Malema verbied om Guptas verder te dreig

Julius Malema. Foto: ANA

Julius Malema. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ʼn interdik toegestaan wat Julius Malema en sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters, verbied om die Gupta-familie en hul werknemers met geweld te dreig.

Regter Johan Louw het in sy kort uitspraak gesê hy sal in ʼn latere stadium die redes verskaf waarom hy die interdik vir die Gupta-familie toegestaan het.

Die prominente gesin en hul sake-entiteite het ʼn dringende aansoek by die hof ingedien om ʼn interdik te bekom wat Malema en lede van sy party sou verbied om te sê dat die Guptas se lewens in gevaar is.

Maroela Media het vroeër berig Malema het verlede week tydens ʼn perskonferensie gesê hy verbied enige verslaggewers wat vir mediamaatskappye, wat aan die Guptas behoort, om enige EFF-geleenthede by te woon of daaroor te berig. Malema het gesê hy kan nie die veiligheid van joernaliste, wat vir ANN7 en die New Age-koerant werk, verseker nie.

Adv. Gert van der Merwe, vir die Guptas, het gesê ongeveer 4 000 persone werk vir die Gupta-familie en sy handelsentiteite, wat die media-organisasies insluit.

Ishmael Semenya, vir Malema en die EFF, het aangevoer Malema se uitlatings was deel van sy verkiesingsveldtog, en hy het nie fisiese geweld bedoel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Die ekskuus dat fisiese geweld nie deur hulle opswepery bedoel word nie, word altyd gebruik. Die EFF en ANC verkondig steeds “KILL THE BOER, KILL THE FARMER” “ONE SETTLER, ONE BULLET”!!! Daarom kry ons daagliks talle aanvalle en moorde teen boere en hulle gesinne!!!

vierkleur ·

Wow , hoe vinnig word daar opgetree, om nie die guptas te mag dreig nie,
maar dis okay om die blanke met die dood te dreig in hulle liedjies en toesprake.

Trolle ·

Haha hulle is nie wit genoeg nie Malema gedink jy sal jou vasloop met hulle(geld praat pappie)

Realis ·

Malema, dis okey om zuma te beledig maar hou jou snater van die Guptas af

Berhalet Beukes ·

Ou Zumie is die Guptas se “puppet on a string”… En dan bekommer die ANC, EFF hulle oor blankes? Oppas, julle sal ‘n perd op wat julle nie kan ry nie! Ou Juju moet ook ‘n slag ophou kef soos ‘n brakkie en gestand kry.

johny ·

Die dat Malema nie van hulle hou nie stem ek saam.Dit wat ek al gehoor en gesien het in die media.Dan hou ek ook nie van hulle nie.En passop vir Malema blankes met hom eendag aan bewind het ons almal n baie groot groot problem.Kry bote solank see water bestand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.