Ramaphosa was besig om vrae te antwoord rakende die dood van 34 mynwerkers in Marikana in 2012. “Hoekom aanvaar die adjunkpresident nie verantwoordelikheid vir die dood van die 34 mynwerkers nie? Jy het hulle doodgemaak omdat jy gedryf word deur wins,” het Malema gesê.
“Jy is die een wat e-posse gestuur het en die moord op 34 mense aangehits het. Daar is bloed op jou hande…die bloed van die mense wat by Marikana dood is.”
Baleka Mbete, speaker van die parlement, het geëis dat Malema sy uitlatings moet terugtrek. Malema het geweier en Mbete het hom gevra om die nasionale vergadering te verlaat. Shivambu is ook kort hierna gevra om die nasionale vergadering te verlaat nadat hy Malema se sentimente herhaal het.
Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het intussen probeer om Rampahosa te kry om te erken dat ʼn e-pos wat hy destyds tydens die onrus by Marikana gestuur het, sake vererger het. Daar is vroeër by die Farlam-kommissie getuig dat Ramaphosa ʼn e-pos gestuur het waarin hy die onrus as ʼn kriminele aktiwiteit bestempel het.
Maimane wou by Ramaphosa weet of hy bereid is om te bedank indien die Farlam-kommissie sou bevind hy het verkeerd opgetree. Ramaphosa het gesê dit sal op minagting neerkom om nou kommentaar te lewer oor die moontlike uitkoms van die kommissie.
DA-LP’s het Ramaphosa gedruk vir ʼn antwoord voor Mbete weer ingegryp het.
Malema en sy hoofsweep is lokasie nille,hulle het geen respek vir die huis van die ANC hooggeplaasdes. Jaloerse Malema moet in sy bek geruk word-sulke BARBARE hoort nie in die parlement nie.
Any reason why maroela did not published my second comment.