Malema se uitlatings ‘verkeerd en barbaars’

Malema tydens Maandag se hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

Malema tydens Maandag se hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, se uitlatings dat daar nie onmiddellik ʼn slagting van wit mense moet plaasvind nie, is “verkeerd en barbaars”.

Zandile Gumede, burgemeester van die eThekwini-metro, het Dinsdag in Durban gesê daar is ʼn dringende behoefte om rasseverdeeldheid tussen verskillende rasgroepe in die land te genees.

“Ons veroordeel Malema se uitlatings ten sterkste. Dié soort uitlatings kan saadjies van rasseverdeeldheid plant. Ons moet die verdeeldheid wat deur die apartheidsregering gevorm is beëindig. Van die verdeeldheid is deur afsonderlike ontwikkeling veroorsaak en ons moet nooit ooit toelaat dat dit weer gebeur nie. Die apartheidsregering het probeer om verdeeldheid te skep, maar het misluk. Tans is daar weer elemente wat probeer om ons te verdeel.”

Malema het die uitlatings gemaak nadat hy verlede week in die Newcastle-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset. “Toe wit mense in Suid-Afrika aangekom het, het hulle ʼn swart volksmoord gepleeg toe swart mense van hul grond ontneem is,” het hy gesê. Volgens Malema is swart mense “soos diere” doodgemaak. “Ons vra nie vir ʼn slagting van wit mense nie, ten minste nie nou al nie.”

Malema is by die Menseregtekommissie verkla weens sy uitlatings. Die ANC het nog nie veel kwytgeraak oor Malema se uitlatings nie. Super Zuma, die ANC se sekretaris, het wel gesê Malema moet sy saak in die hof stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Leendert ·

So, daardie derde paragraaf hier bo, wat Gumede sê, beduie als. Eers sê hy hulle veroordeel Malema se praatjies, wat rasseverdeeldheid KAN plant. Dan sê hy die verdeeldheid wat deur die apartheidsregering gevorm is, moet beeindig word. Wat ek nou nie vertaan nie, is dat hy in dieselfde asem sê die apartheidsregering het daarin misluk. Maar dan sê hy verder dat daar tans weer elemente is wat ons probeer verdeel.

Nou wat het hy eintlik gesê?

Barnie ·

Eintlik het hy heeltemal niks gese nie! Maroela media en die res van die sogenaamde pers kan net sowel ophou om enige iets van Malema, Zuma en die res van die clowns te publiseer. Al wat gebeur is dat daar paniek tissen die blankes gesaai word want daar gaan tog nie teen die hoofnar en sy skoothondjie opgetree word nie.

Loeis ·

Iets anders: die EFF het die DA in van die metros ingestem waar lg regeer.

Sou die DA die EFF nou openlik aanval hieroor, word die mat dalk onder hulle uitgeruk. Die volgende maande gaan interessant wees. Maar helaas, kom stemtyd, hoor ons weer hoe die ANC teen enige prys uit die kussings gelig moet word, en hoe niemand anders dit kan doen nie.

GES ·

Malema maak venynige en kwetsensende aanmerkings in die publiek teenoor blanke mense. AfriForum moet nou meer as ooit ondersteun word om die man tot verantwoording te roep en te disiplineer.

Jan ·

Ons word nou al vir baie lank vasgevang en daal na die kommunikasie vlakke van die oningeligtes, ongeletterdes en ongeskooldes. So word ons deur hul uitsprake en dade in die land oorheers. Die media, in watter vorm ook al, is daagliks deurspek van hul uitsprake en dade, nuusgebeure, wat ons nou al vir der jare in hul draaikolk vasgevang hou.

Frederik ·

Malema is by die MRK verkla oor sy uitlatings ??! Daar sal nooit iets van kom nie. As hy wit was, ja.

Anoniem ·

Malema se groot mond is al wat hy het, daar sonder is hy niks.

Chris ·

Dit is ongelukkig die laagste van die samelewing se “intellektuele” vermoë wat gaan ag slaan en tot die daad oorgaan. Mnr Malema moet egter nie die Engelse spreekwoord vergeet nie, ” he who lives by the gun, dies by the gun”

Jan ·

Ons word nou al vir baie lank vasgevang en daal na die vlakke van die oningelige radikales. So word ons deur hul uitsprake en dade in die land oorheers. Die media, in watter vorm ook al, is daagliks deurspek van hul uitsprake en dade, nuusgebeure, wat ons nou al vir der jare in hul maalkolk vasgevang hou.

Tannie ·

Daar is so ‘n mooi Afrikaanse spreekwoord: Leë blikke maak die meeste geraas.

Ella ·

Lol… “Tans is daar weer ‘elemente’ wat probeer om ons te verdeel” Malema is ‘n ‘element’!! Lol.. Ai, die spul ‘elemente’ van hierdie land.. ! :-D En Super Zuma??? Whahaha.. Hoe ‘super’ is hierdie sekretaris? Dra hy ‘n cape?? Jis dis darem snaaks!

