Malema verkla oor uitlatings

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, is Donderdag by die Menseregtekommissie (MRK) aangekla oor sy uitlatings oor wit mense ná sy hofverskyning in Newcastle vandeesweek.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, wat die klag ingedien het, meen dit is uiters kommerwekkend dat iemand in Malema se posisie openlik voortgaan om geweld tussen rasse aan te hits.

“Sy uitlatings kom op ’n interessante tyd, aangesien hy binnekort weer in die hof – dié keer in Bloemfontein – moet verskyn op aanklag van aanhitsing tot geweld wat AfriForum teen hom ingedien het in 2014,” het Roets gesê.

Maroela Media het vroeër berig Malema het sy ondersteuners Maandag buite die Newcastle-landdroshof toegespreek waar hy vroeër die dag verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset. Volgens Malema is dié wette wat hy na bewering oortree het, “apartheidswette” wat deur die apartheidsregime geskep is en dat hy dit in die hooggeregshof sal beveg.

Malema het onder meer aan ondersteuners gesê wittes is geensins daarop geregtig om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swart mense van hul grond ontneem het en dat hy wit mense se vrede wil versteur. Hy het voorts gesê dat alle grond in Suid-Afrika aan swart mense behoort en dat dié grond sonder vergoeding van wit mense afgevat moet word.

Die VF Plus het reeds aangedui die party gaan ʼn klag by die parlement se etiek-komitee teen Malema indien omdat hy sy ampseed wat hy in die parlement afgelê het, verbreek het. Die DA het ook vroeër gesê hy gaan Malema by die MRK aankla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Otter ·

Malema is baie ambisieus. Miskien verwar Malema mense se geduld met swakheid.

Surita ·

Malemmertjie bring it on moet nie dink Ons gaan terug staan nie en hierdie apartheid stories is all holrug very soek n under verskoning

Raymond ·

Sluit toe en gooi die sleutel weg hy is n opstoker en sal nie verander nie regte kwaadsteker

Uiltjie ·

Net gister het ons gelees Malema is n windsak, vandag kla ons hom- hoekom?

Waar is die ANC ·

Wat vir my meer kommerwekkend is is dat die REGERING niks daaraan doen nie. Tog moet die regerende party nie hierdie uitlatings en rassehaat en aanblaas van geweld goedkeur nie? Tog moet hulle dit keer? Ek wil weet as daar vandag ‘n witman op ‘n podium staan en se “we are not going to slaughter you now, but maybe later” en “let the revolution begin” en “we will take land from you in a way we deem fit” wonder ek nou net of die REGERENDE party hom sou uitgelos het of aangekla het omdat hy geweld aanblaas en die landsvrede bedreig? Ek is oortuig daarvan dat die regering hom net daar en dan in hegtenis sou neem en vervolg het tot in lengte van dae, en al sy vriende en familie ook nog uitgesnuif en in hegtenis geneem het.

lettie ·

Dit sal interessant wees die uitspraak van die MRK. Hy verdien die ergste straf moontlik. Hy ondergrawe stabiliteit in die land en moet as n terroris behandel word. Hy moet verantwoordelik gehou as leier vir die miljoene rande se skade wat sy party al aangerig het.

Veritas ·

Daar is ‘n gesegde wat lui; ‘Gee hom genoeg tou en hy hang homself’. Ons vriend Julius is op ‘n selfvernietigingspad en die ANC weet dit, daarom laat hulle hom maar begaan. Hy mag dink dat sy posisie as LP hom vrywaar van vervolging maar wat hy nie besef nie is dat hy, deur sy eie toedoen, ‘n diep gat vir homself grawe. ‘n Gat só diep dat hy nie daaruit gaan kom nie en saam met hom in die gat, sal sy sogenaamde ‘Vryheidsvegters’ ook verdwyn.

Johan ·

Jy gaan tweede kom melema…….bring it on……..die afrikaner is nie bang vir jou stories nie……..

JC ·

Dankie Afriforum, dankie VF+, dankie Johan!!
Die Pedi sal nie reg kom nie!

