Malema vaar uit teen ANC, rassisme en gesondheidsektor

Julius Malema. Argieffoto: @EFFSouthAfrica/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie uitgevaar teen rassisme, die openbare gesondheidsektor en die ANC.

Volgens hom sal die EFF vanjaar rassisme takel. Hy het ook ʼn beroep gedoen op “ons mense” om alle rassisme aan die EFF te rapporteer. “Alle maatskappye wat wit mense meer betaal as swart mense vir dieselfde hoeveelheid werk, kwalifikasies en ondervinding sal gekonfronteer word om te transformeer. Maatskappye moet ook swart mense bemagtig in terme van eienaarskap en beheer.”

Volgens Malema is die EFF die enigste stabiele en waarlik verenigde organisasie in Suid-Afrika. “Ons is trots op ons vyfde bestaansjaar en ons onweerlegbare eenheid en voortreflikheid as organisasie.”

Hy het verder uitgevaar teen die Guptas. Volgens hom moet alle staatsinstellings teruggeneem word van die “Gupta-misdaadsindikaat”. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die nuwe Eskom-raad. “Hoewel ons nie Jabu Mabuza se bekwaamheid as voorsitter van die raad bevraagteken nie, is sy nabyheid aan die Rupert-gesin kommerwekkend.”

Malema het gesê Suid-Afrika se openbare gesondheidsektor is in ʼn krisis gedompel. “Ons mense gaan nie hospitaal toe om lewe, behandeling en herstel te ontvang nie, maar om verneder, veroordeel en na ʼn vroeë dood gedryf te word. Hul het nie basiese fasiliteite nie, die geboue sak inmekaar, die masjiene is gebreek en daar is nie kundige praktisyns nie. Die ou mense in ons land wil nie meer na hospitale toe gaan nie as gevolg van die mishandeling wat hul daar teëkom. MIV- en vigspasiënte word openlik in rye geroep vir medikasie, dit verneder hulle en dra by tot die stigma rondom die siekte.”

Volgens Malema is slegs 2% van die land se grond in swart besit. “Ons wekroep dat grond sonder vergoeding onteien moet word, moet in 2018 prakties uitgevoer word,” het Malema gesê. Hy het bygevoeg die EFF sal later vandeesmaand vir die tweede keer ʼn mosie vir grondonteiening sonder vergoeding ter tafel lê.

Hy het ook benadruk dat die mosie van wantroue in Zuma voor die staatsrede aangehoor moet word. “Ons wil nie ʼn misdadiger hê wat die staatsrede lewer nie.” Hy het bygevoeg dat hul regstappe wil doen om Zuma te verbied om die staatsrede te lewer. “Ons sal vir die hof sê sy party wil hom nie hê nie so hoekom moet hy praat? Ons kan nie R4 miljoen op ʼn staatsrede mors waarna niemand gaan luister nie. Wie sal na Zuma luister?”

Hy het ook weer sy party se ondersteuning uitgespreek vir die mense van Swaziland, die westelike Sahara en Palestina omdat hulle nie die reg tot selfbeskikking het nie. “Ons neem ook kennis van die ineenstorting van Libië en die oplewing van slawerny van Afrikane deur Arabiese en Europese slawehandelaars. Ons onderneem om voorbrand te maak sodat die Afrika-Unie en sy lidstate oorlog verklaar teen die slawehandel in Libië,” het Malema gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Linda Gouws ·

Wonder net of die teenoorgestelde ook van toepassing is?

Bokka ·

Ag malema dink jy nou regtig die boere skrik vir jou en jou menigte.

Andre ·

“SA sal NOOIT ‘n Zim word nie!” – Liberaliste se mening in die 1990’s …

Vermeende ·

Hel ek like vir Malema, die knaap werk harder vir die blanke se saak as enige blanke of organisasie.
Hy wys man alleen vir die wereld hoe daar teen blankes gediskrimineer word.

Hanna ·

“Julle mense” het n uitstekende, werkende gesondheidsorg stelsel in 1994 geerf. Maar dis seker die “wittes” wat als tot niet laat gaan het… Kry maar eers die balk uit jou eie oog! En gaan kry sommer vir jou werk ook, want twakpraat is nie een nie.

