‘Malema speel met vuurhoutjies naby ʼn kruitvat’

Julius Malema (Foto: SAPA stringer)

Julius Malema (Foto: SAPA stringer)

Julius Malema, leier van die EFF, se jongste uitlatings rondom grondbesetting ontketen reaksie en kommer uit talle oorde. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê egter mense moet nie op hol gejaag word deur Malema se “mal” uitsprake nie.

“Ons ontvang tans baie vrae in verband met Malema se dreigemente van doodslag, oorvat en afvat. Ek gaan dit beantwoord deur na die Spartane se [klassieke] antwoord op koning Philippus II van Macedonië se dreigemente te verwys. Philippus het gedreig om Sparta met sy gevreesde leër te verwoes en almal dood te maak as hy Sparta binneval,” het Buys gesê.

Buys verduidelik die Spartane het met een woord geantwoord: “As”. “Hierdie kenmerkende Spartaanse antwoord dui op die oorsprong van die woord “lakonies” wat kort, kragtig en gevat beteken. Lakonië was die streek se naam waar Sparta geleë was. Die Spartane het grootpraat en lank praat geminag. Hulle het hul antwoorde kort gehou en eerder hul dade laat tel.”

Buys het met die verduideliking gesê dat mense dus nie op hol gejaag moet word deur Malema se “mal” uitsprake nie.

“Sy party het lelik pak gekry in die onlangse verkiesing; sy optog van verlede week het misluk; en raas en blaas bly sy enigste ‘wapen’ om steun te probeer aas en moet nie aan gesteur word nie. Hy kan nie die land demokraties oorneem nie, en nog minder met geweld. En as dit by die punt kom waar hy sy dreigemente probeer uitvoer, sal hy agterkom dat daar ’n groot verskil tussen praat en doen is. Kom ons leer by die Spartane en sê net ‘as’. Moenie ’n dwaas na sy sotheid antwoord nie. Moenie skrik nie. Moenie terugswets nie. Verskerp jul weerbaarheid en woon en werk rustig voort.”

Intussen het die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg, bestaande uit ʼn aantal organisasies in die burgerlike samelewing, hul stemme by dié van AfriForum, die VF Plus en DA gevoeg en Malema se uitspraak veroordeel.

Die groep bestaan uit die FW De Klerk Stigting, die VF Plus, TLU SA, die Nasionale Werkgewersorganisasie van SA en die Afrikanerbond.

“Ons besef aan die een kant dat hy besig is met die mobilisering van ondersteuners en om homself te posisioneer in ʼn baie vloeibare en onsekere politieke omgewing. Die moontlike korttermyn politieke gewin wat hy mag verkry deur uitlatings oor grond, mag egter op die langer termyn enorme implikasies inhou vir eiendomsreg. Grondbesetting en grondgrype het rampspoedige implikasies vir landbou en die volhoubare benutting van grond. Voorbeelde is legio aan die suidpunt van Afrika,” het Jaco Schoeman, sameroeper van die groep, Dinsdag gesê.

Hy het gesê Malema verkondig ʼn ideologie wat rassehaat en rassespanning aanmoedig en grond word gebruik as die instrument om mense te verdeel en te mobiliseer. “Hierdie uitsprake mag nie toegelaat word om voort te gaan nie. Ons grondwetlike demokrasie is reeds uiters broos en om mense langs rasselyne teen mekaar op te stel is uiters onverantwoordelik. Malema speel met vuurhoutjies naby ʼn kruitvat. As individuele organisasies betrokke by die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte sal ons elkeen op ons onderskeie terreine die saak verder hanteer.”

Maroela Media het vroeër berig Malema het sy ondersteuners Maandag buite die Newcastle-landdroshof toegespreek waar hy vroeër die dag verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset. Volgens Malema is dié wette wat hy na bewering oortree het, “apartheidswette” wat deur die apartheidsregime geskep is en dat hy dit in die hooggeregshof sal beveg.

