Malema waarsku wit mense: ‘Ons kom saam eet’

EFF-ondersteuners by die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg (Foto: ANA/Siphelele Dludla)

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Sondag wit mense, wat weier om grond en ander vervaardigingsmiddele te deel, gewaarsku dat as die EFF aan bewind kom, hy van “wit bevoordeling” ontslae sal raak.

“Wit mense, julle sal nie meer alleen eet nie. Ons kom sit saam aan by die eetkamertafel en as julle ons weier, gaan ons daardie eetkamertafel vernietig,” het hy aan duisende ondersteuners gesê tydens die party se laaste verkiesingsveldtog by die Orlando-stadion in Johannesburg.

“Niemand gaan eet totdat ons almal aan dieselfde eetkamertafel sit nie. Dit is waarvoor ons baklei. Andersins, sizongena ngevosho [sal ons kom dans] by daardie tafel.”

Malema het gesê sy boodskap is nie aanhitsing tot geweld nie, want die EFF “is nie die mees gewelddadige organisasie in Suid-Afrika nie”. “Die ANC is die gewelddadigste organisasie.”

Die jong generasie van wit mense moet ʼn olyftakkie uithou vir swart mense en daaraan werk om ongeregtighede van die verlede om te draai; iets “wat hul ouers nie verstaan nie”, het Malema bygevoeg. “Die EFF baklei vir geregtigheid. Ons veg nie teen wit mense nie; ons veg teen wit bevoordeling. Ons veg teen wit arrogansie. Ons veg nie vir swart mense om wit mense te onderdruk nie; ons veg vir gelykheid. Ons wil ekonomiese vryheid hê – selfs vir wit mense. Ons het ʼn probleem met ouer wit mense wat nie gelykheid wil hê nie. Jong wit mense moet ʼn tuiste vind in die EFF as hulle ook vir gelykheid wil baklei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

141 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gerhardt O

Jy kan maar kom “eet” by my- hier is niks oor nie. Hier was nog nooit iets nie. Jou regering het die laaste bietjie “ge-eet”.

Koos Ubuntu

Hy moet maar kom sit, net sy eie kos bring

Weer gedink

Dit klink billik….vroulief haal solank oumagrootjie se porselein borde uit en daai kralle tafeldoek…..

Sak

Sorry Juilias. Papbord is klaar leeg. My mense is Honger!! Hoe lyk jou koskas???

Hannes Rautenbach

Daar is niks oor hierdiekant oor nie – swart bevoordeling oor 25 jaar het alles reeds gevat.