon in ’n MK-veterane-uniform ’n voorwerp afgevuur wat soos ’n handwapen lyk. Foto: Verskaf.

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê daar is tans ʼn nuwe tendens wat sy kop uitsteek waar mense met politieke bande vuurwapens goedsmoeds in die publiek in die lug afvuur.

Volgens Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, volg dit nadat Julius Malema verlede jaar by die EFF se vyfjaarfeesviering ʼn voorwerp afgevuur het wat soos ʼn aanvalsgeweer lyk.

“AfriForum se waarskuwing het toe op dowe ore geval dat dit roekelose optrede is wat ʼn gevaarlike presedent kan skep indien die SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie dringend optree nie,” het Kamfer gesê.

Die eienaar van ’n sekuriteitsmaatskappy – met bande met die plaaslike munisipaliteit in Dundee, KwaZulu-Natal – en sy medepligtiges het in middel Maart vanjaar verskeie skote afgevuur met voorwerpe wat soos vuurwapens lyk. Hierdie voorval het in ’n residensiële gebied plaasgevind.

In nóg ’n voorval op 20 Maart, ook vanjaar, in Emzinoni naby Bethal, Mpumalanga, het ’n persoon in ’n MK-veterane-uniform ’n voorwerp afgevuur wat soos ’n handwapen lyk. Hy was agter op ’n trok wat aan die Govan Mbeki-munisipaliteit behoort. Dit het ten aanskoue van verskeie lede van die Mpumalanga-verkeerspolisie gebeur – boonop óók in ’n openbare gebied – en sonder dat die veiligheid van die burgerlikes in die onmiddellike omgewing in ag geneem is.

Dundee-vuurwapen

Die eienaar van ’n sekuriteitsmaatskappy – met bande met die plaaslike munisipaliteit in Dundee, KwaZulu-Natal – en sy medepligtiges het in middel Maart vanjaar verskeie skote afgevuur met voorwerpe wat soos vuurwapens lyk. Foto: Verskaf.

Verskeie mense het ook op 27 Maart in Bedfordview – in die teenwoordigheid van die Johannesburgse Metropolisie – verskeie skote met ’n aantal vuurwapens in die lug afgevuur. Die owerheid het bevestig dat hy tans bewysstukke insamel om die aangeleentheid te ondersoek. AfriForum moniteer dié ondersoek.

Kamfer sê AfriForum het kort ná die EFF se feesviering strafregtelike klagte teen Malema aanhangig gemaak. Die dossier dien tans voor die NVG om te verseker dat die dossier volledig en verhoorgereed is. AfriForum ontvang gereeld terugvoer in dié verband.

AfriForum het ook stappe gedoen na aanleiding van die ander gevalle. Die sekuriteitsmaatskappy-eienaar is by die Reguleringsgesag vir die Privaat Sekuriteitsbedryf (PSiRA) verkla en AfriForum hou die verloop van die ondersoek met ’n valkoog dop. Die beweerde MK-veteraan se optrede in Emzinoni is na die direkteur-generaal van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling van die Mpumalanga- provinsiale regering verwys. Die laasgemelde én die Emzinoni-polisiekantoor het beweer dat hulle geen kennis van die aangeleentheid dra nie, en AfriForum het alle inligting aan hulle verskaf. Daar is onderneem om aandag aan die saak te gee en ondersoek in te stel. AfriForum sal dit gereeld opvolg om seker te maak dat dié onderneming gestand gedoen word.

“Malema het ’n uiters onrusbarende voorbeeld deur sy roekelose optrede gestel. Sy aksies, wat nou landwyd nagedoen word, bedreig openbare veiligheid en ondermyn huidige wapenwetgewing,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

“Die feit dat politici, wat boonop verkiesingskandidate is en in die parlement dien, hierdie swak voorbeeld stel wat ’n vlaag van soortgelyke handelinge tot gevolg het, dui op die erns van die saak. AfriForum hanteer dit met die dringende aandag wat dit verdien,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

AfriForum sal enige ander soortgelyke gevalle wat moontlik opduik onmiddellik hanteer om die huidige tendens in die kiem te smoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Stoffel ·

En dit doen wondere vir SA se siek beeld oorsee. DRK, hier kom ons.

Anoniem ·

Nou doen dit dan net so dat daar nie dubbele standaarde is nie ! ‘n Wet is ‘n WET vir almal soos om te STOP by ‘n stopstraat ???

Werner ·

Niks sal in die kiem of erens anders gesmoor word nie nog nie geleer dat wette net vir die witman geld nie die res kan doen wat hulle wil howe en wette werk nie in Afrika nie

Johan ·

Die meeste voorwerpe wat afgevuur word en lyk soos vuurwapens is beslis vuurwapens. Die ander vraag (afgesien dat dit teen die wet en uiters gevaarlik is) is of al die wapens gelisensieer is….

