Malema vervolg op vyf afsonderlike aanklagtes

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat Julius Malema, leier van die EFF, tereg staan op vyf afsonderlike aanklagtes wat verband hou met die afvuur van ʼn vuurwapen tydens ʼn EFF-byeenkoms in 2018.

Malema het vanoggend in die Oos-Londense streekhof verskyn. Volgens ʼn verklaring deur die NVG is die saak tot 24 Februarie volgende jaar uitgestel, sodat die verdediging toegang tot die dossier en beeldmateriaal van die voorval kan verkry.

AfriForum het in Augustus 2018 klagtes teen Malema en Adriaan Snyman, ʼn sekerheidswag, ingedien, nadat Malema na bewering tydens die EFF se vyfjaarfeesvieringe in Mdantsane in die Oos-Kaap verskeie skote met ’n aanvalsgeweer afgevuur het.

Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder van die NVG in die Oos-Kaap, kla die NVG Malema van vyf klagtes aan. Die klagtes behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebiede of openbare plek, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die roekelose bedreiging van mense en eiendom. Malema verskyn ook in Maart volgende jaar in die hof vir die beweerde aanranding van ‘n lid van die polisie tydens Winne Mandela se begrafnis.

Snyman, die sekerheidswag wat die vuurwapen aan Malema aangegee het voor dit afgevuur is, staan tereg op twee aanklagtes, naamlik versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die verskaf van ʼn vuurwapen of ammunisie aan enige persoon wat nie toegelaat word om dit te besit nie. Snyman is na bewering die eienaar van ’n private sekerheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste gelewer het aan die EFF. In beeldmateriaal van die voorval lyk dit of Snyman die geweer aan Malema oorhandig.

“Dit is goed dat Malema en Snyman uiteindelik sy dag in die hof kry vir hierdie voorval. Ons het reeds gesien dat hierdie beweerde handeling van hom landwyd nagedoen is en die feit dat hy vir so lank nie daarvoor vervolg is nie, het daartoe gelei dat dit as aanvaarbare gedrag beskou word. Dit is betreurenswaardig dat AfriForum eers soveel druk op die NVG moes plaas voordat hulle besluit het om te vervolg, ten spyte van duidelike bewyse van die beweerde oortreding,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

thys swart ·

Ek stem saam ,pary mense is net on aantasbaar . Nog niks het met die outjie gebeur nie .

Victor ·

Ek stem. Malema hardloop sirkels om almal. Hy verloor klein nuttelose sake maar wen die wat hom elke keer meer aansien gee. Hofsake gee hom meer publisiteit en dan wen hy lag-lag sy sake wat hom nog meer respek en mag onder sy volgelinge gee. Hou hom uit die media en veral hof, en hy sal verdwyn.

Merrie Perd ·

Wil net se, die hof eskapades gaan nogal goeie werk skep onder mense wat gehuur word en met busse aangery moet word, daglone wat betaal moet word (Minimum wage) om buite die hof te toi toi. Ek hoop daar is nog so n VBS randjies oor.

Cherokee ·

Julle mandela-bewonderaars gaan hopelik ‘ ander deuntjie sing wanneer die hofsaak afgehandel word.

Michael P ·

As ek reg onthou was daai n AK 47 waar kom hulle aan die soort wapens? N wetsgehoorsame persoon mag nie eers sy wapen wys nie en Malema vuur een af tussen mense.

Foxi ·

Hy kan en hy mag, want hy het n titel en is bo-verhewe almal. Mag en rykdom maak sterk!

Deon Swart ·

Michael, die wapen waarmee geskiet was is n semi automatiese AR 15. Dit is n .223/5.56mm kaliber.

Juju JA JA ·

Ja wat die ou sal niks oorkom nie, te veel you know what wat hom beskerm MAAR dis vir my lekker om te weet hy word so gepla om kort kort in die hof te moet wees, sy dagboek is seker baie interessant,,,,court…court…court….eish..

Outoppie ·

Wonder of VBS hom gaan help met petrol geld vir al daai karre wat so tussen howe moet ry

humor ·

Hy kan hom maar gereed maak vir n “ernstige” waarskuwing.

JohanR ·

Dadelik by Jacob, Shaik en Dudi gaan aanklop om te leer hoe om te deny en delay.

Arrie ·

Die uitspraak van die hof is reeds bekend…Snyman sal boet en Malema loop weer skotvry rond.

Gaitsigubib ·

Wel dan is dit ten minste 50% goeie nuus. Mens moet leer wat gebeur as jy met semels meng!

Hannes ·

Hoop hulle sluit Snyman toe en maak sy sek besigheid tot niet!!!!!!!!!!!!!!!!

Chris ·

Moet tog asb nie julle asem ophou of voortydig begin fees vier nie. Dit sal dieselfde pad loop as die gewese no 1 se dag in die hof , uitstel en weereens uitstel tot vervelens toe en niks sal gebeur nie

Merrie Perd ·

En net wanneer sy dag kom sal hy ongteskik vir vervolging verklaar word. Viva !

Chrisjan ·

Die belaglike deel is “na bewering”. Die hele wereld het gesien hy skiet skote af!!!

Hans ·

Die moontlikheid dat die probleem ook sal verdwyn soos sy belasting mistytjie, dalk kan SARS ons bietjie meer daaroor inlig

Merrie Perd ·

EN, O ja, En hy is nie NA BEWERING die eienaar van n sekuriteits maatskappy nie, hy IS die eienaar van n sekerheids maatskappy. Gaan julle nie die feite na voordat julle julle berigte plaas nie?

Eddie ·

Hy is goed opgelei deur Zumpie , onthou daar was ‘n tyd dat hy bereid was om vir Zuma te sterf !!!

gatgogga ·

Nou moet Malema weer wag tot 24 Feb. volgende jaar, om te weet tot wanneer sy saak weer uitgestel gaan word. Geduld, Julius!

Michael P ·

Dankie Deon .Ek ken nie eers daai wapen nie sal bietjie google.

Gaitsigubib ·

Ek het altyd gedink hy volg n dieet….een waar jy kan eet wat jy wil maar verloor steeds gewig.

Pieter ·

Aanvalsgeweer? Jammer dit het nie vir Juliaas aangeval nie.

Mm ja nee ·

Ek stem, dit moet end kry, as die mense nie reg voorberei het nie dan moet daar nie kans gegee word nie, gaan aan met die saak. Dit sal net 1 of 2 keer gebeur

Sic? ·

Renwick het nog laas gese hy mag , hy moet net binne die sfeer beweeg .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.