Malema, Shivambu glo in Zondo se visier

Julius Malema (Foto: EFF/Twitter)

Dit blyk dat die EFF-leierskap nou in die visier van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is.

The Sunday Times het Sondag berig die Zondo-kommissie het vier van Suid-Afrika se grootste banke gedagvaar om die finansiële rekords van onder meer Julius Malema, leier van die EFF, en Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, te verskaf.

Malema se vrou, Mantoa, sy oorlede ouma, Sarah, sy advokaat, Ian Levitt, sy Ratanang-familietrust asook verskeie maatskappye wat met hom verbind word, word na bewering ook ondersoek.

Die finansiële rekords van Shivambu se broer, Brian, en dié se maatskappye wat by die VBS Bank-skandaal betrek is, is ook aangevra.

Luidens die berig het die betrokke banke reeds die nodige inligting verskaf en ondersoekers is reeds besig om die finansiële rekords van 36 entiteite na te gaan.

Malema het egter aan The Sunday Times gesê hy is nie bewus van die dagvaardings nie. Hy voer aan dat hy sy finansiële rekords sou verskaf het as die kommissie hom daarvoor gevra het.

Floyd Shivambu

Shivambu het intussen op sy beurt die kommissie daarvan beskuldig dat hy ʼn politieke agenda dryf.

“Noudat Zondo en die administrateurs van die staatskapingskommissie nie daarin kon slaag om die Guptas vas te trek nie, gebruik hulle die kommissie om politieke gevegte van Jamnandas (sic) [min. Pravin Gordhan se middelnaam is Jamnadas] en die wit kapitalistiese establishment te beveg. Ons sal hul misleidende politieke agenda blootlê. Walglik!” het die EFF-adjunkleier Sondag getwiet.

Maroela Media het vroeër berig die Zuma-stigting het verlede week ook teenoor die kommissie uitgevaar nadat ʼn dagvaarding aan oudpres. Jacob Zuma beteken is waarin die datums vir sy verskyning voor die kommissie uiteengesit word.

Ingevolge die aansoek vra die sekretariaat van die kommissie ʼn bevel van Zondo dat hy toegelaat word om ʼn dagvaarding uit te reik wat Zuma dwing om tussen 16 en 20 November voor die kommissie te verskyn.

Die stigting beskuldig die kommissie en sy getuienisleiers daarvan dat hulle niks anders is nie as ʼn “politieke proses wat hom voordoen as ʼn regsproses” terwyl daar agter die skerms politieke toutjies getrek word.

“Die voortgesette bevooroordeling deur die kommissie en sy voorsitter jeens pres. Zuma bevestig ons vroeëre vrese van vooroordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Blikke ·

Tyd dat die mannetjie en sy maatjie bietjie vasgevat word…..gaan nogal interessant wees om te sien hoe die poppe dans.

Aai ·

Ha Ha kry vir julle,julle is dan deel van die Guptas hoe praat jy nou Mnr.Floyd

Persheks Adri ·

Ag al WEER net ondersoek en NIKS gebeur met Mal-emma nie! Haat spraak, aan hits van geweld en openbare rassisme is mos shaps in die land. Hulle word nie eers toe gesluit nie, maar blanke boere moet sit en van terrorisme aan gekla! Die regstelsel is ‘n gemors tsek EFF tsek ons hou niks van julle nie. ANC beskerm die knaap so dis nie eers snaaks nie

Stefan ·

Sterkte met die ondersoek maar hierdie ouens is so glibberig as ‘n vis in ‘n emmer snot!

nell ·

Ja Julias en kie , ‘n mens se sondes het ‘n manier om jou in te haal, soos CLive Owen gesê het “The further you run from your sins, the more exhausted you are when they catch up to you.” En inhaal gaan dit jou inhaal- wees daarvan verseker.

Jessey ·

Ek wil graag die “white capitalst establishment” sien. As iemand tog net vir my die ding kan wys, sal ek vrede in my hart kry. Ek wil so graag ook deel in die “alleged” White Monopoly capital. Kan ne verstaan hoeko daar nie vir ons almal Ferraris is nie. Ai toggie, ek moet alweer rekeninge betaal en weet nie waar ek Monopoly geld daarvoor gaan kry nie.

Antoinette ·

Ek weet nie of dit fop-inligting was of nie, maar ek het ‘n SMS gesien waarop al die aankope wat Malema glo oor ‘n tydperk op ‘n VBS kredietkaart gemaak het, op ‘n kredietkaartstaat uiteengesit is. Onder andere, as ek reg onthou, R39 000 se drank by ‘n drank-groothandelaar As dit waar is, hoop ek uit my hart dat hy sal boet daarvoor. Die totale aankoopbedrag was aangedui as om en hy ‘n miljoen rand.

koos10 ·

Ja Nee. Tipies EFF antwoord. Gaan kyk bietjie mooi, daar was net 1 blanke persoon aan gekla oor die VBS diefstal, en die persoon is al klaar gevonnis. Die res se deuntjie sing dieselfde as die EFF s’n. Dis was nie ek nie, julle is rassiste, julle is bevooroordeeld, julle doen nie julle werk nie, en so kan ek maar aangaan.
In Engels word daar gesê: “Follow the money.” EFF julle was mos ook in die Guptas se sak?
Julle sê dat julle die rekords sal oorhandig het? Dink julle Zondo is onosel of wat?

