Malema vaar uit buite landdroshof

Julius Malema spreek sy ondersteuners buite die Randburgse landdroshof toe. (Foto: EFF/Twitter)

Die verhoor van die leier van die EFF, Julius Malema, en die party se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, is Dinsdag weer in die landdroshof in Randburg uitgestel.

Malema en Ndlozi word van die aanranding van ʼn polisiekolonel beskuldig. Die twee het glo in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela die offisier aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang. Die polisielid het daarna ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak, maar die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie totdat die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het.

In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem. Die NVG het ná volgehoue druk besluit om die twee wél te vervolg.

Die saak is Dinsdag uitgestel nadat verskeie mediaorganisasies gevra het om die verhoor regstreeks uit te saai. Die verhoor sal nou na verwagting op 28 Oktober begin.

Talle EFF-ondersteuners het na die hof opgeruk om Malema te ondersteun. (Foto: Alet Rademeyer)

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het gesê die organisasie wil toesien dat geregtigheid geskied en was van mening dat die saak wel vandag kon voortgaan.

“Deursigtigheid is egter vir ons belangrik en daarom ondersteun ons die feit dat die media vandag hier was en aansoeke gebring het om verslag oor toekomstige verrigtinge te doen. AfriForum en sy private vervolgingseenheid sal steeds voortgaan om die saak in belang van geregtigheid te moniteer,” het Roets gesê.

Talle EFF-ondersteuners het buite die hof saamgedrom waar Malema hulle na afloop van die hofverrigtinge toegespreek het.

Hy het onder meer aan die skare gesê wanneer polisielede hulle in ʼn situasie soos dié by die begrafnis bevind, moet hulle deur die gees van ubuntu gelei word. Malema het gesê by ʼn begrafnis is mense dikwels oorstuur, maar omdat daar nie ʼn vertaling vir ubuntu is nie, word dit nie verstaan nie.

Hy het ook uitgevaar en talle van die land se probleme op wit mans gepak. Volgens Malema het wit mans geweld in 1652 op ʼn skip na Suid-Afrika gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Mariana ·

Hoor hom, hits mense aan tot geweld en haat. Hy is absoluut obsessief oor witmense. Wie weet hy wil dalk self een wees.

Fedup ·

Maybe. It’s his white handlers that make him act like a clown.
Cannot stand whites, but his white handlers money is good enough for a lavish life style.

Alta Alleman ·

Hy vergeet dat in 1652 baie geld die land ingekom het wat hom so n gemaklike lewe gee anders was hy nou in vellies met n boog.

Sakkie ·

Hys bang dis hoekom.Mens worry net oor goed waarvoor jy bang is

Natasha ·

Dalk moet Malema in die spieel gaan kyk dan kan hy die oorsaak van die land se probleme sien. Hy probeer sy aksies regverdig deur wit mense die skuld te gee. Jammer boeta, jy maak self jou keuses en jy moet met die gevolge van dit saamleef. Dis net jammer dat jy nog op vreie voet is en nie soos Mnr Pienaar agter tralies moet wag tot jou volgende verhoor datum nie. Malema ondermyn openbare vrede en sekuriteit blatant, meng in met getuies en hits geweld aan waar die hele land as getuies kan dien en kom weg met moord! Waar trek mens die streep? GENOEG IS GENOEG!!!

Jacobus ·

Die opskrif en selfregverdiging som ons land op. Kamtige verstaan nie ubuntu nie – kruip weg om kriminaliteit en boefagtigheid ten toon te stel.

Saartjievandiebosveld ·

O, aanhitsing tot geweld…hoekom word hy nie inhegtenis geneem nie…..nee hy is “untouchable”

Nic ·

saartjie lyk my anc bang vir hom .beledig wit mans maar kom niks oor nie was dit ek was ek nou agter tralies

msp ·

Kan maar net vra hoekom is die ou nog vry nadat hy soveel geld betaal het om vredeliewende boere te laat vermoor nadat hy gevangenisse betaal het om blankesboete te vermoor.

Snowball ·

Hoe verder hy van die witman se beskawingspeil drentel hoe meer haat hy wittes.

Althes ·

Volgens my is dit aanhitsing van geweld deur wit mans sondebokke te maak van geweld. In die meeste gevalle word wit mans ernstig aangerand en doodgemaak in aanvalle op plase en huisrowe

Byekonfyt ·

As dit kan uitdeel dan moet hy dit mos kan vat ook. Grootmond opsweper rassis.

Hoekom ·

Daar het 3 skepe hier aangekom in 1652. Met 83 mans en 8 vroue. As daar rerig so baie van hulle hier in SA was, dan was daar nie veel van daardie groepie oor nie, kan ook nie dink dat daardie groepie enige geweld kon afdwing nie, hulle was VOC en al waarin hulle belang gestel het was “trade”. Ek verstaan dat sy skaarse intelligensie en swak begryping van geskiedenis ‘n probleem is vir hom maar moet dit nie ons probleem maak nie…

Paulvj ·

Julius Malema, jy het met alles wat wit is n probleem, waarom? Jou naam, is dit nie ook van die witman afkomstig nie? Jy het n probleem met jouself en ek kan dit verstaan, want sien, jy is onnosel verby. Ek ken n onderwyser wat vir jou skool gegee het, maar asgevolg van jou onnoselheid moes jy na 3 jaar in dieselfde graad deurgesit word na die volgende een. Nou kom jy en dink jy kan maak met die Boervolk soos jy wil, jy gaan pakslae kry met jou domastrantheid.

