Malema-uitlatings veroordeel, stappe volg

Julius Malema Maandag in die hof.

Julius Malema Maandag in die hof.

“Malema se uitlatings: ‘We are not calling for the slaughtering of whites, at least not for now’ is haatspraak en daarmee sê Malema dat daar ʼn tyd kan kom dat hy swart mense wel sal vra om wittes uit te moor.”

Dit is die mening van die VF Plus wat saam met AfriForum en die DA uitgevaar het teen die uitsprake wat Julius Malema, leier van die EFF, Maandag buite die Newcastle-landdroshof gemaak het.

Malema het sy ondersteuners buite die hof toegespreek waar hy vroeër die dag verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset. Volgens Malema is dié wette wat hy na bewering oortree het, “apartheidswette” wat deur die apartheidsregime geskep is en dat hy dit in die hooggeregshof sal beveg.

Malema het onder meer aan ondersteuners gesê wittes is geensins daarop geregtig om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swart mense van hul grond ontneem het en dat hy wit mense se vrede wil versteur. Hy het voorts gesê dat alle grond in Suid-Afrika aan swart mense behoort en dat dié grond sonder vergoeding van wit mense afgevat moet word.

Dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus, het in reaksie hierop gesê Malema is besig om rassehaat aan te blaas.

“Deur mense aan te moedig om onwettig grond te beset maak Malema homself net so skuldig as diegene wat onwettig optree en die wette van die land verbreek,” het Groenewald gesê.

Hy het gesê die VF Plus sal om hierdie rede ʼn klag by die parlement se etiek-komitee teen Malema indien oor die feit dat hy die ampseed wat hy by die parlement afgelê het, verbreek.

“Sy uitlatings is rassehaat en skep die potensiaal van ʼn burgeroorlog in Suid-Afrika. Malema en die EFF moet kennis neem dat wit grondeienaars nie net gedweë sal sit en toekyk hoe hul grond beset en afgeneem word nie. Op die einde sal Malema die volle verantwoordelikheid moet neem vir die konflik wat hy besig is om te stook oor grond in Suid-Afrika. Wit grondeienaars het gewerk vir hul eiendom en het dit regmatig bekom en is daarom geregtig op hul eiendom.”

AfriForum het Dinsdag gesê dié burgerregte-organisasie het sy regspan opdrag gegee om verskillende opsies te ondersoek om te reageer op Malema se uitlatings.

“Dit is duidelik dat Malema ’n populistiese agenda dryf en dat hy hom nie steur aan die werklikhede in Suid-Afrika en die volhoubaarheid van sy voorgestelde oplossings nie. Malema se eie politieke loopbaan is sy enigste prioriteit,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Die DA het Malema se “ongrondwetlike” uitlatings streng veroordeel.

Volgens Phumzile van Damme, die party se nasionale woordvoerder, het gewelddadige en dreigende uitlatings nie ʼn plek in die land se grondwetlike demokrasie nie. “Die Grondwet is gegrond op die demokratiese beginsels van ‘menswaardigheid, gelykheid en vryheid’ en die feit dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin lewe,” het sy gesê.

“Die DA strewe na ʼn nie-rassige, nie-seksistiese Suid-Afrika, vol geleenthede en hoop vir al ons mense. Haat en geweld doen net afbreuk aan hierdie visie en vernietig Nelson Mandela se droom wat hy in 1994 vir ons pragtige land gehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

m ·

Hoogtyd dat hy aangekla word vir hierdie haatspraak. Hy moet leer hy kan nie se wat hy wil en altyd wegkom daarmee nie…

Rika Swart ·

Ek vra julle om asb op te hou om haatuisprake uit julle koerante te hou Julius Maleme hits moord op ons mense aan en praat van ons op n manier wat haatspraak aanhits Mense as wit en swart wapens gaan opneem gaan hier lelike dinge in ons Land gebeur

vierkleur ·

Rika,
dis al manier hoe ons blanke volk weer vry sal wees

Beesneus ·

Ek stem saam met jou Vierkleur , oorlog is nou onvermydelik.
Dit is nou net n kwessie van tyd.

Corrie steyn ·

Komn by Rika die lelike dinge het al lankal gebeur, blykbaar lees jy nie koerante of kyk nuus nie,ons witmense word uit gemoor en niks word daaraan gedoen,ek kan jou waarborg dat die Malema vent n groot bydrae het met van die moorde

Penellope Jones ·

Die probleem is, hy kan vervolg word tot waar ookal, en hy kan “”dalk”” ‘verskoning’ aanbied, MAAR, die boodskap is uit.

moira ·

Dis so waar. Hy het die woord gespreek. Sy volgelinge doen die werk.

Jaco ·

Hier gaan ook niks van kom nie, die VF vat almal hof toe maar dis ook waar dit stop. Wit mense gaan of sal uitgemoor word en geen haan sal daarna kraai nie.

Esmay ·

Ja ons gaan en moet maar net gelate aanvaar dat ons boerevolk uitgemoor word. Daar is mos geen aardse leier onder ons na wie ons kan opkyk nie. Ons kan mos nie saamstaan nie elkeen is vir homself Waar gaan als eindig, kan maar net dink…..!!!!!!

