Malema se Vrystaat-grondgrypsaak uitgestel

julius-malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se grondgrypsaak is Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof tot Oktober uitgestel.

Malema staan tereg op aanklag van aanhitsing nadat hy na bewering tydens die EFF se verkiesingskonferensie in Bloemfontein in 2014 persone aangemoedig het om oop stukke grond te beset. Hy het dieselfde opdrag in Junie verlede jaar in Madadeni, KwaZulu-Natal, gegee.

Die staat het uitstel tot 27 Oktober versoek om Malema in staat te stel om ʼn aansoek by die konstitusionale hof in te dien oor die aanklagte. Hy daag die Wet op Opstandige Vergaderings van 1956 waaronder hy aangekla word. Hy daag die wettigheid van die apartheidserawetgewing en voer aan dit is onwettig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Beskerm ·

Malema se mense gryp al klaar grond!! Oral word grond gegryp en polisie beskerm nie privaat eiendom, so dis nou in ons hande om te beskerm. Zuma sit terug,spreek dit nie aan nie, en laat EFF toe om sy werk doen,dis mos wat hy wil he. So word ons stadig maar seker in gekatrol en rieme stywer vas gemaak.

Justice ·

Malema het geen respek vir enige wet van wattter jaar ookal nie.

Annette Stander ·

Malema sal nie ophou nie. Hy word gedryf deur ‘n bose mag. Net God kan hom in sy spore stuit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.