Malema uitgejaag oor Ramaphosa-uitlatings

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, is Woensdag beveel om die nasionale vergadering te verlaat nadat hulle adjunkpresident Cyril Ramaphosa beledigings toegesnou het.

Ramaphosa was besig om vrae te antwoord rakende die dood van 34 mynwerkers in Marikana in 2012. “Hoekom aanvaar die adjunkpresident nie verantwoordelikheid vir die dood van die 34 mynwerkers nie? Jy het hulle doodgemaak omdat jy gedryf word deur wins,” het Malema gesê.

“Jy is die een wat e-posse gestuur het en die moord op 34 mense aangehits het. Daar is bloed op jou hande…die bloed van die mense wat by Marikana dood is.”

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het geëis dat Malema sy uitlatings moet terugtrek. Malema het geweier en Mbete het hom gevra om die nasionale vergadering te verlaat. Shivambu is ook kort hierna gevra om die nasionale vergadering te verlaat nadat hy Malema se sentimente herhaal het.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het intussen probeer om Rampahosa te kry om te erken dat ʼn e-pos wat hy destyds tydens die onrus by Marikana gestuur het, sake vererger het. Daar is vroeër by die Farlam-kommissie getuig dat Ramaphosa ʼn e-pos gestuur het waarin hy die onrus as ʼn kriminele aktiwiteit bestempel het.

Maimane wou by Ramaphosa weet of hy bereid is om te bedank indien die Farlam-kommissie sou bevind hy het verkeerd opgetree. Ramaphosa het gesê dit sal op minagting neerkom om nou kommentaar te lewer oor die moontlike uitkoms van die kommissie.

DA-LP’s het Ramaphosa gedruk vir ʼn antwoord voor Mbete weer ingegryp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jjobson ·

Malema en sy hoofsweep is lokasie nille,hulle het geen respek vir die huis van die ANC hooggeplaasdes. Jaloerse Malema moet in sy bek geruk word-sulke BARBARE hoort nie in die parlement nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.