Malema se sekuriteitsbaas aangekla

Dali Mpofu, Snyman (middel) en Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

AfriForum het ’n formele klag by Psira, die private sekuriteitsbedryf se regulerende liggaam, teen Adriaan Snyman ingedien. Snyman is na bewering die eienaar van die private sekuriteitsmaatskappy Tactical Security Services wat dienste lewer aan Julius Malema, leier van die EFF.

In die klag word gevra dat Snyman se optrede ondersoek word met betrekking tot die beweerde onwettige besit van ’n vermeende vuurwapen en ammunisie, asook die feit dat dié vuurwapen aan Malema oorhandig is om afgevuur te word tydens by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in die Oos- Kaap die afgelope naweek.

Dié klagte hou verband met die saak wat op 1 Augustus by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion teen Malema en Snyman aanhangig gemaak is.

AfriForum vra ook dat die SAPD ondersoek na Snyman se optrede moet instel om uit te klaar of sy opetrede op ’n oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (wet no. 60 van 2000) neerkom.

“Snyman is ’n omstrede persoon wat na bewering by verskeie geleenthede in die verlede met die gereg gebots het. Indien Snyman inderdaad die eienaar van ʼn sekuriteitsmaatskappy is, behoort hy met nóg meer omsigtigheid as ’n gewone vuurwapeneienaar met die hantering van vuurwapens om te gaan,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

“Dit is AfriForum se mening dat Psira en die SAPD Snyman se gedrag moet ondersoek.” Maroela Media het vroeër berig Black First Land First (BLF) het ʼn strafregtelike klag teen Snyman aanhangig maak.

Die polisie het bevestig hy ondersoek die voorval. Die videogreep waaruit die klagte spruit, is wyd op sosiale media versprei. Dit is na bewering deur ’n polisielid opgeneem wat ook gepoog het om klagte op grond van die video teen Malema in te dien. Volgens hierdie persoon het die polisie egter geweier om die klagte te aanvaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

tom ·

Malema en kie se doppie gaan nou geklink word.Daar is nou nie meer om draai kans nie

Mielie ·

Malema en die onderwereld…..Die blanke omstrede en kriminele mense…..Ek glo politiek is net n rookskerm…..Die donker onderwereld……..

Jaques ·

… het vroeer berig dat BLF ‘n klag teen Snyman gaan le het?
BLF hoekom net teen Snyman die klag gaan le, hoekom nie Malema wat die wapen afgevuur het nie?
Jammer dom vraag, die vel kleur verskil, JulyAss kan niks fout nie, dis sy arme reg, maar Snyman moet nie waag nies nie, dan is hy verkeerd. (En ja hy was ook verkeerd in die geval)

De Wet ·

ek stem 100% saam dit is onverantwoordelik gewees van Snyman om die vuurwapen te oorhandig.

Eish ·

Polisie die voorval ondersoek?
Eish!
Kry liewer Mike Bolhuis of George Fivaz se ondersoekspan op die saak.

Koos ·

Nee wat vergeet maar van daai twee, jy’t ‘n beter kans om deur die A-Team gehelp te word!

Leila ·

En wat van Malema? Hy is mos ñ groot seun wat ook verkeerd gedoen het, hoekom net die een party wil vervolg?”die deler is net so goed soos die steler”.

Ore ·

Vra ek ook,wat van Malema? Die oomblik was seker te groot.Hy sal wegkom soos gewoonlik en as hy vervolg gaan word,sal/gaan sy ondersteuners alles verwoes totdat daar aan hulle eise voldoen word en hy vrygestel word

Celtis Africana ·

Mnr. Snyman weet beslis wie sit die brood op sy tafel! Hy hardloop sommer die ekstra myl!
Dink nie ons kan te rof met hom wees nie. Prokureurs verteenwoordig moordenaars, skelms en ander skurwe wesens met oorgawe.

Susan ·

Wat my opval is dat Malema die blanke geslag wil uitroei, maar hy kies ‘n blanke sekuriteits man om hom te beskerm. Iets is nie pluis met sy denke nie. As hy so anti blank is, hoekom huur hy blankes om aldag te beskerm ??? Eish verstani mooi nie

Zettie ·

Hahahahahahahaha!!! Lol!!!!! Hehehehehehe!!! Ons land is ‘n groot grap!

Slang in die gras ·

Gaan google gerus “Malema en( die wit ) Jonathan Ovadia 2012”

hendrik ·

Wie het die skietwerk gedoen en waarom word hy nie aangekla nie. Is almal dan bang vir hom?

Svl ·

Moet asb nie die vinger op sneller vergeet nie. Die skuldige !!!!! Was dit dan nie malemma nie???????

Karolis ·

Die witterige skepsel moet doof wees want hy hoor nie en steur hom ook nie aan wat malema van die blankes praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.