Malema weer in hof oor grondbesettingsuitsprake

Julius Malema en die EFF-leierskap by die Newcastle-landdroshof (4 Julie 2017). Foto: Twitter via @EFFSouthAfrica

EFF-leier Julius Malema, wat aangekla word van aanhitsing om ʼn misdaad te pleeg, het Dinsdag weer in die Newcastle-landdroshof verskyn.

Volgens die klagstaat word Malema aangekla van die oortreding van artikel 1(1) van die Wet op Betreding. Malema het in Junie verlede jaar sy ondersteuners in Newcastle aangemoedig om grond onwettig te beset, omdat die grond “aan swart mense behoort”. Hy het gesê wittes kan nie aanspraak maak op eienaarskap van grond nie.

Nadat Malema verlede jaar in November vlugtig in die hof verskyn het op aanklag van oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste, het hy buite die hof weereens aan sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat daar nog nie aan hulle grond gegee is nie. “As dit beteken ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om grond te vat, dan moet dit maar so wees,” het hy gesê.

“Ek is nie bang vir die tronk oor die grondkwessie nie. Ek is net bang vir die tronk as ek daarheen moet gaan oor korrupsie. Ek wil nie tronk toe gaan vir korrupsie nie, maar ek wil tronk toe gaan vir grond. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie,” het hy gesê.

Malema het in 2014 tydens ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein vir die eerste keer aan die party se ondersteuners gesê om grond te beset. Nadat hy in Bloemfontein in die hof verskyn het oor hierdie uitsprake, het hy net weer aan sy ondersteuners buite die hof gesê om “enige mooi stuk grond” wat hulle sien te beset, “omdat die grond deur volksmoord by swartes afgeneem is”.

Malema se regspan het ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste te betwis. Die EFF beskuldig die regering daarvan dat hulle “apartheidswette” gebruik om die kritici stil te maak. Malema se regspan het die hof Dinsdag versoek om die saak teen hom uit te stel hangende die hooggeregshofuitspraak.

Die hof het die saak tot 1 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Michael barnard ·

Ek weet nie hoekom hou hul nog hofsake nie hul mors ner ons belasting geld want hy is onraakbaar net soos sy staats presedent

Afrikaanse Knaap ·

Enige man wat ‘n ander man aanhits om ‘n ander se eiendom te neem of te beset of te beskadig, moet gestraf word.
Die ANC doen dit al vir dekades. Gebruik mense as wapens, en dan was hulle hul hande in onskuld.
Ou Julius is juis deur die ANC hierdie taktiek geleer.

Jean ·

Interessant dat die stiksienigge MRK hierdié uitsprake sal aflag. Hier sê hy alweer dat wittes “geslag” moet word. Is daar iets meer blatant as dit?? Korrupte regstelsel in SA sal ‘n Jan Alleman al lankal toegesluit het as hy durf om sulke uitsprake te maak.

Reg ·

Dit is my gevoel ook.
Trek maar die sake terug. Hy sal niks oorkom nie.

Michael ·

Ek lees op mzanzi news die ou het net 6 maande om te leef weens n onbekende virus wat hom glo opeet van binne

Kaspaas ·

Michael – ek dink jy is reg. Het so n’ week gelede gekyk op tv, na n’ toespraak wat Juliaaas gelewer het. Hy begin toe hoes, en die bloed op sy hand en die verhoog se vloer, het my sommer nuwe moed gegee mbt hom!

Mariana Weilbach ·

Die onaantasbaarheid van sekere mense laat my woedend en sprakeloos! Sake word net uitgestel om dan stil stil te verdwyn.

Verwonderd ·

Is eiendomsreg nie in die grondwet verskans nie? Wat van die aanhitsing om te moor? Wow, Malema het darem ‘n wenner persoonlikheid? Kan iemand nie vir die ou ‘n eenrigting kaartjie Noord Korea toe borg nie? Ek is seker dit sal vir hom ‘n beter persepsie op sy komunistiese opvoeding bied. Dat hy dag vir dag kan leef in ‘n marksistiese tronk van hongersnood en miskende regte, sodat hy kan besef en beleef wat se toekoms hy sy volgelinge verseker.

Swartkat ·

Gaan niks gebeur nie daar word net opgetree teen witgesigte

FM ·

Ai ou Juius, die mense gee jou “rope” en jy gaan jouself daarmee ophang. Jy kom nie eens agter daar word vir jou gelag nie. Kan mens so dom wees? Geniet jouself solank jy nog kan.

donovan ·

Hopelik kan ons die ware kleur van Malema sien voor hy groet… man ek hoop hy ontmoed die Here voor hy die lewe verlaat… want daai Judgement seat wil ek nie naby kom nie…

Callie ·

Hy het daai maermaak siekte gekry. Daar waar hulle die fotos geneem het met die wit girls op sy skoot. Ai tog. Wys daar is nog so bietjie geregtigheid oor in die ou lewe van ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.