Malema takel Helen Zille en ‘regse magte’

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Linkse magte soos die EFF en aktivistiese vakbonde soos die metaalwerkersvakbond Numsa en die mynwerkersvakbond Amcu moet saamstaan teen regse groepe soos AfriForum en “die lelike Helen Zille” en sulke regse groepe vernietig, meen die EFF-leier, Julius Malema.

Malema het sy aanval op Zille geloods voor die sowat 4 000 EFF-lede wat die party se “volksvergadering” (die EFF se benaming vir die party se nasionale kongres) by Nasrec, suid van Johannesburg, bygewoon het.

Hy het AfriForum, wit monopoliekapitaal, die sakeman Johann Rupert en pres. Cyril Ramaphosa later tydens ʼn mediakonferensie by Zille (deesdae voorsitter van die DA se federale dagbestuur) gevoeg as regse magte wat saamspan teen die EFF en dus vernietig moet word.

Volgens Malema het swart Suid-Afrikaners se verdrukking begin die dag in 1652 toe Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, en word die EFF verguis omdat die party nie inkoop op die “vals eenheid van 1994” nie. Ook omdat hulle uitwys wanneer wit mense voortgaan om swart mense te mishandel deur hulle byvoorbeeld van plase af te sit, hul kinders dood te skiet omdat hulle glo gedink het die kinders is bobbejane en die waarheid daaroor praat, of om die korrupsie van die regering uit te wys.

Malema het gesê opponente wat die EFF as fascisties bestempel is óf lui denkers óf onkundig oor fascisme, want die EFF verwerp geweld, glo in menseregte, ondersteun die demokrasie, is volkome ten gunste van vryheid van spraak, glo glad nie in die verheerliking van politieke leiers deur persoonlikheidskultusse nie, glo in die noodsaaklikheid van gereelde verkiesings, verwerp homofobie en rassisme, trek te velde teen nasionalisme of etniese opsweping en onderskryf die oppergesag van die regbank.

Oor aktuele politieke kwessies het Malema gesê hy het by die kis van sy oorlede ouma beloof om nooit na sy vorige party (hy verwys na die ANC hoewel hy die party nie by name genoem het nie) terug te keer nie.

Hy beweer ook Ramaphosa is gekaap deur wit monopoliekapitaal en dat die president sy eie staatskaping pleeg deur (soos oudpres. Jacob Zuma) mense wat hom polities ondersteun (hy verwys na Edward Kieswetter en adv. Shamila Batohi) aan te stel as onderskeidelik die hoof van die SA Inkomstediens en die nasionale vervolgingsgesag.

Die EFF se top ses. Foto: EFF/Twitter

Malema het bevestig dat die EFF nie die voorgenome nasionale gesondheidsversekering gaan ondersteun tensy die ANC ernstige aanpassings maak nie, want die huidige finansieringsmodel is heeltemal onrealisties en onuitvoerbaar.

Hoewel Malema te velde getrek het teen rassisme onder wit Suid-Afrikaners, het hy aangevoer swart Suid-Afrikaners is hul eie grootste vyand omdat hulle mekaar so maklik aanrand, vermoor en beduiwel. Hy meen die meeste swart Suid-Afrikaners het geen respek vir mekaar of vir hulself nie, so hulle kan nie respek afdwing by ander mense nie.

Malema het gesê ʼn mens hoef nie vuil te wees, onnet aan te trek of met ʼn fiets te ry om namens inwoners van plakkerskampe te veg ter verbetering van hul lewens nie.

Die benoemings vir die EFF se top-leiersposisies sal vanaand afgehandel word en as daar meer as een kandidaat is sal die uitslae van die gevolglike verkiesing Sondagoggend aangekondig word.

Die verwagting is dat Malema onbestrede herkies sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Johanna Botha ·

Braak net gal saai verdeeltheid is bly oor niks soos bv die rugby en breek af ….sal nooit happy wees met niks nie !

Vra Maar Net Kreool Domvark ·

“ . . . , het hy [Malema] aangevoer swart Suid-Afrikaners is hul eie grootste vyand omdat hulle mekaar so maklik aanrand, vermoor en beduiwel. Hy meen die meeste swart Suid-Afrikaners het geen respek vir mekaar of vir hulself nie, so hulle kan nie respek afdwing by ander mense nie.”

En wat is dIe oplossing meneer Malema? Het u selfrespek?

Markus ·

Ek wens die eff kan n groot metro wen sodat die hele land kan sien watse klug hy is ,die eff en sy kastige leiers leef in n droomwêreld en realiseer dit nie word wit mense geblameer hoe kan enige regdenkende mens vir so n sirkus groep stem of hulle hanswors oorpak aantrek.