Daan ·

Skote afvuur met voorwerpe wat soos vuurwapens lyk????????????? Net vuurwapens kan skote sfvuur, maar wag! Ek gaan nou probeer melkskommels maak met items wat soos melkbottels lyk.

Manie ·

Dit is die probleem. De klerk en sy gespuis het n klomp kriminele op die land losgelaat.

Shame Shame ·

Shame, Shame. Lyk of jy ook om die bos gely was deur die NP…. Manie het dit reg — kan jy hom verkeerd bewys?

Boerseun ·

Korrek, verraad bly verraad, en sal nie eens met tyd uitgewis word uit ons geheue nie. Om stil te bly daaroor is beslis ook nie die oplossing nie. Hierdie mense moet nog bieg daaroor.

Jerry ·

Hou op skoorsoek met die revolusioneres en misdadigers, want al wat julle daardeur bereik is om hulle net nog meer gedetermineerd en uitdagend te maak om die wet te oortree en wat wetstoepassers meer gedetermineerd gaan maak om te versuim om op te tree. Hoekom is dit vir julle so moeilik om te verstaan dat wat sake van wit AfriForum teen swart oortreders aanbetref, julle dit swart teen swart moet maak. Werk agter die skerms en bly uit die kalklig uit! Julle speel in die hande van die revolusioneres en dit gaan ten koste van alle witmense wees! Julle optredes van wit teen swart, soos in hierdie geval moet einde kry!

Tilo ·

En waar kry julle daardie weermag vuurwapens? Sekerlik nie in Rusland gekoop nie

JJ ·

Maar julle wil my gewere van my afvat?? Maar hier stap hul met MP en AK’s rond?? Drukit, as jul myne vat, sal ek net op die swartmark vir my maar ook Ak’s en aanvals gewere koop.

Andre ·

Slegs die SAW (SANDF) is gemagtig om gewapende “soldate” te ontplooi onder toesig van SAW bevelvoerders (commanders).

M.a.w. die EFF se soldate en ”commander” opponeer die amptelike SAW deur binne die grense van SA op te tree.

Dit is ‘n openlike STAATSGREEP?

Of is die EFF deel van die SAW?

humor ·

In die huidige politiekeklimaat is dit baie onwaarskynlik dat dit tot n einde sal kom. In die plek van haatspraak word hierdie metode aangewend om te se revolusie is aan die kom, en ons weet aan wie dit veral gerig is.

Faidan ·

2 maande terug het presies dieselfde gebeur in ons dorp met ‘n ANC lid se begrafnis. Hulle het om die skool gery waar my kind en talle ander kinders besig was met sport en hulle vuurwapens afgevuur. Die polisie en Metro was daar en gestaan en kyk wat gebeur en NIKS is gedoen aan die kwessie nie. Ons kon hoor hoe die patrone oor die skoolsaal se dak kom. Dit was angswekkend en almal het gewag vir ‘n dwaalkoeël om iemand te tref.

Hennie ·

Dirk nee wag duidelik het jy nog nie gehoor hoe n koel klink oor jou kop nie so bangbroek is nie van pas hier nie.

Piet parys ·

As jy te bang is om jou se te se jerry ten opsigte van misdadigers en rowers , verkragters en in n hoekie te gaan sit kry ek jou en jou familie baie jammer . Die gespuis sal jou net makliker afmaai sonder enige teenstand

Anne ·

Ek stem saam met jou Piet parys, party mense moet ‘n ruggraat kry

Johann cb ·

Die leier stel die voorbeeld en die makkers volg!
Swak voorbeeld…

Andre ·

Jerry dit is n swak stelling volgens ons grondwet is almal gelyk voor die reg maar die laaste ruk het dit begin verwater. Soos Animal farm boekie gese het ” All are equal but some are more equal than others,” Ons is nou by daardie punt en as Afriform nie gaan opstaan vir ons nie wie gaan dan?Daar gaan net nog meer radikale dinge gebeur en hulle gaan dit net verder en verder druk. Ongelukkig begin dit n geval raak as jy wit is is jy sleg en verkeerd en n rassis en as ek swart is in ek reg en kan ek doen wat ek wil. die MRK se uitspraak laas week bevestig dit met weer.

ChrisE ·

Ek weet nie waaroor die bohaai gaan oor die geskietery nie. Los die knape, hulle het nog nooit sulke speelgoed gehad nie. Die nadeel is ongelukkig dat hulle was nog nooit in iemand se visier nie. Ek verstout my om te sê, dat is dit nie die se pa’s, ooms, nefies of oupas wat die AK’s oor die skouer gegooi sneller getrek en gehol het nie? Vra maar net.