Johannes ·

‘n Polisielid word aangerand, maak ‘n saak en dan sloer sy sy eie werkgewer om die saak te ondersoek om sodoende sy eie lid te beskerm.

Duidelik is dit omdat die lid blank is.

Byekonfyt ·

Praat jy! Albany het hoeka ‘n “superior white bread” – wonder of hy dit al gesien het.

msp ·

Hoekom is hy nog vry na al sy misdade. My kinders keer my om nie na Senikal te gaan. As ek my motorsleutels gekry het sal hulle weet ek is oppad.

Alta ·

Ek gaan nie uitspreek wat ek vir malema wil se nie want glo my dis die vieslikste vuilste woorde wat bestaan. Ek het wel n blik wit pva verf wat ek aan hom kan skenk, gratis. N whitewash sal hom dalk beter laat voel oor homself.

Wielspore ·

Mens moet met wysheid praat, praat met geloof (praat asof jy weet dit gaan waar word), moet nie roekeloos praat, jy gaan jou eie ondergang bewerkstellig. Na my mening is Malema of te wel die EEF net ‘n betaalde verlenging van die ANC. Hierdie groep het geen toekomstige doelwitte en bestaan net deur betaling deur die ANC om moeilikheid in SA te maak en vrees te skep. Vrees is die enigste manier om mense aan jou kant te kry. Geskiedenis het bewys dat sulke mense nie volhoudbaar is en die bestaan is van korte duur.
Wysheid skep ‘n volhoudbare toekoms en geskiedenis het bewys dat wysheid en sukses hand aan hand loop. Afrikaanse mense is wys, die geskiedenis gaan hom herhaal vir ‘n beter toekoms.

twaalfboor ·

Juliaaaas…. Speuke 14:7 vir jou: Alles is ’n hindernis vir ’n dwase man, maar die lippe van die wyse man is soos ’n wapen.

Brakpan ·

Dit sal interessant wees om n skrywe aan Moegeng Moegeng te rig en hom te vra oor hoekom die regstelsel so verskil tussen swart en wit. Hoekom word Malema en al sy “grondmagte”so oorgesien met alles??! Hy kan dit nie bevraagteken nie want die feite is op die tafel. Eintlik is dit om van te braak!!

Morne ·

Een wit boer maak sy bêk oop en hy word toe gesluit sonder borgtog. Maar Julias kan maar Praat en praat en geweld aanhits en NIKS gebeur met hom nie. Waar is Celle nou !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hennie J ·

Ek ruik nog steeds iets……………………….. muishond?

Androclus ·

Hy moet Drakensberg toe gaan,meer bek as binnegoed,wat weet hy van 1652 af.

Genis ·

Raak asb ontslae vanm jou wit sekuriteit, sit jou kind in n swart skool, o ja jou vrou, laat sy ontslae raak van haar reuit britse hare… Jy is n kriek, maak groot geraas, maar as mens jou soek is jy weg…

Dries ·

As Bekkie enigsins bedoel het wat hy gister aan die verpletterde Horner familie gese het, sal hy onmiddelik hierdie publieke figuur in hegtenis laat neem op klagtes van aanhitsing tot geweld en rassehaat.

Jakes ·

Waar het die agbare Malema skool gegaan? My kleinkind van 3 jaar kan beter redeneer.

Spook ·

As ek so na die grootbek klein windlawaai rakker se leefstyl, klere en rygoed kyk, is hy baie witter as meeste van die wit bevolking van die land.
Maar aan die anderkant, enige man wat ‘n pers pak dra soos Barney die dinosaurus, het seker nie baie goeie smaak nie :-)

Inkpot ·

Ag dis tyd dat Malema beter belese raak en die ware geskiedenis van Suid-Afrika leer.

Delalune ·

Wanneer Gaan 4 dinge met Julius Malema gebeur…die regering Hom in die bek Ruk, die Howe ophou bang wees vir hom en ophou sy sake uitstel en sodoende ons geld more en derdens die aanhangers sien waste lafaard en bedrieer Hy eintlik is…Hy vedrieg hulle, leef in weelde terwyl hulle doodgaan van die honger en omring rond beweeg met n magdom ‘bodyguards’ waarvoor hulle ledegeld betaal…en dan die media ophou om Hom dekking te gee…sy bek sal you stilraak as niemand aandag gee. Agh hel asseblief hys n damn clown

LiveAndLetLive ·

lol
Wit mans het in 1652 geweld hierheen gebring, liewe hemel dis soos n kind wat nie weet waarvan hy praat nie.
Dingaan het seker die geweld ingeasem of hoe – geweld is nie deel van blanke kultuur nie.

Thea ·

Niemand in ons land het so groot obsessie met wit mense soos hierdie rooikappietjie nie. Niemand nie. Hy mag aanhits en geweld aanblaas en loop vry rond.

Dirk Mostert ·

Iemand wat na bewering ‘n G vir geskiedenis in matriek gekry het, behoort nie na 1652 te verwys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.