Video: Malema-sekwestrasie: Saak uitgestel

Julius Malema buite die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Reint Dykema

Julius Malema buite die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Reint Dykema

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se voorlopige sekwestrasie is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.

Volgens ʼn hofklerk is die saak oor Malema se uitstaande belastinggeld en voorlopige sekwestrasie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) tot 1 Desember uitgestel.

Rapport het Sondag berig die SAID sal uitstel van twee maande versoek om te bepaal waar Malema die geld kry om maandeliks sy belastingskuld te betaal.

Betroubare bronne het glo aan die koerant gesê Andriano Mazzotti, ʼn vermeende sigaretsmokkelaar, help Malema om sy belastingskuld terug te betaal. Mazzotti word glo ook deur die SAID ondersoek vir smokkelary en belastingontduiking.

Regter Cynthia Pretorius het in Mei vanjaar ʼn konsepbevel onderteken en Malema se prokureurs moet nou redes aanvoer waarom sy voorlopige sekwestrasie nie gefinaliseer kan word nie.

Volgens hofdokumente skuld Malema die SAID R16 miljoen plus rente nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het hom in 2010 gekontak oor sy versuim om die opgawes in te dien en het dit hom 18 maande geneem voordat hy die dokumente ingedien het.

Malema is in Februarie onder voorlopige sekwestrasie geplaas. ʼn Trust is in April op die been gebring om fondse in te samel om Malema se uitstaande belastingrekening te betaal. Dit is nog nie duidelik of dié trust genoeg geld ingesamel het om hom te help nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Uitstel en uitstel. Alles en almal word ondersoek maar niks word afgehandel nie.

veronica ·

Julle ken mos die ou gesegde: Van uitstel kom afstel………………???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.