Malema het onder meer aan ondersteuners gesê wittes is geensins daarop geregtig om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swart mense van hul grond ontneem het en dat hy wit mense se vrede wil versteur. Hy het voorts gesê dat alle grond in Suid-Afrika aan swart mense behoort en dat dié grond sonder vergoeding van wit mense afgevat moet word.

Die VF Plus het reeds aangedui die party gaan ʼn klag by die parlement se etiek-komitee teen Malema indien omdat hy sy ampseed wat hy by die parlement afgelê het, verbreek het. AfriForum het intussen sy regspan opdrag gegee om verskillende opsies te ondersoek om op Malema se uitlatings te reageer. Die DA wil ʼn klag by die Menseregtekommissie indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

babs ·

Met daai uitsraak soos die ga hy sy agterent sien sonder n speeil

Jacoba H. C van Wyngaarden ·

Dankie Flip Buys vir jou nugter reaksie op Malema se ylery.

Dirk Coetzee ·

Baie dankie aan Flip Buys vir die waarheid; koelkop en kaalkop.

Jakes ·

Tereg dankie aan Solidariteit. Maarwat hul kommentaar aangaande Albertus v Wyk van Landbou weekblad?

Jan van Riebeeck ·

Moenie terugswets, skree en dreig nie. Laat ons eerder met hom saamstem dat ons nie in hierdie korrupte sirkus wat hulle die reenboognasie noem hoort nie, en aandring op ons eie gebied en selfbeskikking. Ons behoort by elke staatskantoor ‘n brief met so ‘n verklaring af te lewer. Malema kan dan sommer sy mense onttrek uit alle gebiede wat hulle nie beset het ten tye van die volksstigting tot die groot trek. Maklik. Problem solved

LBS ·

Nee dankie, Jan, hoekom nou weer van een uiterste na ‘n ander. Ek stel nie belang om weg te trek uit die Kaap uit nie en nog minder sal my kinders in Johannesburg wil wegtrek. Apartheid is lankal verby, aanvaar dit! Daar is beter maniere om hiermee te werk te gaan en die media kan begin deur om Malema minder dekking te gee vir sy manewales!

marie visser ·

Grootbek Malema, sy manier om te sorg dat hy genoeg ondersteuners het wat sy sakke vol hou.

Sanna ·

Wat se die gesegde….. Gee hom genoeg rope hy gaan nog homself hang. Is al so moeg v sy alewige dreigemente. As hy op tv is, skakel ek af, wat hy RAAS. Dis al.

AH ·

FW se stigting raas en praat nou saam met die mense wat deur hom verraai is as hy nie so n bang broek was nie het ons nie nou met malema gesit nie en die wolhaar storie van destyds dat ons op die punt van n bloed bad was is nonsens want ons het die bes op geleide en toegeruste weermag op die vasteland van afrika gehad

Esmay ·

AH ek stem 100% saam met jou. Ons kon daardie tyd nog iets doen. Vandag is ons hande afgekap!!

Sus ·

Jys reg AH! Die sogenaamde FW stigting moet liewer nou erens in ‘n gat gaan kruip. Sowat van lieg en bedrieg en uitverkoop sal jy nie maklik elders kry nie!

Donovan ·

Nee ons hande is nie af gekap nie… daar is nog genoeg opgeleide oud weermag lede in die land om te doen wat nodig is…

Estelle ·

Hiermee kom nog ñ klomp plaasmoorde!! Ek stem saam antwoord ñ dwars nie na sy sotheid nie, maar hy verwag nie ñ antwoord nie!! Hy hits geweld en moord aan, mag die Almagtige Vader ons red uit die mag van die Bose!!

PeterG ·

Ek wil nou net weet. Wat is die definitive van rasistiese en haatspraak. Hierdie person is besig om in die openbaar rasisties op te tree en op die oog af met geen gevolge nie.

