Malema wil taks uitsort om in parlement te kom

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), probeer glo om sy belastingrekening te vereffen ten einde nie verbied te kan word om parlement toe te gaan nie, berig die Sunday Times.

Malema het glo aangebied om behalwe vir die eiendomme wat reeds op beslag gelê is ʼn verdere R4 miljoen te betaal ten einde te keer dat hy finaal gesekwestreer word. “Daar is goeie samaritane wat sê as jy ʼn aanbod kry, is ons gereed om dit te betaal,” het Malema aan die koerant gesê.

Volgens die berig het Malema al verskeie kere probeer kontak maak met Ivan Pillay, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, ten einde sy belastingrekening van R16 miljoen te vereffen. Indien Malema gesekwestreer word sal hy nie ʼn parlementslid kan wees nie al kry sy party genoeg steun in die verkiesing.

Malema, wat ook tereg staan op aanklagte van bedrog en geldwassery, beweer hy het maande gelede ʼn ooreenkoms met die SAID aangegaan maar dat hulle besluit het om hom te sekwestreer vir politieke redes. Hy sê hy het die skuld van R16 miljoen aanvaar sodat hy vir ʼn skikkingsooreenkoms kon aansoek doen. Hy sê dit is egter van die hand gewys en dat Pillay nou sy oproepe ignoreer.

Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, sê Pillay hanteer nie skikkingsooreenkomste nie en dat Malema verskeie geleenthede gekry het om sy belastingsake in orde te kry maar dat hy herhaaldelik versuim het om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Nou verstaan ek die skielike oplewing in die “fondsinsameilngsproses” wat hulle gebruik waar onskuldige mense gemoor en geplunder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.