Malema terug in die hof

Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

EFF-leier Julius Malema sal Vrydag na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset.

Malema het in 2014, op ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein, aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. Nadat Malema verlede jaar op hierdie aanklagte in die hof verskyn het, het hy weer eens aan sy ondersteuners buite die hof gesê hulle moet “enige mooi stuk grond wat julle sien vat”, omdat dit by swart mense afgeneem is “deur volksmoord”.

Malema se regspan betwis die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste. Die EFF beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Malema het in Julie in ʼn afsonderlike saak in die Newcastle-landdroshof verskyn op aanklagte van aanhitsing tot geweld. Hy het in Junie verlede jaar vir sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat dit aan swart mense behoort en wit mense nie eienaars van grond kan wees nie.

Nadat hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het en die saak uitgestel is, het Malema buite die hof aan sy ondersteuners gesê om “grond te beset want hulle het nie vir julle grond gegee nie”.

“As ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om die grond te vat, dan moet dit maar so wees. Ek is nie bang vir die tronk oor die grondkwessie nie, maar ek is bang om tronk toe te gaan vir korrupsie. Ek wil nie tronk toe gaan vir korrupsie nie, maar ek sal tronk toe gaan vir die grond,” het hy destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.