Ampie ·

Haai Julius…Vir wie laat weet ons van alle maatskappy wat swart mense meer betaal as wit mense vir dieselfde of minder werk?

John ·

Boek maak mens nie slimmer nie, dit maak jou net meer jy. Malema is ‘n lewende voortbeeld daarvan. Kyk maar net hoe dit sal gaan as hy ‘n doktorsgraad kry. Afrika bestuur nou al so te se alles in die land en nou moet die laaste klont grond ook in hul hande beland. As hulle nie eens met ‘n vol kas staatsgeld iets positief kan uitrig nie, wat gaan hulle met ‘n lee lap grond doen?

Gareth ·

Gaan maar moeilik wees om homself vir rassisme te rapporteer. Hulle wat die hardste geraas maak oor rassisme is gewoonlike maar die skuldigste.

Wonder ·

Nou wonder ek weer! Daar is ‘n paar duisend hektaar in staatsbesit, wat hy kan kry, by gesê as hy en sy mense wil boer. Dan is daar plase gegee om op te boer, wat geheel en al verwaarloos en’n mislukking is. Dit sit nie in almal se broek om ‘n sukses te maak van ‘n boerdery nie. Daar is baie mooi en goeie plase in die besit van welgestelde swart mense en word genoem, die naweek plase. Nou wonder ek hoekom noem hy dit nie? Nou wonder ek weer, hoekom suksesvolle swart boere ‘n teiken word van hul eie mense? Jaloesie? Nou wonder ek of hy weet waarvan hy praat.

Ruby ·

Malema, hoekom praat jy altyd van maatskappye wat moet gee, komaan seker verdien jou mense beter, laat hulle hulle eie maatskappye stig en ALMAL kan dan groot salarisse kry.

O wag, julle kan nie.

Elsa ·

Hierdie malema weet wat is waarheid, hy probeer en eintlik veg hy teen wind. hy gaan hom vasloop teen God se Vuis, hy gaan instaan vir al die oproer en opstokery, sinnelose rigting malema, jy gaan nerens kom nie en jy saai saad wat by jou gaan opkom, boemerang…word WAKKER

Pippy ·

Wonder of het hy nie eerstehandse kennis oor die uitroepery in die rye vir “medisyne” nie…

Ag asb tog ·

Nou hoekom is jy ten gunste van ANDER se selfbeskikking maar probeer verhoed dat die AFRIKANER in SA selfbeskikking het? Jy moet maar versigtig wees vir jou uitsprake oor LIbie, daardie manne vat nie nonsens van kabouters soos jy nie, dis net in SA wat hulle ‘bang’ is vir jou omdat jy untouchable is en deur sekere mense beskerm word, PASOP maar as jy dink jy gaan die wereld daarbuite aanvat. WAT het jy anyhow te doen met ander mense se besighede en salarisse? TRANSFORMEER? Die hele staatsdiens is al getransformeer, WAT van maatskappye wat SWARTES meer as WITTES betaal vir dieselfde werk/kwalifikasies/posisie, kom vertel ons BRAVO wat gaan jy daaran doen?

Casper Labuschagne ·

“Wittes wat meer betaal word vir dieselfde werk?” My ondervinding in die IT bedryf verskil lynreg hiervan. Ek kom al vir dekades persone tee wat totaal onbevoeg is vir hul poste maar wat aansienlike bedrae betaal word omdat maatskappye desperaat is om daardie poste ten alle koste volgens rassekwotas te vul.

Petra ·

Malema, kry jou mense onder jou wat al di werk namens jou doen jou salaris? Dink nie so nie.

Antjie ·

Erg delusioneel! Die slawehandel word vir eeue bedryf deur Moslem Afrikane en Arabiere. Ek dink daar mag as proporsies dalk meer blankes verhandel gewees het as swartes. Swart bevolkingsaanwas is net báie meer die laaste eeu as Europeërs. Dus is die kollektiewe swart victimhood baie groter. Plein domgeit dat blankes van “als” beskuldig moet word. Tipiese intimmideerder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.