O ja, nog iets wat ek nie lekker verstaan nie, wel eintlik doen ek baie goed (julle is saam met hom in die bed), is dat julle nou vir Zuma verdedig. Julle wat so teen hom gekant was? EFF julle is so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boksie.

koos10 ·

Sy kommissie het al amper ‘n miljard rand gekos, hulle moet maar hulle eie Bells koop.

Misky ·

Terwyl ek die berig lees begin ek smile en dit raak net groter en my tone krul van lekkerte!!!!!!! Kom ons hoop iets kom regtig hiervan en die manne kom vinnig in oranje

Peetjie ·

Ek hoop sy volgelinge gaan uiteindelik sien wat gebeur met hulle bydraes. Hy bly in n paleis en sy volgelinge struggle nog steeds…

Persheks Adri ·

Ek stem! Gaan die MRK hulle regtig vervolg ook? Dis my volgende vraag…

Erika ·

“Mr Malema would you ever commit suicide the interviewer asks Julius ” Are you mad I would kill myself before doing That….”

JohanR ·

Geen skaamte of eer nie Erika. As Malema ‘n Japanier was sou hy sy Samurai swaard gevat het en homself deurboer het.

Michael ·

Wie glo dat iets met hulle of Zuma of die Guptas gaan gebeur, is werklik naief. Zondo vermors net belastingbetalersgeld by die miljoene elke maand. Daar is al boeke geskryf, klaarblyklik met stawende bewyse van die spul skelms se bedrog, korrupsie en misdaad, maar steeds is niemand al vervolg nie. ANC en Zondo trek net wol oor die publiek se oe, daar sal abs niks van kom nie

Pieter ·

Sluit die rassiste toe (Skelms). eff beteken niks. Is n klom korruptes en gee niks om vir hulle mense soos geskreeu word nie, maar net hulle self en hulle rassisme teen ander volke.

Mariana ·

Maar natuurlik wit kapitaliste is weer die wat beskuldig word. Miskien kom die kommissie nou te naby aan die probleem. Wat het hulle om weg te steek. As daar iets was is dit lankal nie meer daar nie.

Johann ·

Hehehehe…lekker kry ek nou. MAAR kom ons kyk maar eers of hier actually iets van gaan kom en of dit net n rookskerm is.

Shame…dat n mens nou só upset kan raak as jy niks verkeerd doen nie?

Madz ·

@Juju&@Flooyi: I totally agree with you!!! Totally unacceptable this “political agenda” of the commission….. Eish!!!…they are now wasting tax payers money, hê?? I dare you PLEASE to proof your innocence by showing the whole of SA (…..especially your faithful supporters!!) all the information and documentation they require! Pleaaazee man baba … no Jigela-Jigela nê!! By doing THIS you will gain my vote as well – Pinkie-promise!!!

Wondermaarnet ·

As hulle niks het om weg te steek nie, waarom dan kla en kommentaar lewer? Gee Zondo wat hy vra en hou op vir tyd speel.

JohanR ·

Die hare op my arms staan behoorlik regop as ek dink aan die ou in ‘n oranje pak. Waar ever ek is op die dag voor hy tronk toe gaan my bevind sal ek seker maak ek ry per bus, kar, taxi vliegtuig, om buite daai tronk te staan en wag vir hom!

Dup ·

As jy die woord SKELM in ñ woordeboek opsoek sal jy ñ foto van die rooi beret manne langs die woord kry……

Johanncb ·

Wel, kom ons glo reg en geregtigheid sal geskied! Dit kom voor of Regter Zondo se ondersoeke baie suksesvol is! Dankie, Regter!

Thea ·

Ek lag so lekker. If all else fails, we blame the whites….. Hierdie is nou twee siele wat ek wens uit die samelewing kon verwyder word sonder dat ‘n haan daaroor sal kraai.

Dawn ·

Hy bly lekker in Sandton estate. Eet heerlike vet steak wat deur boere op sy tafel gesit is. Het daar in gekom met bedrog…gaan daar bly agv bedrog. Hy word beskerm want hy weet te veel goed. Niks gaan hier gebeur nie. Hy gaan lag vir almal. En dit is wat hulle doen. Ons moet besluit of ons ons land gaan red. Ons moet nie dink die anc gaan net laat gaan nie. Hulle is te gewoond aan die luxury. Ons sal moet besluit en vinnig want as mens jou oe uit vee is ek en jy volgende. Ons moet vir n party stem wat glo in wat jy glo, wat uit die pragtige land nog sien wat ek en jy sien voor dit te laat is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.