Maddox ·

Dit is maklik. As jy wit is, is enige iets wat jy se van ‘n ander ras al is dit die waarheid, rasisties. enige ander kleur kan wit mense beswadder en slegse soos hulle wil, dan is dit Vryheid van spraak.

Grietjie ·

Ek voel dat Hlomisa, Lekota, die Christian party, en VERAL die DA werk moet maak hiervan. Dit help niks die Wit mense doen dit nie – die sake moet deur ander swart leiers aanhangig gemaak word, en deurgevoer word. Dit id die ergste vorm van haatspraak en hy moet boet.

Tydloos ·

Ek sal graag wou hê dat mede-christene uit die swart gemeenskap in sulke tye sal opstaan en Julius self sal aanspreek. Ek sal graag wou hê dat kerke uit die swart en bruin gemeenskappe, wat so staan vir en roem op die Belharbelydenis, geleenthede soos die sal aangryp om te wys hoe belangrik so n belydenis is en juis op grond van daardie belydenis, hul afsku teenoor Julius Malema se uitsprake op openbare forums na mede landsburgers sal oordra. Maar ons hoor niks. Nerens hoor ons die VGK of enige ander kerkgroep uit daardie geledere wat hul uitspreek teen hierdie absolute blatante haatspraak en rassisme nie. Dit maak my hartseer.

sorika ·

Ja ou Malema, jy HAAT die wittes MAAR jou body guards is WIT!!!
Bang gat!

Cornelius du Rand ·

Hou op slapgat wees en vat die man aan oor wat hy verkondig. Dit is blatante laster. Ek is ‘n grondeienaar en het elke stukke gekoop en swaar daarvoor betaal. Ek is wit. Dus verkondig hy dat ek ‘n dief is. As die organisasies wat nou hard skreeu regtig ernstig is dagvaar die man in ‘n groepaksie of namens wit grondeienaars wat voel soos ek. Laat hy dan in die hof kom bewys dat ek my grond gesteel het. Ek is bereid om as Eiser op te tree. Is julle? Of is julle FW de Klerk lamsakke wat gaan aanhou kruip vir die reenboog nasie.

Armando ·

Staan saam met jou, Cornelius, Definitief. Het jy reeds idees? En wag ‘n bietjie manne, ek het nog nie ‘n perd nie.

Corné ·

My opinie is dat mens maar versigtig moet wees vir sy opswepery.

DR ·

Baie goeie artikel,, ons moet net nie te lank spartane bly nie.

Valie ·

Klink my ons sit NOU op die punt van ‘n bloedbad…. De Klerk se verskoning blyk sommer deur homself vervaardig te wees, maar soos alles in Afrika, is die verwagte punt van die bloedbad net baie laat, omtrent 23 jaar later ….

Charlie ·

Nog ‘n lakoniese uitlating van Koning Leonides van Sparta toe die koning van Persië laat weet het hy gaan die Spartane se wapens gaan afneem:-” Molan labe” – Kom vat dit (as jy kan.).

John ·

Ons geagte president is dan glo president oor almal. Waar is sy kommentaar oor die onverantwoordelike opmerkings van Malema. Dit was ‘n gruwelike fout van die DA om die EFF in te trek in hul nuwe stadsrade om ‘n meerderheid te verkry. Dit gee stukrag aan die gruwelike party en groot blootstelling. Afdreiging sal ook plaasvind. Hou maar dop. Met beloftes van grond wil die party se basis vergroot en moordadige agterryers saamsleep om die vuilwerk te gaan doen.

Nici ·

Hy sal gaan nog die spreekwoordelike laaste spyker in hierdie land se doodskis word…. sy uitsprake saai haat en verdeeldheid… hy kos ons land geld en dan het hy die cheek om ñ vinger na Zuma te rig … JZ is ñ vulletjie van bekommernis in vergelyking met oompie JM

Boet Meintjes ·

Siende hy geen ooghare vir die wittes het nie, en dat ons geen bestaansreg in SA het nie, moet ons nou dit aan hom oordra dat maniere gevind sal word dat ieder en elke blanke nie meer hul belasting beskikbaar sal stel nie. As ons nie goed genoeg is nie is ons nie bereid om meer geld in die land in te pomp nie. Dis die eerste stap.