Leiers ·

Kyk nou hoe n leier uit Durban hierdie woorde van voorsiening gee, en nie die slap sogenaamde leiers wat eintlik moes optree nie. Laat hierdie persoon eerder president word!

Justice ·

Malema tree op soos die tipiese skoolboelie wat die meisies wil beindruk – hulle besef gewoonlik hopeloos te laat dat die ander party se hande nie vasgemaak is nie.

Lance ·

Die media gee hom sy groot mond ..die media maak die man wat hy is en is hiervoor verantwoordelik

JC ·

Lance, ek stem 100% saam.
Dankie tog jy is een van die ingeligtes en wyses onder die horde Afrikaners wat om die neus rondgelei word en nog nie deur die media establishment en hul siek agenda gesien het nie.
Die mense is soos skape wat rondgelei word deur ‘n skaaphond, “shame”!!!
Skrik net… wakker…oops, amper vloek ek!!!!!!!

Sandra ·

Ja-nee Anel, nes jy daar se, met die bybel onder die arm. Ook “law and order”…..

m ·

Stemm 100% saam Lance. Hierdie ding kry heeltemal te veel aandag in die pers. Hy is so lief vir sy eie stem en homself en hy hou van reaksies uitlok. Hy se al hierdie rassistiese goed om aandag te kry….

snoefie ·

malema het reggekry om meer verdeeldheid tussen rasse te saai as al die dekades van apartheid. het die burgermeester e’Thekwini metro klagtes teen malema gebring behalwe om sy mening te lig? indien nie, moes hy maar soos sy baas Jacob Zuma geswyg het.

Ja ja ·

Ja ja, ook hiervan gaan NIKS kom nie. VERKEERD EN BARBAARS, tog kla nie een van hulle OF die ANC hom aan nie, dit word vir Afriforum gelos wat elke dag uitgeskel word as ‘n apartheids/wit organisasie. AL hoe ons gaan wen is as SWARTES teen ander swartes se rassisme opstaan soos WITTES al die jare sy aan sy geveg het SAAM met swartes TEEN (wit) apartheid. Ja hulle sit nou wel vandag in ander lande en het ons met die gemors gelos, maar wat ek bedoel, jy kan NET iets aanpak as jy dit oor kleurgrense heen doen. Terwyl die ander swartes sit en toekyk hoe Malema wittes dreig en verdeeldheid saai, gaan hy NIE STOP NIE, die wittes gaan hom nie stop nie, net sy mede-broers kan dit doen en dit lyk my hulle is te BANG dat hulle as coconuts uitgeskel gaan word.

neelsie ·

Malema is maar net n spreekbuis van die Anc.
Zuma geniet die uitlatings, wat hy self nie waag om te se nie.
Net die bose kan sulke gedagtes in jou kop plant.

Thyskotze ·

Dit is die gevolg van globalisering nuwe wereld orde (alle mense is dieselfde) God het ons nie so geskape nie .ONS SAL VOOR HOM VERSKYN VOLKE EN NASIES

Arie ·

Glo jy regtig ons praat van mense? Hulle tree glad nie so op nie!!!

Savethetigerplz ·

Ja hou tog net op om hom so baie aandag in die media te gee, hy is ‘n leë blik, die dommes glo alles wat hy kwytraak

Koos ·

Ja, ons het in die verlede blikke gebruik om na skyf te skiet

Jan Puttee ·

Die swakkes met geen integriteit lewe in die verlede want húlle het nie antwoorde vir werklose mense nie,daarom súlke selfsugtige uitlatings

Riaan ·

Hy was oor een ding reg, hy het vir sy ondersteuners gese wit mense is nie dieselfde as hulle nie en sal nooit wees nie. ek wonder hoe lank het dit hom gevat om dit uit te werk.

bendons ·

Kom ons weerhou ons van al die kommentaar. Kom ons doen die regte ding en gaan op ons knië en bid aan ons God vir vredeliewende menswees en vrede in ons mooi land. Ek bid elke dag dat God ons ‘n jong Godvresend leier na vore kom uit ons Afrikaans sprekende Blankes en die regte ding doen. Dis al waar ons sal wen en weer bo uitkom deur harde Goddelike werk. Kom ons bid almal vandag hiervoor. God seën almal in die mooi Land van ons.

Jean ·

Ai Bendons, so graag soos ek wou glo dit alleen is die oplossing, het ek gesien dit alleen het nie in Zim gewerk nie. Mugabe klou nog stewig vas. Al die godvresende wit boere is verjaag en vermoor. Die Here gee jou verstand, hy gee jou die kans om aan organisasies te behoort, hy gee jou die geleentheid om dinge te doen, bid alleen my maat gaan nie help nie. Kyk maar na die res van Afrika. Dalk dwing die Here juis nou mense nie net na hulle kniee toe nie, maar ook na hulle mede-mens toe.