Mm ja nee ·

Gaan my verstand ook te bowe hoe mens vir so vreemd denkende groep kan stem,,,,,, maar soos die engelsman se, “the proof of the pudding is in the eating”, kyk dan nou hoeveel vreemd denkendes is daar wat hulle ondersteun, en die kersie op die koek is dat die sg leiers onbestrede net weer terug glip in hul posisies/poste…. Maleme en sy gevolg is n spul “vul self die spasie, jy Kan kies wat jy wil en sal heel moontlik nie baie verkeerd wees nie”

Co ·

Ek stem saam met PietM, Ek hoop dan maar dat die eff die metro oorneem waar jy woon Markus, ek wil verseker nie daar woon nie. Ek wil nie deel wees van die gemors nie.

Capie ·

Die man weerspreek homself telkemale en die beste is dat sy ondersteuners hom glo

Anton ·

Malema en sy volgelinge is emosioneel onvolwasse. Sy intellektuele vermoeëns laat hom in die steek. Die media gee te veel blootstelling aan Malema se uit sprake.

Rinkhals ·

Dit laat hom nie in die steek nie, die afwesigheid daarvan is die probleem.

André André ·

En terwyl hy daar van die media die deur gewys het, soos eNCA en Daily Maverick, was dit die gulde geleentheid vir die res om op te staan en uit te stap.

Werner ·

Ek sien hy se witmense wat berou het oor apartheid kan gerus terug betaal gelukkig het ek nie berou nie

Julie Jansen van Rensburg ·

Tot dusver het MAL-EMMER nog nie enige bewyse van “VORDERING & VERBETERING” in sy eie mense se lewenswyses getoon nie -eintlik is hy – in my opinie – meer bek as binnegoed. Die enigste voordeel wat hom en sy aanhangers tot dusver bewys het is die stroping van die VBS bank… vraag is – wanneer gaan daar werklike ondersoek na daardie insident gedoen word??? Lyken my dit word stil-stil onder die mat gevee…

De Villiers ·

Ironies, feitlik alles wat wat die EFF sê hulle voorstaan is die teendeel waar met soveel bewyse. Alhoewel Malema een of ander graad het in politiek glo ek nie dat hy veel uitmaak daarvan nie. Byvoorbeeld, hy weet nie eens wat is die verskil tussen linkse en regse sienings in politiek nie. Hy en sy party floreer op sensasie deur absurde en ongegronde uitsprake, en gun niemand voorspoed nie. Hulle is die enigste party en landsburgers wat die Springbokke se Wêreldbeker sege veroordeel het omdat daar wit mense gespeel het. Die EFF leef in ń illusie, ver van die realiteit, breek af en is geweldig onvolwasse.

Joon ·

Stop om vir EFF publikasie te gee. Hulle soek net aandag. Net soos n kind wat sy speelgoed uit die kot gooi. Wil nie my lewe deur hulle onplessierig last maak nie

Martin ·

Ek sien die ding sukkel nog steeds met sy victim mentaliteit. Dis n bietjie hoogtyd dat die ding begin groot word en besef dat sy boeties in die anc het vir hom gelieg het. Het nie tyd vir die ding nie.

Nar ·

Oor een ding is hy darem reg en dit is dat sy eie mense hul eie grootste probleem is en nie die witmense nie.Miskien skrik hy

tog eendag heeltemal wakker.

KlaasVakie ·

So hy het sy volgelinge vuil, on-netjiese fiets ryers genoem. Goed dan. Doen so voort?

Johann ·

Hy sê sy mense so sleg en sê hulle is vuil. Ek reken hy kort n ordentlike bad. Ruik net hoe stink sy mentaliteit.

Emma ·

En die grootste hiervan is die swartes wat teenoor die wittes uitvaar. Ons sal nooit vorentoe beweeg met sulke leiers nie. Die anc en eff roer die ras pot sodat ons tog net nie vergeet nie.

