Malema wil hê die parlement moet verander

Lede van die EFF betoog buite die parlement Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Lede van die EFF betoog buite die parlement Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê sy party is in die parlement om ʼn revolusie na te jaag, nie die reëls nie.

“Ek is nie hier vir die reëls van die parlement nie,” het Malema aan verslaggewers gesê terwyl sy ondersteuners buite die wetgewer betoog het. “Ons gaan nie agteroorsit en ʼn situasie toelaat waar ʼn revolusie deur reëls ondermyn word nie.” Hy het gesê die parlement moet verander. Hy het verduidelik sy party gaan nie parlementêre reëls volg wat deur “kolonialiste” en “imperialiste” opgestel is nie. “As ‘n punt gemaak moet word, dan sal dit gemaak word – met of sonder reëls.”

Malema sê hy het regsadvies ingewin ná Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se waarskuwing dat tugstappe teen hom gedoen kan word. “Ons sal hof toe gaan. Daar is niks fout met die stelling dat die ANC-regering mense in Marikana vermoor het nie,” het hy gesê. “Ten minste sal ons in die hof ʼn neutrale persoon kry wat nie deur die ANC ontplooi is nie.”

Meer as ʼn honderd EFF-lede, geklee in rooi, het ʼn banier met die aanstootlike uitlating daarop, oor Louis Botha se standbeeld drapeer. Hulle het gesê hulle het dit self later die middag verwyder.

EFF-LP Bernard Joseph het gesê die betoging is “ʼn natuurlike proses ter ondersteuning van ons bevelvoerder en sy stellings oor Marikana”. Hy het voorspel dat enige tugstappe teen Malema tevergeefs sal wees.

Modise se waarskuwing in die Nasionale Vergadering het Zuma se reaksie op die staatsrede-debat oorskadu.

Malema hou vol hy sal nie sy stelling, dat die ANC-regering mense in Marikana uitgemoor het, terugtrek nie. -SAPA

Lees ook:
Video: Malema uit parlement verjaag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grassie ·

Dit is nou die eerste keer dat die Oros-mannetjie iets sê waarmee ek tot op ‘n punt saamstem. Ek wil ook hê dat die parlement totaal en al moet verander. Almal wat daar sit moet vervang word deur opgevoede, intelligente en verstandige mense wat nie korrup is, hulself verryk en die belastingbetalers se geld plunder nie. Mense met integriteit wat die land op so ‘n wyse regeer dat dit ‘n beskaafde, vooruitstrewende, misdaadvrye land word. Is dit te veel om voor te wens? Nee – maar dit is net wensdenkery want ons woon in Afrika waar totaal ander beginsels en ideologië geld.

Trieste, Afrika.

Sollie ·

@Grassie – dis wat ons ALMAL wil hê – inteligente mense, maar dis NIE wat Malema wil hê nie! Hy wil nog meer van ‘n sirkus hê. Hoe hy so wegkom met absoluut alles verstaan ek nie. Hy hoort lankal in die tronk vir hope dinge.

Grassie ·

Sollie – dit is soos ek hierbo gesê het, ons woon in Afrika. Hierdie mense gaan nie verander nie, dit is hul leefstyl, dit is geneties. Soms as ek dink aan die toekoms van ons land word ek erg neerslagtig en kyk dan maar Boontoe vir hulp en raad.

Suzette ·

Ditto julle…I N T E L L I G E N T E EN mense met I N T E G R I T E I T E wat O P G E V O E D is. Dit is wat ons nodig het.

Elizabeth ·

@Grassie – nee ou maat, moenie moedeloos word, dis wat hul wil hê! Ek kan verstaan hoe jy voel maar moenie, moenie, moenie neerslagtig raak nie. Kyk maar om jou, al is dit koud is daar meestal sonskyn; daar is niks so mooi soos die blou van die winterlug in die hoëveld nie. Daar is soveel mooi in ons land! Ek probeer nie sê mens moet die dinge ignoreer nie, maar mens moet maar net vasbyt en probeer om diemooi om mens te sien! Lekker week vorentoe!

Sollie ·

@Grassie – ek verstaan hoe jy voel maar glo my, die wiel draai… Laat ons maar vasbyt!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.