PMB ·

Malema maak my braak!!! Hy het geen punt van verwysing behalwe “wittes en apartheid” nie! Sy lede breek af, plunder en steel en Malema blameer kolonialisme. Hoe hy die verbinding maak gaan my vestand te bowe! Die land moet op staan teen die kanker wat dit so besmet!!! Daar is nie plek vir sulke uitlatings en persone in ons land nie!

marlene ·

Mnr Julius Malema moet maar ‘n woordeboek koop, en die woord, RESPEK naslaan, en bestudeer. Wanneer hy dit verstaan, moet hy dit toepas in sy lewe en sy volgelinge die betekenis van die groot woord leer.
Hy sal weldra sien, hoe sy lewe verander, en sy volgelinge kan toi toi sonder om alles in hul pad te vernietig.

J.F van Zyl ·

Malema moet maar liewer die Afrikaners se geskiedenis n bietjie bestudeer , ons is nie so maklik soos hy dink nie , die Eerste Vryheidsoorlog teen Brittanje was korter as drie maande

lettie ·

Waarvoor daag hy dan met n Westerse pak klere op by byeenkomste? Hy haat Westerse en Europese mense tog gebruik hy al wat n gebruiksartikel is van hulle? Eish!

vermeende ·

Flip ek sal met jou oor een ding saam stem, Malema is besig om steun te werf .
Hierdie goedkoop manier van Malema is nie vreemd nie, almal doen dit en maak onhaalbare beloftes.
Malema se gehoor en gevolg is nou nie die voorbeeld van ons land se hoogste geleerdes nie en dit is die probleem, hoe interpreteer hierdie inteligente gehoor sy uitlatings, al wat ek hoor is hoe hulle hom toe juig.
Malema is die enigste politieke leier wat presies doen wat hy se hy gaan doe, dink maar net hoe Pta nou so ruk terug gelyk het.
Malema is nie die gevaar nie maar wel sy volgelinge wat elke woord glo wat hy se en doen wat hy se.
Daar is genoeg boere wat bloei wat graag met jou sal verskil en daar is genoeg Zim boere wat eerder vir jou sal se, luister en leer!

Jan maak n Plan ·

As ek nie geregtig is op grond nie dan is hy wat Malema is nie geregtig op suurstof nie.

Justice ·

Stem saam Otter – ook verwar hy ordentlikheid met ‘n swakheid. Daar wag vorentoe ‘n helse ontnugtering op hom.

Lance ·

Die man se mag le in die media wat elke woord van hom opraap en opblaas …sonder die media is hy niks …hy het nog net afgebreek in die land …net mooi niks opgebou …en hy lok reaksie uit en dis presies wat hy wil regkry

Walter ·

Mense lees asb 2Kronieke 7vers 13 en glo ons moet weer kniee toe gaan en nederig raak voor Hom

Burger ·

How glorious fall the valiant, sword in hand, in front of battle for their native land.net iets om aan te dink vir die malema ondrsteuners…regte vegters word gebore nie gemaak deur n ou se uitsprake terwyl hulle in groepe is nie…..Our Trachinian friend brings us excellent tidings. If the Medes darken the sun, we shall have our fight in the shade..ons is reg…

Oom Kalahari ·

Julius M hou van om die jong massas (werkloses) asook studente op te sweep en aan te hits tot anargie skepping, geweld, minagting van wet en orde en was nie eers deel van die sogenaamde “Apartheids” era wat hul so graag aan klou en met stertjies aan van hoorsê stories gehoor het. Regdeur “Afrika” is dit net vervallentheid, siektes, swak omstandighede tot oorlewing, oor populasie, gevegte en nog meer, maar vooruitgang en stabilisasie is min van te sien. As die jongman respek soek of wil toe eien moet hy ook respek vir ander en eiendom kan toon en sy haatsprake laat staan.

