Malema se uitlatings oor Gupta-media is ‘gevaarlik’

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het uitlatings deur EFF-leier oor verslaggewers wat vir die omstrede Gupta-familie werk, as “onaanvaarbaar” beskryf.

“Ons neem met kommer kennis van die gevaarlike uitlatings wat EFF-leier Julius Malema vandag gemaak het, toe hy verslaggewers, wat vir ANN7 en The New Age werk, gedreig het,” het Sanef Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Dit is onaanvaarbaar vir enige politieke party om joernaliste te intimideer en publiek aan te kondig dat hulle veiligheid nie gewaarborg is nie.”

Sanef het die Ekonomiese Vryheidsvegters gemaan om nie verslaggewers wat vir media-instansies werk wat deur die Gupta-familie besit word, te verbied om EFF-geleenthede en perskonferensies by te woon nie. Die organisasie het die party ook versoek om opnuut die reg op mediavryheid en die reg op vryheid van assosiasie te bevestig.

Sanef het gesê die EFF is geregtig op sy mening oor die eienaars, maar “moet joernaliste toelaat om hul werk te doen sonder vrees en in ʼn klimaat wat die vrye uitruil van inligting bevorder”.

Die EFF het Donderdag gesê hy het mediahuise, wat deur die Gupta-familie besit word, verbied om enige van sy geleenthede of perskonferensies by te woon, en geëis dat die familie Suid-Afrika moet verlaat.

Daar is ʼn toenemende ontevredenheid in Suid-Afrika oor die noue bande wat die Gupta-familie met pres. Jacob Zuma en ander senior staatsbeamptes het.

“Ons is moeg daarvoor om oor die Guptas te praat,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Die familie beheer hierdie land. Hulle het Suid-Afrika gekolonialiseer. Vir die Guptas gaan die nie oor media nie. Dit gaan oor propaganda. Hulle is ʼn fabriek van korrupsie, ʼn kartel en ʼn mafia. Ons kan die veiligheid van Gupta-werknemers nie by ons geleenthede waarborg nie. Ons waarsku julle vreedsaam, broers en susters.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Dit sal nogal lekker wees om van die klomp Guptas ontslae te raak maar eers moet jy ontslae raak van 75% van die ANC kabinet – hulle is almal maatjies. Ou Julsie moet net lig loop net nou raak hulle van hom ontslae.

Loeis ·

Nattuurlik moet die media vry verslag kan doen.

MAAR, Malema is reg. Dan moet verslaggewing ook objektief en nie selektief nie, geskied. In die praktyk is die media soms maar eensydig.

Daar is ook ‘n ander netwerk wat sekere goed net uitlaat. Daardie netwerk is baie pro DA. As hulle party iets in die parlement sê, word dit gewoonlik uitgespel. As VF+ bv iets sê, berig die netwerk dat “opposisiepartye” dit gesê het.

Beide Malema en Zuma is 100% in die kol dat die media tot verantwoording geroep moet kan word. Ongelukkig mag daai twee dalk een probleem met ‘n ander vervang, as hulle hul sin kry.

Maddox ·

Mense dink baie mooi voor julle hierdie ondersteun. Vandag wil hulle ontslae raak van die Gupta’s , en wat stop hulle om in die toekoms ontslae te wil raak van wit mense?
Baie gevaarlikke speletjie wat die EFF speel.

Gerhardt ·

So veel as wat die Gupta parasiete my irriteer moet ek erken jy is 100% reg.

antonie ·

Hierdie uitlatings is soos intimidasie, bedekte aansporing tot geweld teen die mense. Die politieke partye en howe moet optree teen die man

Realis ·

Hy dink hy is onaantasbaar. Hopelik bewys die Guptas ons ‘n guns

Elizabeth ·

Julius se uitlatings nie goed nie maar ek dink hy se hardop wat ons landgenote wens!

Trolle ·

Dis jammer die Melema wil ons doodmaak,want ek dink hy is reg daar.
Dit sal net baie moeilik wees om ooit Malema te kan vertrou,maar land sal beter af wees sonder die Gubtas.
Geld koop alles dis die probleem vandag.

Johan ·

Ou malema bly nou maar net die beste nar…enige sirkusbaas sal droom om hom te he…!!!!!

Oom Boer ·

Sjoe, dit is sterk uilatings en moet verseker nie te ligtelik opgeneem word nie. Die soort van praatjies kan gevaarlik word en ernstige nagevolge meebring.

Benito Odendal ·

Julius sien die politiek as ‘n gewildheids kompetisie en ‘n kaartjie na die gravy train…..sooooo obvious !!!…..Almal WEET die Guptas beheer omtrent elke moontlik korrupte mannetjie of vroutjie wat toutjies het wat uithang…..Julius se dit net en daarom hou mense daarvan…..hy speel net die game en die patattas val soos in klokslag….