Wonder ·

wat soek hy nog in die parlament, hy moes al lankal toegesluit geword het vir sy aanmerkings, maar nee….laat hy nog komentaar lewer hy se mos wat hy wil, maar o jinne moenie dat n wit persoon dit se nie dan is dit hofsake. Ons het netso veel reg in Suid Afrika as enige ander, ons is ook hier gebore, WIE gee hom die reg om dit van ons te wil ontneem, hoe lank gaan hulle hom nog los om rasse kwaad te versprei…..erens sal iemand in die regering moet begin om hulle oe en ore oop te maak

charmaine ·

Maar dit gebeur alreeds, soos die onskuldige mense langs die Vaalrivier, die ouemense verlede week in Roodepoort dis maar wat ek kan onthou. En daar word niks aangedoen nie want die wat dit kan keer is ook tog maar bly iemand doen die “vuilwerk”.

Helene ·

Jul moor al reeds maar ons God slaap nie. Jou woorde het Hy al gehoor toe jy dit gedink het. Iemand gaan jou ook uithaal? As jy weet wat ek bedoel.

zoom zoom ·

As dit n wit leier was van n party eas jy nou al met sy gat in die tjoekie

lettie ·

Malema ken nie sy geskiedenis nie – kan iemand na ure vir hom klas gee asseblief. Hy is nie geregtig op grond nie en duidelik ken hy nie van ruilhandel van destyds nie. Behalwe dat hy tronkstraf moet kry moet hy n hengse boete kry wat aan geweldsmisdaad slagoffers (aangesien moord aangehits word) betaal.

Antie ·

Malema, doen ons almal ‘n guns en verdwyn van die aardbol af, jy en jou volgelinge!!!

LB S ·

Dalk gebeur dit gouer as wat ons dink. Het jy gesien hoe maer het die outjie geraak?

louis ·

En waar is die sogenaamde n M R K nou? Sorry ek het vergeet, dit geld mos ney vir party persone

Vra net ·

Waarom moet die wit vrou (Penny)R100 000 betaal oor sy gesê het “hulle is soos ape” en Malema kom weg met wat hy kwyt raak?

Shirley ·

Dit gaan my verstand ten bowe hoekom ons regering (ANC) nog nie ‘n woord daaroor gerep het nie. Hulle kan kerm oor dit en dat maar wanneer hulle hul stemme moet dik maak…

Andries Visagie ·

Die man is besig om groot moeilikheid te maak – as dit nou iemand soos Steve Hofmeyer was wat sulke goed gese het, dan was daar meer oproering gewees –
Dis Julius wat rasisme terug bring in ons land deur sulke “haatsprake” te lewer.
hulle het alle bewyse teen hom oor hierdie haatsparake, maar weereens word daar niks aan hom gedoen nie – en as die Wit mense op staan vir hulle regte word hulle dood eenvouding vermoor. so my vraagis,: WAT STAAN ONS TE DOEN???

Esmay ·

Andries ek vra nou al hoe lank die selfde vraag . Moet ons wag tot ieder en elk van ons vermoor word!!! Wat moet ons maak. Is daar dan nie een enkele boere leier meer oor nie. Of moet ons maar ondergronds ons dinge beplan….!!!

Rynhardt ·

MRK is tandloos en sal nie met mening optree teen Malema nie! MRK tree net op teen blankes vir haatspraak! DA , julle streef na n nierassige SA? Werklik? Jul ondersteun regstellende aksie en grondonteiening soos vervat in Vryheidsmanifes.Ek het jul vir jare hieroor aangetree in media! DA jul stel net belang in politieke punte en voel vere vir die Afrikaner/Boervolk! DA, ek gaan jul weer herrinner wat jul Maimane op 11Mei 2015 gese het aan media:”We the DA use the Freedom Charter as basis for our party”.Afrikaner/Boervolk julle moet self na jul kyk! Word vinnig n hegte volk!!

Anoniem ·

Ja Helene, ek glo ook vas aan jou woorde dat God nie slaap nie. Een of ander tyd gaan die wiel vir Malema en Kie draai. Wie ‘n gat vir iemand anders grawe gaan self daarin val

CAROL ·

HOCUS POCUS / SIMSALABIM-ABRACADABRA
WEG IS MALEMA (HAHAHAHA). AI AS DIT MAAR NET SO MAKLIK WAS NEH

Jacobus ·

Bolander jy vra verniet mense se oogklappe is nog bot toe. Eers as anargie los spring sal mense dan wil luister.

Anoniem ·

Kan ons asseblief sien dat daar daadwerklik iets gaan uitkom hieruit asseblief VF Plus en Afriforum! gewoontlik word hulle net versoek om omverskoning te vra en almal aanvaar dit net en so kom hulle net weg daarmee en doen dit weer, hierdie is al die hoeveelste keur wat Malema so iets uiter en km net heeltyd weg daarmee, hierdie uitlating is nie net haatspraak nie maar rassisties ook en tien maal erger as die uitlating van Penny Sparrow! Die man moet geskors word van parlament en sommer ook sy hele party, krimineel vervolg word en tronkstraf kry, niks minder sal aanvaarbaar wees nie!

