Malema-sekwestrasie: SAID sê waarom hy bevel terugtrek

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag sy besluit verduidelik om ʼn hofaansoek dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen EFF-leier Julius Malema finaal gemaak word, terug te trek.

In Februarie verlede jaar het die hof ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen die EFF-leier bekom vir ʼn beweerde R16 miljoen se onbetaalde belasting. Die SAID het Maandag in die hof verskyn om aansoek te doen dat Malema finaal gesekwestreer word, maar het in ʼn verrassende ommeswaai hul aansoek teruggetrek.

Die SAID het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy het besluit om sy aansoek terug te trek nadat die kwessies wat deur die regter geopper is, met die SAID se regspan bespreek is.

“Die belangrikste aspek is dat die SAID verskeie geregtelike instrumente beskikbaar het om uitstaande belastingskuld van mnr. Malema in te vorder. Die SAID het ook in ag geneem dat die Julius Sello Malema-trust gestig is om aan belastingsvereistes te voldoen, insluitend die gedeeltelike betaling van uitstaande belastingskuld wat een van die kernredes was waarop die sekwestrasieaansoek gegrond is.”

Die SAID het gesê ʼn verdere oorweging was dat hy nie meer deur ʼn vorige skikkingsooreenkoms gebind was nie en stappe kon doen om uitstaande belasting te verhaal.

Die SAID het egter beklemtoon dat hy steeds geen toegewing maak met betrekking tot die verhaling van huidige en toekomstige uitstaande belasting nie. “SAID sal voortgaan om die nodige stappe in terme van die Wet op Belastingadministrasie te neem om alle belasting aan hom verskuldig in te vorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ian ·

Snaaks dat dit juis gebeur het in dieselfde week dat Zuma ook vrygeskeld was. Daar was beslis n ooreenkoms dat Malema sal ophou “pay back the money” sing. Tyd sal leer of ek reg is.

Johan Pic's ·

Ek betaal die ‘keiser’ wat hom toekom! Dit is ‘n moreel moeilike keuse – ek wil soooo graag nie my Redder teleurstel nie – My besigheid is geseënd agv my absolute geloof en vertroue in wat my Koning aan my toevertrou – en ek is slegs ‘n rentmeester van dit. Mag ek nooit dat my emosies my moreel oorheers nie. Amen

Remo ·

as dit iemand minder was het hul hom uitgetrek. Not what you know but who? Waar het hy 16mil gekry as hy salaris van 1 mil n jaar kry? Vra net n simpel antwoord.

Remo ·

as dit iemand minder was het hul hom uitgetrek. Not what you know but who? Waar het hy 16mil gekry as hy salaris van 1 mil n jaar kry? Vra net n simpel antwoord.

Ampie ·

Hier is beslis weer ‘n skelmspul aan die gang. Ek sal nie verbaas wees as Juju een van die dae weer terug in die ANC kraal is nie (miskien selfs voor die 2019-verkiesing). Ideologies, polities en met wilde anti-Blanke uitsprake en ongeoorloofde bevoordeling hoort hulle tog immers bymekaar. Sy anti-Zuma uitsprake is maar om homself sterker te maak. Almal weet van sy tenderpraktyke in Limpopo. ‘n ANC-Malema koalisie sal die DA se aanspraak tot alternatiewe regering finaal tot ‘n val bring.

Christie Joubert ·

Sit wonder ek so by myself: SARS het hulle aksie teen malema begin kort nadat hy en stortkop se paaie uiteen is. Skielik word die saak terug getrek. Wat het hy teen stortkop, wat die regering en SARS nie wil hê moet uitkom nie? Hoeveel het zuma NOG gesteel waarvan ons nie weet nie, maar malema van bewus is?? Wonder maar net…

neelsie ·

Ek het gesoek na iets positief in die nuus …..en sowaar! Net MR16 …….Heelwat beter nuus as die MR265…..!

Peet Schabort ·

“Jammer belastingbetalers. Ons het ‘n foutjie gemaak waarvoor julle maar sal moet opdok”.
Jare gelede het op Standerton ‘n amptenaar vir my gesê:
“Tot die polisie kom by ons tweede”. Ek wil net byvoeg dat hulle met daardie onderonsie nie eerste gekom het.

antoinette ·

Ek is nie seker ek verstaan korrek nie. Is die hofsaak truggetrek omdat SAID ander meganismes buite die hof het om die betrokke geld te verhaal? Miskien is die idee dus nie om Malema te “vergewe” nie, maar eerder om op minder deursigtige maniere te werk te gaan… Skande, SAID, ek hoop Transparency International gradeer jou af tot heel laaste op hul lyste! Ten minste kon julle die stap beter verduidelik het as julle bedoelings so eerbaar was om die publiek te dien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.