André André ·

Elders in die media word berig Malema het ook tydens sy toespraak gesê, en ek haal aan:
“Wit mense wat berou het oor apartheid kan dit oorweeg om iets wat hulle uit apartheid oorgeërf het prys te gee, soos wat Wes-Duitsland gedoen het toe hulle vergoeding aan Israel betaal het…”

Swartwolf ·

Hy vewys na Helen Zille as lelik? Wonder watter afrika skoonheids kompetisie hy sou wen met daai afrikaan gelaatstrekke.

adk ·

Sing na al die jare nog dieselfde deuntjie, gebruik hier en daar net ander name. Gewoonlik die wat vir hom n bedreiging is. Eers Zuma nou Cyril. Rupert wou nie met hom besigheid doen nie, Gordhan maak dit moeilik vir hom om n Super Looter te wees. Helen se aanstelling het daartoe gelei dat sy pel Herman bedank en nou kan hy weereens nie meer so maklik sy hande in die koffers kry nie. Die vervolgings gesag wat deur Afriforum gedwing word om hul werk te doen en hom te vervolg, is ook sy vyand. Sy waardes spreek boekdele, baie ver van eerbaar af. EN MENSE STEM VIR HOM. Enige iemand wat in sy pad staan om oneerlik geld te bekom is die vyand, as Zuma met hom gedeel het sou die EFF nie vandag bestaan nie. Wittes is net n soft target om sy volgeling te flous. Wat n ……. Die respek gedeelte is gedeeltelik reg….mens behoort almal en reels en prosedures ook te respekteer, Malema, maar jy kan nie daaroor preek nie want jy was disrespekvol teenoor die VBS beleggers, jy het hulle beduiwel en nou verklaar jy oorlog teenoor die wat n stokkie daarvoor steek. Ongelukkig verstaan mense dit nie, maar die Regses doen daarom die gedurige aanvalle. Kry n ander deuntjie om te sing soos bv ..
fluit fluit my storie is uit. …

carel vd merwe ·

helen jou lelike ding. die zilles lag seker lekker op hierdie sondag oggend. ek weet my dag is gemaak en my vrou het ook die juliaanisme baie geniet.

jaco ·

as wit mense dan so sleg is, dan kan die EFF en die ANC (hulle hou stil-stil ook nie van ons nie) ons mos net deporteer na Europa en Amerika.
Dwing eers wit mense hier wat wel deur ouers of grootouers europese burgerskap kan kry, om SA ter verlaat, op eie koste of met behulp van die lande wat in elk geval verplig is om hulle in te neem.
deporteer die res na Europa en Amerika. enkelvlugkaartjies vir 3 miljoen mense kos nie so baie nie. daars ook die opsie van skepe.
Ek weet dit klink radikaal, maar dis mos nou lankal duidelik dat ons ongewenste onwelkome mense in SA is. Dan kan ons mos maar gedorteer word.

Antoinette ·

En die EFF doen WAT nou weer om die lot van plakkerskampinwoners – en ander arm swart lede van die bevolking te help verlig?
Ek moet aan geheueverlies ly want ek weet van niks nie.
Net gister se ‘n swartman (‘n gewese polisieman wat die mag verlaat het oor al die afgryslike dinge wat daar aangaan) ek sal verstom wees as ek weet hoeveel anderskleuriges – ten spyte van apartheid – terugverlang na die ou bedeling.

Eddie ·

Ek dink nie Malema se snert verdien die mediadekking wat dit kry nie !

Piet parys ·

Ek wens alle media dekking ten opsigte van Eff en trawante word stopgesit . SONDER MEDIA DEKKING KRY HY NIE GRATIS BEMARKING NIE . SO MEDIA WORD WAKKER EN STOP hou OP om Malema te rugsteen . Boikot hom .

André André ·

Elders in die media word berig Malema het ook tydens sy toespraak gesê, en ek haal aan:
“Wit mense wat berou het oor apartheid kan dit oorweeg om iets wat hulle uit apartheid oorgeërf het prys te gee, soos wat Wes-Duitsland gedoen het toe hulle vergoeding aan Israel betaal het…”

elsa ·

malema MOET BY DIE HERE UITKOM, Sy tree word minder , hy moet sy knieg buig voor die Here., ons GOD. hierdie mag dalk sy laaste kans wees.

John ·

Party-keer kan die ligte maar afgaan… ‘n sight for sore eyes… Miskien is dit die see van rooi wat mens brein aantas. Met 5G sal die rook trek. Ipv die pers moet die brand-weer dalk opgekommandeer word… as daar water is…

Janneman ·

Mal Emma, jy is n dwergie teen Helen Zille. Sy sal jou opfrommel en uitspoeg vir brekfast

Johanna Botha ·

Is die vbs gelde al terugbetaal …intussen always unhappy saai verdeeltyd nie happy oor die rugby wat gewen het nie !

Johann M van Heerden ·

Die media gee hom teveel van ‘n ‘verhoog’. Hy is gevaarlik en die soort dekking is net wat hy soek. Leier van ‘n rand party en al. Ek wil net weet waar kry hulle die geld om so aan te gaan.

