Malema weer in hof

Die EFF-leier, Julius Malema. Foto: ANA

Die EFF het sy lede versoek om by die Newcastle-landdroshof op te ruk waar die EFF-leier, Julius Malema, Maandag verskyn.

Vusi Khoza, EFF-voorsitter in KwaZulu-Natal, het aan African News Agency (ANA) gesê hulle hoop dat tussen 3 000 en 10 000 mense by die hof sal opdaag. “Ons sal die geleentheid as ʼn verkiesingsbyeenkoms gebruik en Malema sal ondersteuners na die hofverrigtinge toespreek.”

Khoza het gesê hul ondersteuning vir Malema buite die hof is om te wys dat hulle sy stryd vir onteiening sonder vergoeding ondersteun.

“Dit is iets waarvoor ons nie om verskoning sal vra nie. Wat ons almal ontstel, is dat ’n [apartheidsera] wet gebruik word [om Malema stil te maak], wat ons glo ongrondwetlik is.”

Die aanklagte hou verband met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956.

Malema word aangekla nadat hy lede van die EFF aangemoedig het om oop grond te beset. Hy staan tereg op aanklag van aanhitsing. Hy het die uitlatings in 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein gemaak sowel as in Junie 2016 tydens ʼn byeenkoms naby Madadeni in KwaZulu-Natal.

Die EFF-leier se regspan betwis egter die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste en beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Sy regspan het in Desember in die hooggeregshof in Pretoria geargumenteer dat Malema nie ʼn misdaad gepleeg het met sy uitlatings nie. Uitspraak in die saak is voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anoniem ·

Stast mors hulle tyd soos altyd sal hy wegkom met alles !!!!!!!!

Sanet ·

Ennn…die hoofnar in rooi? GOOI NÓG Ñ PERFORMANCE vir gratis media dekking en aandag en applous EN KOM ABSOLUUT NIKS OOR NIE❗❗❗

JohanL ·

Waarskynlik sal niks gebeur nie. Regstelsel onder verdenking en aatygings van sirkus nie ongegrond nie. Wonder wat sal gebeur as ek op sosiale media alle mense ongeag ras of kleur, oproep om Malema stil te maak. Kan ek ook reken dit is ‘n apartheidswet so Malemmer en EFF sal my nie hof toe kan vat nie?

Elizca ·

En hoekom is die 3000- 10 000 mense nie by hulle werk nie? Watter mense het tyd om op ‘n Maandag by die hof rond te hang?

Calamarie ·

3000 – 10 000 wat nie werk het nie en het net mooi niks beter om te doen nie….

christa ·

net so glibberig soos ‘n paling. Hy hoort lankal agter tralies. As sy kleur wit was was dit lankal die geval

De Villiers ·

Soos die meeste aannames van Afrikane oor die geskiedenis van ons land is hul feite gegrond op leuens en ‘n verdraaiing daarvan. Net so is Malema se aannames oor grondbesit. Maar aangesien hy nou so wil grond laat beset dink ek hy moet die voorbeeld stel en sy eie huis opgee vir onteiening. Dan sal ons kyk hoe voel en dink hy daaroor.

Wat het geword van die ander saak waaroor Gerrie Nel namens Afriforum sowat ‘n jaar gelede ook vir Malema aangekla het vir tenderbedrog van R52-miljoen? Kan MM dalk bietjie ondersoek hieroor instel?

Rina Kotze ·

De Vlliers, ek stem saam, hulle glo ‘n leuen, want die kinders word met leuens gebreinspoel. Toemaar, een of ander tyd gaan die seepbel bars!!!

Eish ·

Moet hierdie EFF lede nie liewers opruk na hulle werksplekke nie?. O askuus hulle gaan mos nie vir die grond betaal nie – so waarom werk as jy alles vernuut kan kry.

John ·

En wie moet ons bedank dat Malema nou so wintie is… die DA se moesie… of eintlik sy onophoudelike pitsweer… wat uitplof sodra die baas sy kundigheid openbaar… Die samewerking om tog bietjie baas te speel in munisipaliteite… en nou is die olyftakkie op die kop… natuurlik baie beskeie weggesteek onder die pet… My stokou kragopwekker raas minder as hierdie oompie se tong…

Cherokee ·

Al dien dit net as teenvoeter vir die alewige pessimistiese herhalings van ‘daar sal niks aan gedoen word nie’…; ek hoop hy word behoorlik in die bek geruk.

Alida ·

Hy gaan weer ‘n vet kostebevel teen hom kry. Die Landdroste en Regters is lankal dik vir hom en sy nikswerk werklose meelopers.

aj ·

Dis Malema se styl ! ….. wat hy by die ANC geleer het!

Kry ‘n “rent a crowd” bymekaar, ry hulle aan met busse, gee kospakkies of bruin koeverte …. hulle maak ‘n groot lawaai …. die breindood media neem fotos en versprei dit … die publiek ‘gebruik’ die sensasie …. en almal is gelukkig!

Publisiteitsfoefie! Publicity stunt!

Malema probeer daardeur die ‘skyn’ wek dat hy baie ondersteuners het terwyl hulle maar net professionele “lawaaimakers” is.

Hulle sal ook gaan ‘toyi toyi’ vir Pieter Groenewald of vir Patricia (Good for nothing) … as die kospakkie groot genoeg is.

As hulle liewer ‘n stukkie grond omspit en groente plant …..!

Sophia ·

As daai Wet geskrap gaan word, gaan ons almal bars want partykeer kan mens nie eers in jou eie huis leef nie so word daar geraas in die onmiddellike omgewing waar jy bly!!

Pastoor ·

Ek glo Malema kry te veel aandag. Ek stel glad nie belang in wat hy dink voel of sê nie. Moet MM regtig oor hom skryf. Eks seker daar is regte nuus

Mariana ·

Natuurlik moet die sirkus iewers bymekaar kom en hoekom nie daar nie. Ek her nog nooit so ‘n groot aandagvraat gesien nie. Gn wonder hy dink hy is so wonderlik nie want terwyl hy aandag kry floreer hy en wanneer die aandag verdwyn sal hy iets doen om dit terug te bring en intussen word duisende rande gemors op hofsake wat nêrens kom nie. Enigste wat hierby baat is die EFF. Hulle lewe vir hierdie tipe publisiteit. En die media val oor hul voete om hulle bevredig.

Maljan ·

Ask the eff a R5 to see the elepjant jump. The higher he jumps the beter u see….

Lou ·

Die klagte teen Malema kom al van 2014 en 2016. Ons is nou in 2019 en nog steeds is die sirkus nie verby nie. Regskoste beloop seker al ‘n paar miljoen teen die tyd. Wonder wie betaal dit ? Hoe kan sy regspan die grondwetlikheid van ‘n geldige wet betwis wat al meer as 60 jaar op die wetboeke is. Ons regstelsel is ook lankal nie meer geloofwaardig of regverdig nie en deel van die staatskaping tragedie.

Trol ·

Moenie vergeet nie,die wet wat hy betwis, is n apartheid-wet. Wanneer gaan die nvg hom & kie vertel dat geen skare die reg tot vandalisme, plunder, breek en brand het nie? Wat hulle beskadig moet hulle voor betaal.

Opisthophthalmus ·

Alida.. hierdie is die beste voorstel ooit, sê ek!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.