Thyskotze2 ·

Dit is die gevolg van globalisering nuwe wereld orde (alle mense is dieselfde) God het ons nie so geskape nie .ONS SAL VOOR HOM VERSKYN VOLKE EN NASIES

Alida ·

Oor die uitgesproke woord is daar geen beheer nie. Hy raak hierdie goed kwyt en dit versprei onder sy ongeskoolde volgelinge. Aan die ander kant maak dit die witmense net meer paraat en sal die misdadigers twee keer dink voor hulle iemand aanval. Daar word deesdae baie inbrekers doodgeskiet op die plase. Die mense is gatvol hiervoor.

CHRISTA ·

Mal-ema moet die ANC vra vir grond. Meer as 50% van ons land is nog steeds in STAATSBESIT! Hulle kan lekker PERMANENT daarop gaan plak!!

hans ·

Saambid ,saampraat ,saamstem en saamstaan en die vyand sal val.

Rita ·

Ons almal was op skool. Het Geskiedenis geleer as ek dit reg onthou. Dit slaan my dronk hoe ek dit anders onthou as Malema. Mmmm die vout lê seker by ons boeke. ?

Sarie ·

Nee die fout lê by die nuwe kurrikulum Indoktrinasie aan die orde van die dag

Barend ·

Malema verafsku en haat alles wat Westers (Blank) is. Ek wonder wanneer raak hy nou ontslae van sy westerse, blanke kleredrag; en wat van sy naam! Dieselfde geld ook van Zuma.

BOLANDER ·

Elke liewe oggend moet ek luister op die radio na gesprekke tussen die aanbieder en een of twee professors wat per telefoon gekontak word. En elke oggend is dit dieselfde storie. Hulle word gevra wat hulle dink van die situasie in SA wat betref Zuma en Malema?? Nou ja hulle vertel baie goed wat hulle dink en dink en dink. Maar so gaan die tyd verby en daar word net gedink en gedink MAAR NIKS GEDOEN NIE!!!!!!!!!!!!!!! Ek is nie in die posisie om iets te doen nie, hoewel ek by AfriForum aangesluit het. Julle manne aar bo en ook die DA. Doen iets asb, daardie skelms kan tog nie met alles weg kom nie. Dit is ons land ook!!!!! Zuma se klagtes trek nou al oor die 800 en om nie eers te praat van Malema nie!!!! As ons in ‘n ander land was, was hulle al laaaankal toe gesluit!!!!!!!!!

FM ·

Malema besef nog nie dat sy withaatbeleid n tweede Zimbabwe gaan veroorsaak nie. Hy is so behep met sy haatbeleid dat hy ekonomiese realiteite miskyk. Looi hom in die howe AFRIFORUM. Ons het nog die reg aan ons kant. Elke realistiese mens in SA kan tog sien die man soek goedkoop populariteit. Hy skep valse verwagtinge by mense. Hy sal moet vas gevat word of eintlik moet ons hom tou gee sodat hy homself kan ophang. En sy opponente moet ook vir hom sê: “we are coming for you”

Willie ·

Malema se hoof doelwit is om aan bewind te kom en die land te regeer. Hy het egter al lankal besef dat sy radikale standpunte, nooit genoeg ondersteuning onder die oorgrote gematigde bevolking sal wen om aan hom ‘n politieke oorwinning te besorg nie. Hy volg dus die pad van anargie, waardeur die jong, onbeheerbare massas opgesweep word om sy geveg namens hom te veg. Indien dit dan nodig sou word om sy ondersteuners opdrag te gee om selfs volksmoord teen die blanke bevolking te pleeg, sal hy dit doen sonder om ‘n oog te knip. Geen hofbevel gaan hom stuit nie. Anargie kan nie deur ‘n regsproses voorkom word nie en hy weet dit. Hy sal aanhou om die idee van ‘n rewolusie te dryf en indien dit dan totale anargie en volksmoord verg om deur te voer, sal hy dit gebruik. Hy is baie gevaarliker en slinkser as die nar en blote bron van irritasie, waarmee die meerderheid van die bevolking hom beskou.

Jackie ·

Waarom gaan ons as blanke volk nie poliesie toe en maak n saak van aanhitsing tot moord teenoor jou as blanke. Kan mens so iets doen?

Francie ·

Malema se optrede is heeltemal verkeerd. Hy moet nie sulke opruiende uitlatings maak nie.
Net so verkeerd is die 2 mans se optrede wanneer hulle iemand in ‘n doodskis indwing en dreig om dit aan die brand te steek, ‘n video opname daarvan te maak, en die wêreld vol te versprei. (As ‘n grap??)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.