Erik ·

Darm het ons nog vir Malema! Mis Zuma se flaters, maar Malema maak darm op daarvoor.
Vir die wat nie weet nie, Malema en EFF se gewildheid, is besig om af te neem. Hulle eie kiesers kom agter die EFF is ‘n grap. Lees gerus daaroor indien jul my nie glo nie.

Lollie ·

Hy draai almal om sy pinkie. Met hom sal daar nooit vrede in die land wees nie. Hy is die grootste rassis wat nog ooit gebore is. Arme Jan van Riebeeck sal ook nooit rus kry nie. Niemand van ons vandag op aarde was in sy tyd hier nie so niemand sal regtig weet wat daardie tyd gebeur het nie.
JM haat wittes maar hy kan sê net wat hy wil, toe wittes in beheer was was die land nie in so gemors nie. Al wat beter is vandat swart regeer is misdaad en korrupsie. Die land sal beter af wees sonder een van hierdie narre.
Hy weet ook die media kan nie wag om al sy snert te verkondig nie. Stop sy media dekking en kyk hoe val hy.

Braam Maree ·

Ek sal graag by Maroela wil weet hoekom lewer hulle nog kommentaar oor Malema terwyl selfs die Engelse nuus media hom boikot.

Harry ·

Hoekom kry hierdie rassis nog steeds dekking, boikot hom en sy party, hy teer op die media dekking wat hy kry en se en doen net wat hy wil sonder enige vervolging. MM moet nie meer oor die eff berig of skryf nie.

Stiks ·

En om te dink die belastingbetalers wat nog oor is in hierdie land moet hierdie sirkusnarre se salarisse betaal

Vonkprop ·

Ek dink tannie Ma-lê-Maar moet sy kleure verander. Rooi maak jou van nature kwaad. Gaan vir iets sag soos pienk of baba-blou. Dan pas die kleur sommer by jou kinderagtigheid.

Sarel ·

Dink julle werklik dat die umfaan met sy rooi hoedjie is nuuswardig.?

HPV ·

Malema het sy party slegs gebou op sy haat vir wittes. Het hy al enige iets anders kwyt geraak as aanhitsing tot geweld teen blankes? Nee die afgelope jare is gekenmerk deur dieselfde ou rympie soos ‘n plaat wat vasgehak het, oor en oor tot vervelens toe. Daar word egter reeds internasionaal kennis geneem van sy opsweping teen blankes met verreikende gevolge vir hom.

Foxi ·

N onbedwingbare, onbedagsame tong weerspreek alles geestelik in jou lewe. N onheilige , los tong is erger as dwelm of alkohol misbruik en is erger as alle sondes van die vlees!
N (leier)met so n tong kan geen mens tem nie; dit is n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif” Jakobus 3: 8.
In Mattheus 12:34 sê die woord van God ook. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Mag hierdie man eendag berusting vind in sy hart, want hy kan nie onderskei tussen REG en VERKEERD is nie.

Hans ·

Duidelik dat sekere mense enigiets omtrent witmense mag së en kom daarmee weg-die aanmerkings stook net die rassespanning in die land op.

Justice ·

Was dit nie vir die Voortrekkers nie het Malema vandag Zoeloe gepraat.

Pieter ·

Die spreukwoord lui”lee blikke maak die meeste geraas” Hy is soos n halwe box, goed vir niks.

Skoonheid ·

Ek moet se dat Helen Zille regtig n ander haasr styl kan kry. Huidige styl is glad nie vleiend nie.

Francois le Cochon ·

Malema het duidellik “Mein Kampf” goed bestudeer. Hy volg presies Hitler se modus operandi na. Eers toe die Duitsers als verloor het, het hul besef wie en wat Hitler werklik was. Malema moet nie onderskat word nie, hy is baie gevaarlik.

PJC ·

Ek wonder hoeveel van die 4000 ondersteuners is betaal om die vergadering by te woon.

Bitterbek ·

Bla, bla, bla, bla, bla. Kan nie ‘n nuwe oorspronklike storie uitdink nie!!!!

JohanR ·

En ou Malema maak sy broek behoorlik vuil as Madam Zille hom wil debateer op tv of radio. Madam sal hom opvreet en uitspoeg. John Steenhuizen sal hom opvreet en uitspoeg, en dan se Malema hy het net ‘n matriek. Net ‘n groot bek, broek, of oranje oorpak waaneer niemand hom uitdaag nie. In elke land in die wereld bid mense dat ‘n spesifieke party nie die regeering word nie. In Suid Afrika is dit die EFF……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.