Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die verkiesingsagente van sy party gewaarsku om versigtig te wees vir voedselvergiftiging by stempunte tydens Woensdag se munisipale verkiesing.
“Party-agent, jy moet nie slaap nie. Jy moet nie ANC-kos eet nie. Dit sal vir jou ʼn loopmaag gee,” het hy Sondag aan EFF-ondersteuners by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane gesê.
Hy het gesê die ANC sal stemme “steel” terwyl verkiesingsagente hulself besig hou met “diewe se kos”.
“Julle weet hulle het ons stemme in 2014 gesteel, maar hierdie keer gaan ons hulle nie enige kans gee om ons stemme te steel nie. Comrades, moenie enigiemand uitlok nie, veral nie indien lede van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bevooroordeeld is nie. As jy ʼn probleem sien, kommunikeer met ons. Ons sal ingryp.”
Malema het ander partye sterkte toegewens en ʼn beroep gedoen op regverdigheid. “Laat ons ʼn regverdige spel speel, laat ons nie ons mense doodmaak omdat ons onbeheerde ambisies het vir mag nie.”
Hy het kiesers aangemoedig om die EFF ʼn kans te gee om die lewens van arm mense te verander, en gesê die EFF se werk in die parlement wys dat die party aan sy beloftes gestand doen.
Tydens die 2014-verkiesing was ʼn deel van die EFF se mandaat om seker te maak dat pres. Jacob Zuma ʼn gedeelte van die geld terugbetaal wat op sy privaat huis in Nkandla spandeer is. “Hy sal dit betaal. Of hy nou daarvan hou of nie, hy sal betaal. Dis nie nou tyd om te slaap nie. Ons wil nou Limpopo vat.”
Malema het gesê die primêre struggle is nie om gratis T-hemde en kospakkies te kry nie. Gratis T-hemde gaan nie die toekoms van ʼn jonger generasie verseker nie, want die kwessie is om werk en opleiding vir Suid-Afrikaners te verseker.
“Die struggle gaan nie oor die T-hemp nie. Jy is bereid om vir korrupsie te stem in ruil vir ʼn T-hemp. Julle moet hierdie dinge stop. Ons wil nie vir julle kospakkies gee nie, ons wil vir julle werk gee sodat julle jul eie kos kan koop en ophou om kospakkies te eet wat al verval het.
“Jy kan nie ʼn T-hemp eet nie. Jy kan nie ʼn T-hemp werk nie. Hulle gee al sedert 1994 vir jou ʼn T-hemp, maar jy het nog steeds nie ʼn werk nie. Hulle gee al sedert 1994 vir jou ʼn T-hemp, maar jy het nog steeds nie ʼn huis nie. Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrika om die gratis T-hemp prys te gee vir die toekoms van jou kinders.”
Indie Sunday Times in Engeland sê Malema se sidekick Loyd hy gaan die burgemeester van Johannesburg word
LMGA. Hy droom.
Wat daar nie alles gese word en belowe word voor die verkiesinge nie en daarna ly hulle almal aan geheuge verlies.
Laat die EFF en ANC mekaar maar uitsort en ek sal aan die kantlyn staan en toekyk.
Dat hulle op die vlak oor dinge moet gesels en dinge vermoed van die kos …. is net so n bewys van die kapasiteit waarmee mens hier tedoen het …is einlik n grap en tog ook skokkend !
En.as ek so kyk ons boere het al die mense op hule pleke gehou man dit moet gedoen wees
N benoude kat maak benoude spronge
Hoe het hy sy graad gekry?
Koos.Hyt dit sekerlik “Ge-download” van die Internet af,as ek so na sy skoolrapport kyk,veral met die punte wat hy vir “Houtwerk” gekry het.
Lance, jy slaan die spyker op die kop. En ons word deur hierdie persone regeer? Ons is hulle ligjare voor.
Moet se wyse woorde van Malema! Baie positief hoop julle sal genoeg stemme van die ANC vat!
VIVA Malema, VIVA!!!
Lyk my Suzie se spook van 95 loop weer
Gratis t-hemde van die ANC…. het almal wat dieEFF t-hemde dra daarvoor betaal???? Wonder maar net
Noudat die eff se t-hemde op is en hulle nie geld het om weer aan te koop nie, nou het malema iets teenoor die anc se metode te sê.
Malema is die land se voedsel vergiftiging.
Laat ons nie mense doodmaak nie?
Lewens van arms mense te verander?
Hoe steel jy stemme?
EFF se werk in die parlement? … parlement of sirkus!
Werk gee – maar julle breek net af met al die stakings?
Wow Malema net mense wat gerook is kan sulke goed kwytraak want al wat ons sien is net mooi die teendeel.
Wat Malema nie weet nie is dat die Tokolosi almmal wat EFF gaan stem vang en hulle byt. PASOP tog.
Pote is “runaways”
2 Step is Aldicarb
Op hierdie stadium gee mens nie meer om wie wen die verkiesing nie solank dit net nie die ANC is nie. As ons net eers daardie verotte spul skelms van hulle “troon” kan afkry is dit al ‘n reuse bonus.
Lol, jy het ‘n vrugbare verbeelding hoor. Dink jy regtig jy of jou ondersteuners is so belangrik dat enigiemand julle wil vergiftig? Dis nie asof ons gewone mense by stembusse verniet kos kry om te eet, sodat ons vergiftig kan word nie.
Kom ons almal gaan trek ons kruisie getrou. Vat jou eie padkos as jy regtig MOET eet terwyl jy wag. gewoonlik eet mens mos by jou huis ontbyt, middagete, aandete. Stem kom maar tussen-in – nie ‘n event van eet en drink en dans nie (of gaan dit dalk wees?)
Jul almal weet wie teëgestaan moet word. Trek die kruisie en moedig almal aan wat jy ken om dit te gaan doen.
sy party reflekteer sy skool report e f f’ s vir al sy vakke