Malema vaar uit teen Johann Rupert

Malema tydens die byeenkoms in Khayelitsha. Foto: @4everSiya/Twitter

Malema tydens die byeenkoms in Khayelitsha. Foto: @4everSiya/Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die sakemagnaat Johann Rupert daarvan beskuldig dat hy die ANC en die DA beheer, berig die Sunday Times.

Malema beweer ook dat Rupert die skuld moet kry vir sy belasting en politieke probleme. “Die ANC en die DA is een ding. Hulle stem saam oor alles. Die ANC is ʼn swart DA en die DA is ʼn wit ANC. Almal word deur Rupert en sy vriende beheer,” het Malema aan ondersteuners tydens ʼn byeenkoms in Khayelitsha in Kaapstad gesê. Malema het aan die skare gesê dat Rupert wou gehad het die ANC moes met hom afreken toe hy nog die jeugliga se leier was. Hy het ook gesê Rupert beheer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. “Rupert het gesê die ANC-jeugliga is soos ʼn irriterende muskiet in ʼn vertrek en dat dit Doom nodig het.” President Jacob Zuma het die ‘Doom’ geword. Die Sunday Times berig dat Rupert onbeheersd begin lag het toe hy om kommentaar genader is oor Malema se uitlatings. “Het hy regtig, regtig dit gesê?” het Rupert gevra. Hy het aan de koerant gesê hy befonds nie die ANC of die DA nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hulle vervaardig nou n blikkie doom wat jou die hele maand hou se net dan kry ons n paar want 1gaan nie almal wat EFF stem leed aan doen hahahahahaha grap van die jaar

Eben ·

Malema speel met die Leeu se hare ….. pasop malelama … jy gaan vinniger jou dik gat sien as way jy dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.