Edd ·

Nee, nee. Onthou dit lyk moes net soos dit, maar dis nie regtig dit nie, of so sê die mrk en nvg

James ·

Mors van tyd. Al die hofsake word hy onskuldig gevind. Hy is bo die wet en die stelsel wys dit oor en oor. Elke uitslag. So die EFF mag doen wat hulle wil. En ek se dit want hulle het ook hier afgevuur in die vrystaat. 3 keer wat ek van weet in n straat by my. Niks word gedoen nie.

Debbie ·

As dit ons was…. ag wel… ek hoef nie eers my sin te voltooi nie.

Skieter ·

Wat op gaan moet af kom maar ‘n mens het ‘n brein nodig om dit te besef ne. Wag maar, iemand gaan nog dood gaan duer daardie loot wat so vlieg dan gaan hulle se dis wapen eienaars se skuld en almal moet hulle wapens in gee.

Pieter ·

Dit is Uzzi’s wat gebruik word pmdat dit maklik en vinnig weggesteek kan word.

Mel ·

Ek as vrou is siek en sat vir al die kommentaar hofsake ens ens… hoekom doen ons niks.. al is ons n handvol doen iets.. wat help n gepratery en n gekwaad word. Voor al ons witmense vlug.. en ja moet nie sê ek moet nie ons kort n leier wat kan sê manne nou veg ons. Wel ek weet nie. Kry myself en ons seker nou jammer terwyl ek hier sit en tik En ja ek bid voor iemand kommetaar wil lewer en ja ek kry ook soos almal my af dae maar ai dis moeilik om elke dag positief te wees…

Cherokee ·

Tog soort van snaaks nadat sòveel koeëls die lug ingestuur word, geen koeël nog op ‘n mens geval het nie.

KLIE KLO KLA! ·

Newton se derde wet van beweging verklaar, wat opgaan moet afkom…………
Dan word een of ander onskuldige boer weer aangekla dat hy een van sy plaasarbeiders raakgeskiet het.. en hy weet van niks!?!

Veronica ·

In Brakpan is dit n algemene ding. Soms klink dit soos n jong oorloggie in die hoofstraat af en by die begraafplaas! Mense het al gekla, maar dit val op dowe ore. Nee wat, dis nou maar eenmaal n uit gemaakte saak: daar is twee stelle rëels (wette) Hulle mag doen wat hulle wil, maar bewaar jou siel as jy dit sou durf waag!

Jaco ·

Hier waar ons woon naby Bela Bela het 2 strydende groepe van ‘n “kerk” in die openbaar opmekaar geskiet met R5 aan als gewere. Die koeëls het orals tussen mense en ‘n besigheid gevlieg. Een man is ernstig in die been gewond
Toe die polisie uiteindelik opdaag het hulle hande in die sakke bietjie stof rond geskop, niemand inhegtenis geneem of vuurwapens afgeneem of na lisensies gekyk nie. Niks!!!! Tot nou toe geen ondersoek nie.

Francois ·

Die afvuur in die lug is n probleem, maar wat nogal interesant is om te sien is hoe die wapen hanteer word, iets se vir my dat ons nie te bekommerd moet wees oor wapens nie, daar is baie om by hulle te neem as hulle uit gepass le na die party! Of gaan hulle ook elke twee uur wagte ruil?

George in Bloem ·

Dit sal soos gewoonlik onder die mat gevee word en daar sal niks van kom nie. Maar laat ek nou net in die straat loop en ‘n blikkie skiet met my windbuks dan sal jy ons selektiewe paraat polisie se reaksie sien. Die skreiende dubbele standaarde in hierdie piesangrepubliek van ons is pateties en belaglik. Skande.

Ouer boer ·

Laat my dink aan die ou kindertyd gediggie. Sal maar net prys aanpas. ” Ask your mother R50 to see the elephant jump. The higher he jumps, the better you seee…… Bwa ha ha ha ha ha!

Nee! ·

Ja. Party ouens doen wat hulle wil en kom weg daarmee. En begin mense beïnvloed dat burgeroorlog naderhand begin. En of jy ‘n fan van Oscar Pistorius is of nie, hy het ook vuurwapens afgevuur en ons weet waar en hoe dít geëindig het… so iets kan nie net gelos word nie. Maar ek’s seker niks sal gebeur nie. Dink jou in as ‘n boer dit gedoen het in die openbaar.

Tammy ·

Is enige van die genoemdes in die berig vervolg?????? Of het dit dalk in Suid Afrika gebeur waar jy kan maak soos jy wil afhangende van wie jy is……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.