Ww ·

Die Malema skuld die ontvanger baie miljoene hoor niks daarvan

Johan ·

Die uitwissing van blankes het lank reeds begin, en gebeur elke dag. Sedert 1994, is derduisende reeds vermoor en dit gaan elke dag ongestoord voort. Trouens dis al sedert 1652 aan die gang. Hier’s ‘n lae intensiteit oorlog/etniese suiwering goed onderweg, waarin een groep roof, moor en verkrag terwyl die ander maar te bly is hul beurt kom eers vanaand, môre, volgende week of bietjie later.

Anoniem ·

Booskap is uit…….Nie goed vir ons. Niemand kan hul nou stop nie. Haat is so aangewakker dat hul nie eers twee keer sal dink om ons dood te maak nie….Dit gaan alreeds so sleg……Daar is nie n manier hoe die in die kiem gesmoor kan word nie…al gebeur wat!!!!!!!!

Gatvol ·

Maroelamedia !!!!! plaas asb my kommentaar. Ek maak GEEN rassistiese uitlatings of blaas haatspraak aan nie. Hopelik verskyn my kommentaar oor die De Aar chaos nog …… ! Malema moet net weet hy het nou met WITTES van SA te doen !! Soos Pieter Mulder sê, dit wat die WITTES het, het hulle voor gewerk ….. Ek glo nie die grond wat die uwe sê hulle s’n is gaan sommer op ‘n skinkbord vir die uwe en sy span gegee word nie ……. Hou aan Malema die toekoms is NIE in jou hande NIE !!

Heleen ·

Dis tyd dat ons volk terugkeer na God en saamstaan soos met bloedrivier…met Hom aan ons sy sal ons hulle weereens verslaan

John ·

Dis juis wat die Afrikaner bereik het wat so aanloklik is en woede en jaloesie ontketen. As Zuma die wet op onteiening teken, en hy gaan, sal ons beste advokate se beste redenasies niks beteken nie. Al wat Zuma keer is die gierigheidsfaktor, want sien almal gaan storm en hy en sy vriende wil eerste die beste kies. Zim se Mogabe ken die storie…

Elize O'Callaghan ·

Hoekom wag dat iemand die leiding neem? Staan ‘n slag soos een volk saam dan sal daar daadwerklik iets van kom.

Valie ·

Wonder wat is Van Wyk/N24/Landbou weekblad se kommentaar hieroor. seker die beweerde ‘white trash’ se fout dat die seuntjie sulke uitsprake maak??? Ons behoort elkeen verskeie afskrifte van die haatspraakwet by ons te hou om te gebruik wanneer hierdie tipe uitsprake gemaak word, gebruik hulle eie wet teen hulle en gooi die regstelsel toe met klagtes.

NieMeer ·

Het julle ook julle intekening vir landbou weekblad gestop?

Nie bang nie ·

Malema is soos ‘n klein maltese poedel wat die hele tyd blaf en sensasie soek. Hy probeer om vrees onder die wit gemeenskap te bewerkstellig, hy is maar net soos die res, as jy hom een teen die oor gaan gee, gaan hy die vinnigste weg hardloop. Ek sal nie in vrees in die land lewe nie, veral nie as gevolg van uitlatings deur ‘n onopgevoede persoon met niks tussen die ore nie.

WAB ·

malema skerm (en beskerm) vir zuma. Hoekom elke keer as zuma in groot knyp is, dan kom malema met hierdie erg rassistiese stellings na vore (in die openbaar)? Dit is bloot om die fokus van zuma en sy trawante af te haal.
Daar gaan weereens niks met malema gebeur nie, en dit is wat die pot nog gaan laat oorkook!

Gerda Rusteberg ·

Kan nie dink wat is fout met “Boerevolk” nie. Ek is trots om onder die boerevolk te tel. Die problem is witmense kan net nie saamstaan nie.

Brian Little ·

Maar hy lieg mos! Daar is nie sprake van “not yet anyway” nie – Die SA Rural Security FB Bladsy https://www.facebook.com/WillshirRiskSA/?hc_ref=PAGES_TIMELINE&fref=nf
wys daaglikse plaas aanvalle, met weeklikse moorde van wit plaas eienaars en familieleded deur swart rowers. Die gaan al vir jare aan end word net meer. Daar is min tot niks in die media daaroor nie. Die word net meer ’emboldended’ deur sy uitsprake want hy gee hulle die geregtelikheid om dit te doen. Daar is n direkte verwantskap. Die VF+ en DA moet maar baie meer doen as veroordeel. die moet hof toe en aanklagte by die SAHRC, onder andere

Johanné ·

Gee die ou mannetjie sy karretjies dat hy in die straat kan gaan speel. Shame, hy speel nog cowboy en crooks. Nog laaaaank voor hy gaan groot word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.