Malema soek net vyf jaar

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Sondag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om sy party net vyf jaar in die regering te gun.

“Ons wil nie 20 jaar hê nie, ons soek net vyf jaar,” het hy aan ondersteuners by die Lucas Moripe-stadion in Atteridgeville, Pretoria, gesê. “As ons nie ons werk doen nie, dank ons af. Wys ons die deur en sê julle wil ʼn hardwerkende regering hê.”

Hy sê leiers in sy party sal nooit uit die regering se koffers steel nie, maar sal eerder die armes oplig. “Ons sal nooit julle honger kinders se geld vat nie. As jy staatsgeld vat, dan vat jy geld wat bedoel is vir ARVs [anti-retrovirale medisyne vir MIV/Vigs],” het Malema bygevoeg.

Hy sê daar is te veel geld in die land omdat diegene aan bewind nie weet wat om daarmee te doen nie.

Hy het ook verwys na meganismes wat ingestel sal word om spandabelrigheid hok te slaan en by te dra tot die vermeerdering van subsidies in die party se manifes. Hy sê ministers en die president sal hul eie motors en huise moet koop, omdat hulle salarisse ontvang. “Soos alle ander staatsamptenare moet hulle hul eie motor en huise koop. Hoekom moet ons vir politici se huise en motors betaal as hulle werk? Die era waarin politici soos koninklikes behandel word, is verby.”

Die verkiesing vind Woensdag plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gawie ·

Dit sal maar net die vinniger in die grond in druk, nie dat daar meer veel van die eens kosmandtjie van Afrika iets oor is nie.

Mckayline ·

Ek dink nie ek wil hom eers vir 5 sekondes daar hê nie. Ek dink hy wil net seker maak hy kan nog iets skep by die gravy trein voordat alles weg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.