Jonathan ·

New age vergelyk Julius met DonaldTrumph hoeveel het Julius nodig? en die uitlatings gaan n hele ent verder ‘ uit dryf ‘ waarheen en hoe?

Kwagga ·

Julius en Zuma is besig om hul eie gat te grawe, stadig maar seker die wiel draai. Hulle fokus baie op wie wat verkeerd doen en om hul self te ver ryk terwyl die mense nie kos en water het op die tafel het. Meeste Suid Afrikaners wit en swart kan mekaar verdra en werk en leef saam. Gaan kyk maar in die strate almal doen sy eie ding. Die meerderheid dink en voel nie soos wat Julius en Zuma dink nie. Meeste wil net n werk, kos op die tafel en vrede hê. Die volgende verkiesing gaan op windend wees en baie mense verbaas.

Sus ·

Ek stem nie graag saam met Julius nie maar ons probleme sal 100 x minder wees sonder die Guptas. Ek is net beveees as ons so gelukkig sal wees om van die Guptas ontslae te raak, sal Zuma net in ‘n ander korrupte beursie val. Dit was eers die Sheiks, nou die Guptas….wie is volgende??

david ras ·

Malema is ‘n nar–‘n baie gevaarlike nar.

En ja. ons het die media nodig. Maar wanneer die media reageer op sy dreigement soos Sanef
aangehaal word dat “joernaliste…sonder vrees en in ‘n klimaat wat die vrye uitruil van inligting bevorder”, dan verskyn daar vraagtekens.

Wat bedoel Sanef met die vrye uitruil van inligting ? Nog meer–wat doen joernaliste met die inligting ?
Hoe vry is hulle werklik om die inligting uit te gee ? SA se beriggewing is byna sonder uisondering onderhewig aan wat die eienaars van die nuusblaaie en ander media wat bepaal WAT die publiek moet lees
Met ander woorde, gedokterde, of gedeeltelike inligting.
Met die oorname van feitik die hele Engelstalige pers deur ‘n ANC front maatskappy, en die Guptas se deel daarvan , kan mens niks anders as gedokterde nuus verwag nie.
Aan die Afrikaanse kant is daar slegs Naspers wat sy eie agenda het. Hier is ‘n nog groter onheiligheid want daar is geen teenpool waarteen die gewone leser sy mening self kan bepaal nie. Dit word gewoonlik vir die leser gedoen onder die dekmantel van “meningsvormer” wat dan vir die leser eintlik vertel wat hy moet verstaan

Dan is daar ook die inligting wat WEERHOU word om bv ‘n politieke party se optredes en uitsprake uit die openbare oog te hou, tot voordeel van ander partye . Sodoende word daar ‘n beeld gebou wat heeltemal van die waarheeid verwyder is.

Wat Malema se dreigement betref, wil ek hierdie aanhalig van my Geskiedenis onnie van destyds gee:
Die Pen is wel magtiger as die Swaard, maar hy wat die mag van die Pen misbruik, sal eindelik in die mag van die Swaard vaskyk.

Die lede van Thomas Burke se “fourth estate” kan dit gerus in gedagte hou…!

Danie Kok ·

Waarskynlik weet min van die mense wat hier kommentaar lewer van Dr D.F. Malan, toenmalige Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika 1948-1954. Op 8 November 1938 het hy egter in ‘n toespraak die volgende woorde aan die Afrikanervolk gerig oor die gevolge van liberalisme: ” Ons volk moet kies. As die Liberalisme reg is, volg hom dan na. Gooi dan die deure van u land ope vir wie wil binnekom, blank of gekleurd, en maak dan van u land ‘n markplein vir die wêreld in plaas van ‘n tehuis vir u kinders.” En verder: “Maar as die Liberalisme verkeerd is, verwerp hom dan met beslistheid en verwerp hom nou. Beskerm dan met vaste hand u blanke ras en u blanke beskawing met al die nodige maatreëls wat u blanke voogdyskap van u eis en u doelbewuste bestemming u toe verplig.”

‘n Behoudende geslag Afrikaners het in 1948 tot 1966 die regte keuse gemaak, ongelukkig het ‘n ruggraatlose nageslag in 1983 en weer in 1992 met meerderheidsgetalle in twee referendums die Liberalisme omarm met die noodwendige, tragiese gevolge. Diegene wat hul skuldig gemaak het om hulle geloof in God te versaak en toe hul vertroue geplaas het in onderhandelinge met die magte van die duisternis, het absoluut geen reg om te kla oor die huidige Goddelose toestand van ons land nie. Die wat skuldig is, hierdie skoen is vir julle…

alida ·

Juju is baie snaaks en mens lag nogal soms vir sy uitlatings. Moet hom egter nooit onderskat nie.

Henri ·

Daar is ‘n gesegde wat lui ” My vyand se vyand is my vriend” vir nou is dit tot ons voordeel, laat ons, wanneer ons by die tweede brug kom, besluit hoe om oor te gaan……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.