Siek en Sat ·

AMEN Johan…!!!!Het jy al n vlieg mooi op gesom…???Malema se dubbelganger…..

Vissie ·

HAHAHAHA!Wat weet die bogsnuiter van grond wat beset is!? Wie dink hy nou is hy!Sluit hom maar toe en klaar!

vermeende ·

Hoekom word Malema nie ook met die selfde uiwer en passie vervolg soos Penny en Ghorden nie?
Alles wys daarop dat hy deur die ANC as pion gebruik word om hulle vuil werk te doen, as dit nie so is nie dan moes hy al lankal agter tralies gesit het.

Chris Kaempffer ·

Wat my bekommer is dat die MRK nie self optree nie, moet eers ń klag gelê word?

liza ·

Wat ek nie kan verstaan van Malema nie, hy haat ons wit mense so maar hy het iewers in ‘n tydskrif of koerant verskyn waar die witmeisie op sy skoot sit en hy wys net tande……nou hoe nou………

Emile ·

Maleme het ook gese^ dat blankes nie “nou al” vermoor moet word nie.

Tom ·

Daars n Malema in alle mense. Daar is ook ‘n Mandela in alle mense.

vermeende ·

Die onlunde van die jeug darm.
Mandela was n terroris wat verantwoordelik was vir moord op baie blankes, Mandela het 27 jaar in die tronk gesit omdat hy nie die gewapende stryd wou afsweer of halt roep nie.
Se weer, is daar n Mandela in jou?

Nici ·

Die ewige stryd tussen goed en sleg, van die begin van die mensdom. Inherent het ons almal ñ keuse.

Anne ·

Ai vermeende, jy slaan die spyker op die kop. Sal party mense se oe eendag oopgaan?

Anoniem ·

Tom moet asseblief nie daardie kommunis (Mandela) se naam noem nie.

Ekke ·

Hans hoekom nie, die een is ‘n ewe beeld van die ander een, hulle is soos ‘n tweeling.

Adolph Oosthuizen ·

In wese het Malema soos baie ander in Afrika, ʼn baie primitiewe visie van vooruitgang en staan met hul rug na die toekoms. Om dus nou van hulle te verwag om met iets ambisieus te voorskyn te kom, is om te wag totdat die koeie huis toe kom.

Omrede hul toekomsvisie ontbreek bly daar niks konstruktief oor om ʼn positiewe bydrae te kan maak nie, en kom die oeroue gedragspatrone van haat en geweld na vore.

Net soos Malema sal moet vrede maak dat hy wit tande het, sal ons ook moet leer om te aanvaar dat die Ja Stemmers die strukture geskep het vir ʼn kreatuur soos Malema om tot held en redder van Afrika deur baie geken en geëer te word.

Jenine ·

Dit is net vir my baie snaaks malema mag ons wittes net noem wat hy wil maar die vrou van KZN wat gese het hulle is soos apies word vervolg en uitgetrek dat sy omtrent al haar geld moes aan boetes betaal mast die sir kom niks oor nie hy kam maar wittes beledig.

Riaan ·

Die hele situasie was nogals goed opgesom in n’ vorige artikel waar genoem is dat die swaap en sy volgeling besig is om met vuurhoutjies langs n’ kruitvat te speel….. in hierdie geval as dit tot konflik gaan lei sal hulle meer as net hul fingertjies verbrand! hierdie haatspraak wat hulle so openlik verkondig val nie op dowwe ore nie en dit gaan nogals hand-in-hand met wat tans aangaan onder ons volksgenote op die plase. Die tyd het ook nou aangebreek vir n’ nuwe party wat ons belasting betalers verteenwoordig waar ons finansieele bydraes reg bestuur en toegepas word tot ons voordeel en die voordeel van SA! WEG met die ANC en die hele kabinet…. hulle is totaal en al nie betroubaar nie en vir hulle gaan dit oor self verryking aleenlik!

ADRI ·

Ek wonder net hoe dink hy sal daar ooit vrede en saamstaan in ons land wees as hy sulke uitlatings maak Die regering stem seker met hom saam die dat hulle niks doen nie Sy aanmerkings was direkte rassistiese haatspraak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.