Malema van dieremishandeling aangekla

Die doel van die pakt sal wees om samewerking en ʼn eensgesinde doelwit te vorm tussen al die organisasies wat die ANC wil verslaan en die EFF wil uithou.(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn strafregtelike klag van dieremishandeling teen Julius Malema, leier van die EFF, aanhangig gemaak vir die wrede dood van ʼn bees wat in Julie as deel van die party se tiende verjaardagviering geslag is.

ʼn Video van die dier se uitgerekte slagting is op sosialemediaplatforms gedeel en het soos ʼn veldbrand versprei. Die beeldmateriaal wys hoe Malema probeer om ʼn bees te verlam deur die rugmurg van die dier te deurboor.

Die NDBV sê hy was uiters geskok oor die video van die wrede slagting en het talle klagtes daaroor van die publiek ontvang.

In die video kan gesien word hoe Malema twee klein messe gebruik en die dier meer as 11 keer steek waarna hy die mes meer as 60 keer in die bees – in daardie stadium nog ten volle by sy bewussyn – se skedel draai.

Jacques Peacock, ʼn woordvoerder van die NDBV, sê Malema het herhaaldelik pyn en onnodige lyding vir die dier veroorsaak en dit is duidelik dat die dier aansienlike ellende verduur het.

“Die Dierebeskermingswet 71 van 1962 (“die Wet”) is ʼn deurslaggewende stuk wetgewing wat daarop gemik is om alle diere teen onnodige pyn, lyding en wreedheid te beskerm.

“Dit is noodsaaklik dat alle individue, insluitend openbare figure en leiers van wie verwag word om ʼn voorbeeld te stel, hierdie wetgewing handhaaf en respekteer,” sê Peacock.

Ná ʼn deeglike ondersoek na die beweerde oortredings wat in die video gesien kan word, het die NDBV ʼn strafregtelike klag teen Malema aanhangig gemaak.

“Die NDBV sal nou saam met wetstoepassers en die Nasionale Vervolgingsgesag werk om ʼn omvattende ondersoek en vervolging in die saak te verseker,” sê Peacock.

“Dit is van kardinale belang dat diegene wat diere skade berokken aanspreeklik gehou word vir hul dade.

“Dieremishandeling sal nie in ons samelewing geduld word nie.”

(Skermgreep uit video)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Sobymykoolkop ·

En wat het van Tandi Modise se aanklag geword oor die diere wat op haar plaas buite Potch gevrek het? NIKS, absoluut NIKS. Moenie asem ophou oor Malema nie. Almal onaantasbaar volgens SAwette.

Leon ·

Die Direkteur van Nasionale vervolging gaan nie vervolg. Gerrie Nel en span gaan privaat vervolg. Dali Mpofu gaan verdedig en uitslag gaan dieselfde wees as saak teen Thandi Modise. Hou gerus die media dop

Michael ·

Niks gaan gebeur nie want hy gaan se dis tradisie, dit gaan nes sy volkslied kill the boer onder die mat ingevee word

Sanet ·

Sluit die man toe vir jaar!!! Hy maak net moeilikheid en die regering verdedig hom!!!!!

Althes ·

Wat het van die bedrog of korrupsie van sy One Point of On Point maatskappy van jare terug? Ons het nooit terugvoer gekry daarvan nie.

Impact ·

Daar gaan niks van kom soos die hantering v.d vuurwapen storie…..hy is mos die ANC se handperdjie

Cindy ·

Hoekom altyd hierdie display van wreedheid? Dit maak mens naar om te lees. Hoe put ‘n regdenkende mens genot daaruit om enige wese so te martel?

Delia ·

Simson het 2 jakkalse se sterte aan mekaar gebind, brandgesteek en in die veld ingejaag om dit af te brand.

Christo ·

As daar enige organisasie is wat donasies benodig om hierdie kalant in te hof te baklei, laat weet gerus. Dis tyd dat die ding agter tralies kom

hpven ·

Walglik is ligtelik gestel, ek is seker ons ken ander woorde vir die “crybaby” maar mag dit nie plaas nie.

Fran ·

Gaan kyk na die video op YouTube. Dit is absoluut skrikwekkend hoe wreed hierdie klomp wat hulleself mense noem kan wees. Weerlose dier kan niks doen nie.

Piet ·

Dit is die waarheid. En die sad gesiggie is te bang om sy/haar kommentaar te lewer oor hoekom hulle sad is.

Gert ·

In Spreuke 12:10 lees ons: “Die regverdige ken die natuur van sy dier,
maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed”

Gert ·

In Spreuke 12:10 lees ons: “Die regverdige ken die natuur van sy dier,
maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed”

TrueMan ·

Jare gelede, toe ek nog fabels geglo het, het ek gese. As die “wegraping” gebeur op n sondag oggend, gaan die kerke nog vol wees na die tyd.

TrueMan ·

Ek keur sy gedrag glad nie goed. Dit hoort nie by n beskawing nie. Maar wanneer laas het jy die OT gelees?

Marietjie ·

Het jy saam met hulle op ‘n plaas groot geword? Weet niks van genade gee of wat dit beteken nie. Sal selfs sy eie soort wreedaardig iets aandoen en selfs vermoor as hulle net bietjie benadeeld voel. Vra my…..het dit sien gebeur. So “genade” is nie iets wat hulle ken en wil gee aan mens of dier nie. Hoe wreder hy sy slagoffer mens of dier kan seermaak hoe trotser voel hy op homself en dink sy optrede is geregverdig.

Marietjie ·

Het nie nodig om jou te antwoord oor OT nie. Het jy by gestaan waar hulle wreedhede voor jou plaas vind? Hulle glo aan hulle voorvaders en die wreedhede wat vir hulle geleer word van kleins af. Ons kan die hele Groot Boek hier bespreek maar dit waaraan hulle glo regverdig nie die wrede behandeling en moorde soos daagliks deur hulle gedoen word nie.

Delia ·

Ongelukkig moet ek hier met jou saamstem. Dis maklik om gal te braak, maar n opinie…..nee.

Chantel ·

Dit is verskriklik. Ek word net naar om daaraan te dink en hoe daai arme dier gely het. Kom ons glo maar geregtigheid gaan geskied hier. Hy moet betaal vir sy wrede manier van dinge doen

Plaaskind ·

Hoekom is hierdie terroris en geweldadige “persoon” nog nie in die tronk nie, maar word nog in die samelewewing toe gelaat. SA sal beter plek wees sonder hom….

Boer ·

Nee, niks sal gebeur nie. Hy is een van die mees beskermde wild ooit.

Gideon ·

Hiervan gaan net vrot peanuts kom. Daai nar lag vir SA se regstelsel, want hy weet dat die HELE regering bang is vir hom.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.