Max ·

Malema se maar net wat die ANC nog al die jare se. Ek verstaan die bohaai nou nie.

Louise ·

Duidelik ken hy nie n boer nie. Hy gaan die grond vat en dan?? Sal gou agterkom sy lekker mieliemeel raak klaar. Laat hy maar dreig, want die boeremeisie het nie ‘n bang haar op haar kop nie. My Pa ons mooi geleer. Hy maak ‘n plan maar ons het reeds n plan. Is nie net van my grond kom staan en vat nie. Lee blik maak baie lawaai.

Anoniem ·

Makliker gese as gedoen. Ons het alle rede to bekommernis.

Marthe van Zyl ·

Snaaks dat hy wat Julius is en so te velde trek teen alles wat “wit” is tog die “wittes” se uitvindsels gebruik en geniet. Kos, klere, vervoer, behuising noem maar op.

Chrisjan ·

As ons kyk na die uitsprake en reaksies, dan word dit duidelik hoekom die kommando stelsel afgeskaf is.

Anoniem ·

Julius Malema klink op hierdie stadium baie soos die destydse Peter Bokaba.

Tanya ·

Hulle is klaar besig om stadig mar seker boere uit te moor. Wanneer gan dit gesien word as deel van sy plan? Hoeveel moorde moet daar wees om dit te sien as deel van sy plan??

amen ·

Hy praat van die wittes wat so lekker swembaddens geniet ens. ens. Hulle het daarvoor betaal en betaal nog steeds – nie gevat nie – daarvoor gewerk. En wat van die huis wat hy gehad het – ook swembaddens en huisers – dit verloor a.g.v. van wat – Sy mense sit op berge en hy lewe in weelde – maar hulle glo hom. Dan praat hy van Zuma? Jaloers – dis al – Eending moet ek se van Zuma hy gedra hom nie soos n holigan nie. Hy is geleerd en op sy plek – whatever hy doen wat verkeerd is.

TTh ·

Ek gaan akkoord met die opvolg teen Malema, maar ek distansieer my totaal van die FW deK stigting en die Afrikanerbond – dit is die sweer/rugstekers/manteldraaiers in Afrikanergeledere wat uitgebrand moet word.

Maria Van Dieweeck ·

Ek is al siek van al die leuens oor ons! Hoe verander ons al hierdie persepsies oor ons? Ek is al so moeg om die ou afrikaanse vark in die verhaal te wees…Dit is tyd dat ons die geskiedenis kurrikulim? in ons skole in die hof uitsorteer, want dit is ook n pot leuens!

snoefie ·

wense julle yl as julle malema as n lastigheid afskryf. blankes in SA het al oor en our bewys, ons het geel geword. as ons gese wordom te spring dan vra ons al springende ” hoe hoog?” Julius ly aan n baie gevaarlike siekte. dit word hebsug genoem. lyers aan die siekte sien niks anders as hulle doel raak nie. hy het meer as genoeg mense met hierdie siekte aangesteek om te kan doen presies wat hy se. wees paraat. wees bang. wees gewaarsku. hy kan wat hy se doen. hy weier om in te sien sy voorvaders het Handel gedryf met grond wat die lewe Vader aan hulle beskikbaar gestel het. MAAR…. was dit hulle sin om te verkoop? geen witmens in Suid Afrika het grond gesteel nie.

JAMES HUDSON ·

SO ONS SPARTANS MOET MAAR NET AGTEROOR SIT EN SIEN HOE ALMAL NET VERDER UITGEMOOR WORD

Ai ja jai. ·

Eintlik moet die groot banke wat lenings vir grond en huise toestaan, hom begin aanvat. Ons het maar almal verbande op ons stuk grond en betaal met ons bloedsweet daarvoor. Hy wil dus van die banke grond steel. Ek kan nie glo dat sulke uitlatings geregverdig is nie, maar die gepeupel val daarvoor. Dit lyk dan so maklik.

