Malema weer in hof

Julius Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Die EFF het Vrydag ʼn beroep op die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gedoen om die aanklagte teen sy leier, Julius Malema, te laat vaar. Die aanklagte hou verband met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956.

Malema moet Vrydag weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hy in 2014 tydens die party se verskiesingskonferensie in Bloemfontein lede van die EFF aangemoedig het om oop grond te beset. Hy staan tereg op aanklag van aanhitsing. Hy het in Junie 2016 dieselfde beroep op sy lede gedoen tydens ʼn byeenkoms naby Madadeni in KwaZulu-Natal, waarvoor hy ook tereg staan.

Die EFF-leier se regspan betwis egter die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste en beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Malema het in April in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, waarna die saak tot vandag uitgestel is hangende ʼn uitspraak oor die grondwetlikheid van die aanklagte teen hom.

Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder, het Vrydag gesê die aanklagte word gebruik om Malema te “frustreer” en die EFF te verhoed om ʼn “suksesvolle rewolusie” uit te voer rakende grondonteiening sonder vergoeding.

“Die aanklagte is ook ʼn vermorsing van hulpbronne en tyd en gegrond op wette wat uit die apartheid-wetgewing kom. Dieselfde wetgewing is gebruik tydens die berugte Rivonia-verhoor en is teenstrydig met die demokratiese Grondwet ná 1994. Daar is dus geen twyfel dat die hoër howe sal beslis dat dit nie vandag gebruik word nie,” het Ndlozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johan H. ·

Sal niks oorkom nie hy sit die sogenaamde howe , ore aan!!!

Cherokee ·

Hierdie ‘sal niks oorkom nie’ en ‘daar sal niks van kom nie’ deuntjies is afgesaag.

Koos ·

Nou hoekom lees jy dit en verwerdig jou om kommentaar te lewer Johan? Ten minste moet hy tyd inruim om die hof by te woon.

leser ·

“om die eff te verhoed om ‘n susksesvolle “REVOLUSIE” uit te voer”
wat anders is dit om dit ‘n oorlogs verklaring te maak
malema jy het in jou bed geslaap, jy sal dit maar moet opmaak ook
grootpraters kry gewoonlik ‘n opstopper wanneer hulle dit die minste verwag, vra maar vir lesufi

Anoniem ·

Ek verstaan nie, solank as wat die wet op oproeprige byeenkomste bestaan moet hy mos daaronder vervolg word, of hoe dan nou? hy moet aan die pen gery word vir sy optrede terwysl die wet nog van krag is… die grondwetlikheid en die EFF se “struggle” daarteen kan nog steeds voortgaan maar vir solank die wet nog nie afgeskaf is nie is dit steeds geldig en Malema moet vervolg word…. hier kom net nog n uitstel

Koos de Meyer. ·

Juju daai wiel hy gaan vir jou ook draai my bra. As daai geel speek bo kom jy gaan shya tafula. Dit meen jy gaan betaal.

Al ·

Die howe is nie onnosel nie, as hy nie ñ geldige regspunt het nie – moet hul sy tjank kortknip.
Die ouer generasie weet dat hy ñ onstabiele politieke figuur is wat haat en misdaad aanhits.

Casper Labuschagne ·

Malema gebruik die Bolshewiste se teksboek strategie uit die Russiese revolusie van 1917 – vervolging en hofsake teen hom word eenvoudig verhoë om die revolusionêre boodskap verder te bevorder asook om aan die armes te wys hoe die teenrevolusionêre elite (dieselfde elite wat optree namens die wit kapitaliste) die leiers van die ware revolusie teister en vervolg – sodoende verdien hy emmers vol geloofwaardigheid in die swart gemeenskap.

Johan ·

Die saak sloer nou al so lank, my vertroue in die regstelsel is besig om by die dag minder te word. As daar genoeg gronde is om te vervolg, doen dit.

Genieve ·

Al die klagtes laat vaar???..lekker lag ek nou wat maak hom dan so ander.

Peet ·

Die slagoffers van plaas aanvalle moet hom nog aankla oor aanhitsing van geweld op plaas boere. Ek dink daar n ernstige beroep op Gerrie Nel gedoen word om Malema privaat te vervolg vir moord.

RM ·

Ek weet dit sal die huidige regering mal maak, maar as al die slagoffers saam staan en ‘n klag indien wat die haat en wraak uitbeeld trek dit baie aandag.

Koos ·

Peet dit sal te ingewikkeld wees. Hy fokus eerder op gesinsgeweld, dieremishandeling en geskille in hotelkamers.

PPP ·

dit vat hom 4 sekondes om dit te uiter,maar na 4 jaar is daar geen stappe teen hom geneem nie.

Roléne ·

Malema dink hy kan wette verander en byvoeg en verwyder soos dit HOM pas.
Ek dink die howe raak ook nou moeg vir sy geblaf.

Wonder ·

Dan moet alle wette wat voor 1994 gamaak is, ook mos afgeskaf word. Rerig, Malema. Jy sal enigiets probeer om die reg te ontduik.

Hans ·

Het die EFF/Malema al die hofstukke by Grondwethof ingedien,indienwel wanneer word die saak aangehoor?

Ben ·

Hoeveel mense het hulle lewens verloor al oor sy aanhutsing? Hoeveel voertuie is aan die brand gesteek, hoeveel winkels is afgebrand, hoeveel skole? Hierdie man se uitlatings kos die land duisende rande skade, lewensverliese, rassehaat en werksgeleenthede. Wat van die parlementere verleentheid vir Suid Afrika? Dit is ‘n duisend keer erger as “K” woord wat Vicki Gebruik het. Hy is kamstig ‘n geleerde van ‘n universiteit? Ek stel voor hy gaan bestudeer Suid Afrika se geskiedenis in die tronk waar hy hoort. Al wat hy doen is afbreek. Baie goeie voorbeeld van ‘n baie , baie, baie …swak leier – geen wysheid.

RM ·

Ai, hierdie man ken net haat en geweld en van kind af al hits hy sy maatjies aan om hulle lewe te waag vir wraak. Die donkerheid wat hy uitskei eet hom van binne na buite. Sy mag is gedelf in die hartsnoer van mense wat nie van beter weet nie. Hy is ‘n geliefde en as ‘n gevolg is hy ontasbaar al skree hy hardop vir die uitwissing van minderheids groepe.

RM ·

Slagoffers van plaasaanvalle kan saam staan as ‘n span en vir Juju dagvaar vir vergoeding en uitbleik wat gebeur gedurende aanvalle met ‘n brander van bewyse.

AJ ·

Benoude katte maak benoude spronge!

Julias is ‘n desperate politikus sonder ‘n beleid.

Hy maak sy “stories” op volgens die rigting waarin die wind waai!

…eers wys hy sy ‘deriêre’ vir die koerante en die ‘stupids’ plaas dit!

toe wil hy ‘moor’ vir Zuma en ‘dump’ die beeswagter / dief president op die land (met rampspeodige gevolge).

Toe hy geskors word uit die ANC a.g.v. sy misdadige entrepreneurskap … toe wil hy Zuma ‘moor’

Nadat Zuma verwyder is … sit Julias sonder ‘n rede vir sy politieke bestaan!

Die grondkwessie is die enigste oorblywende publisiteitsfoefie waarmee hy gratis publisiteit kan kry.

Maar sy gratis ‘wittebroodreis’ in die media het nou geeindig. … JUJU sal nou ‘n meer SENSASIONELE haas uit die hoed moet trek om deel te bly van die plaaslike politieke “narratief”!

Dalk opsluiting in die tronk? … waarmee hy martelaar status kan verwerf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.