Malema vaar uit buite landdroshof

Julius Malema spreek sy ondersteuners buite die Randburgse landdroshof toe. (Foto: EFF/Twitter)

Die verhoor van die leier van die EFF, Julius Malema, en die party se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, is Dinsdag weer in die landdroshof in Randburg uitgestel.

Malema en Ndlozi word van die aanranding van ʼn polisiekolonel beskuldig. Die twee het glo in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela die offisier aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang. Die polisielid het daarna ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak, maar die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie totdat die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het.

In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem. Die NVG het ná volgehoue druk besluit om die twee wél te vervolg.

Die saak is Dinsdag uitgestel nadat verskeie mediaorganisasies gevra het om die verhoor regstreeks uit te saai. Die verhoor sal nou na verwagting op 28 Oktober begin.

Talle EFF-ondersteuners het na die hof opgeruk om Malema te ondersteun. (Foto: Alet Rademeyer)

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het gesê die organisasie wil toesien dat geregtigheid geskied en was van mening dat die saak wel vandag kon voortgaan.

“Deursigtigheid is egter vir ons belangrik en daarom ondersteun ons die feit dat die media vandag hier was en aansoeke gebring het om verslag oor toekomstige verrigtinge te doen. AfriForum en sy private vervolgingseenheid sal steeds voortgaan om die saak in belang van geregtigheid te moniteer,” het Roets gesê.

Talle EFF-ondersteuners het buite die hof saamgedrom waar Malema hulle na afloop van die hofverrigtinge toegespreek het.

Hy het onder meer aan die skare gesê wanneer polisielede hulle in ʼn situasie soos dié by die begrafnis bevind, moet hulle deur die gees van ubuntu gelei word. Malema het gesê by ʼn begrafnis is mense dikwels oorstuur, maar omdat daar nie ʼn vertaling vir ubuntu is nie, word dit nie verstaan nie.

Hy het ook uitgevaar en talle van die land se probleme op wit mans gepak. Volgens Malema het wit mans geweld in 1652 op ʼn skip na Suid-Afrika gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariana

Hoor hom, hits mense aan tot geweld en haat. Hy is absoluut obsessief oor witmense. Wie weet hy wil dalk self een wees.

Sakkie

Hys bang dis hoekom.Mens worry net oor goed waarvoor jy bang is

Natasha

Dalk moet Malema in die spieel gaan kyk dan kan hy die oorsaak van die land se probleme sien. Hy probeer sy aksies regverdig deur wit mense die skuld te gee. Jammer boeta, jy maak self jou keuses en jy moet met die gevolge van dit saamleef. Dis net jammer dat jy nog op vreie voet is en nie soos Mnr Pienaar agter tralies moet wag tot jou volgende verhoor datum nie. Malema ondermyn openbare vrede en sekuriteit blatant, meng in met getuies en hits geweld aan waar die hele land as getuies kan dien en kom weg met moord!… Lees meer »

Jacobus

Die opskrif en selfregverdiging som ons land op. Kamtige verstaan nie ubuntu nie – kruip weg om kriminaliteit en boefagtigheid ten toon te stel.

Saartjievandiebosveld

O, aanhitsing tot geweld…hoekom word hy nie inhegtenis geneem nie…..nee hy is “untouchable”