Vra net ·

As daar een ding is wat my grensloos irriteer is dit wanneer mense vra: “Hoeveel nog, hoekom sit ons agteroor, wanneer gaan iemand iets daaraan doen, wanneer gaan iemand opstaan, hoeveel moet ons nog hanteer, hoeveel moorde nog, hoeveel verkragtings nog. Mnr/Mev, is jy veilig of sit jy en wag vir iemand om jou veilig te laat voel? Wat doen jyself daaraan? Is jou huis beveilig, is jou deure gesluit, is jou hekke toe, is jy veiligheidsbewus, kan jy vuurwapens hanteer, gaan jy vir selfverdediging klasse, is jy te alle tye bewus en paraat? Nee, mens is nie. Hoekom dan elke dag dieselfde vrae vra. Niemand gaan jou beskerm as jy nie self ‘n plan maak nie.

Nandi ·

Ek kan net nie verstaan nie! Alles wat die man kwyt raak is teen ons grondwet. Hoekom word hy nog toegelaat in die parliment? Hoekom is hy nog nie agter tralies nie? Hoekom hom so lank los om te se wat hy wil? Hy praat van wit mense se mense regte in hierdie land van ons af weg vat? Hoekom is hy nog nie agter tralies nie???????????? Hoeveel moord en doodslag moet daar nog wees voor enige iemand ingryp?? Ons mense lewe in vrees en dit is maklik om te se moenie jou aan hom steur nie maar niemand keer die mense wat na hom luister om voort te gaan en te gaan doen wat hy se nie. Kyk na ons plaasmoord syfers en dan vertel jy weer vir my om my nie aan sy haatspraak te steur nie… Hy hits geweld aan!!!

De Villiers ·

Laat ‘n blanke soortgelyke uitsprake kwyt raak, en hy word as die grootste rassis uitgekryt. Maar geen woord oor rassisme word deur die media oor Malema se uitlatings gerep nie. Seker oor sy velkleur, want net blankes kan rassisties optree. Oor die land wat hy meen terug gegee moet word aan die oorspronklike bewoners daarvan, sal hy en feitlik al die swart stamme ook moet padgee, want die San het oorspronklik die grootste deel van Suid Afrika bewoon.

Ben Prinsloo ·

Anoniem kom klim tog hier onder my ouma se rokspante in, sy sal jou beskerm. Wil jou vra om asb perspektief te kry tussen maklik en onvermydelik.

Armando ·

Sy uitsprake moet sekerlik gesien word as posisionering vir die nuwe nasionale verkiesing wat om die draai is: Hy het maar vrot gevaar in die munisipale een wat sopas verby is. Persoonlik vat ek hom nie kop toe nie, want soos sy sêssie wat oor Westerse en Afrika-wetenskap gepraat het , is sy kop so plat dat hy – in Blouwillem se woorde- nie eers plek het vir ‘n kopseer nie. Wat my bekommer is dat daar iemend kan wees wat met ‘n kopvol dagga en ‘n pensvol bier kan besluit dat hy ‘n probleem het met een of ander ou man, en die volgende dag is dit weer in die koerant. Deur sy sotlikhede word ons stelselmatig afgemaai.

Johan Piek ·

Ek stem ongelukkig glad nie saam met Flip Buys nie. Toe lede van die parlement vir Winston Churchil vra hoekom is hy al een wat jarelank gewaarsku heten geweet het dat Hitler gaan oorlog maak het hy verklaar ; Ek het Mein Kampf gelees wat hy geskryf het en aandagtig geluister na alles wat hy gesè het en hom geglo. Die tyd het bewys dat hy ALLES GEDOEN het wat hy geskryf en gesè het. Die grootste fout wat ons maak is om die sluwe Malema te onderskat. Hy het nie n leèrskare nodig om anargie te saai nie. Kyk net wat het die studente al gedoen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.