Malema: ‘Wit mense is nie spesiaal nie’

EFF-leier Julius Malema spreek studente by die Esikhawini-kampus van die Umfolozi TVET College naby Richardsbaai toe. (Foto: ANA)

EFF-leier Julius Malema het Maandagaand aan studente in die noorde van KwaZulu-Natal gesê as mense hom ʼn rassis wil noem omdat hy die waarheid praat, moet hulle hom maar so bestempel.

“In die Noord-Kaap en die Wes-Kaap is daar nog steeds mense wat met ʼn bottel wyn betaal word gedurende oesseisoen. Wanneer jy dit sê word jy ʼn rassis genoem. As dit rassisties is om die waarheid te praat, dan is ek trots om ʼn rassis te wees, want ek praat die waarheid,” het Malema gesê.

Malema het ʼn volgepakte saal toegespreek by die Esikhawini-kampus van die Umfolozi TVET College naby Richardsbaai as deel van sy provinsiale verkiesingsveldtog.

Hy het aan die studente gesê die EFF wil hê mense moet trots daarop wees om swart en Afrikane te wees, maar in Suid-Afrika “word wittes steeds behandel asof hulle spesiaal is, terwyl swart mense min selfvertroue het”.

“Daar is niks spesiaal aan wit mense nie. Ons is almal gelyk, ons is almal mense,” het hy gesê. “Die EFF is die enigste party in Suid-Afrika wat nie bang is vir Indiërs of wittes nie, ons sê dit vir hulle reguit in hul gesigte – al tjank hulle of wat ook al hulle doen, hulle sal op die ou end ontspan.”

EFF-leier Julius Malema en EFF-LP Marshall Dlamini, wat van KwaZulu-Natal af kom, spreek studente by die Esikhawini-kampus van die Umfolozi TVET College naby Richardsbaai toe. (Foto: ANA)

Hy het gesê wit mense is nie bang vir die EFF nie, “omdat hulle weet ons sal hulle nie doodmaak of die see in dryf nie. Hulle weet ons bring gelykheid en hulle wil nie gelykheid hê nie.”

Malema het gesê gelykheid sal beteken dat daar in die toekoms wit huishulpe en arbeiders sal wees. “Julle gaan plaaseienaars wees en wit mense aanstel om die trekkers te bestuur,” het hy onder luide applous gesê.

“Dit is my droom. My droom is om ʼn situasie te hê waar swart mense wit mense in diens neem. Dan sal ons gelyk wees.” Hy het later bygevoeg: “Die baas moet enigiemand wees wat ʼn werksgeleentheid kan skep. Dit is moontlik Afrika-kind, moet nie bang wees om te droom nie.”

Malema het ook van die geleentheid gebruik gemaak om na pres. Cyril Ramaphosa en die ANC te kap. Hy het dieselfde vergelyking gebruik wat hy vroeër die dag by ʼn gemeenskapsvergadering gebruik het, en gesê Ramaphosa en oudpres. Jacob Zuma is soos “om vleis in dieselfde pot te kook”.

“Jy kan nie vleis wat in dieselfde pot gekook is uitvat en sê die een is goed, maar hierdie een is nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die EFF soek “regte gratis tersiêre onderrig” waar student nie registrasiefooie of BTW op handboeke hoef te betaal nie. “’n Nasie wat nie lees nie, is ʼn nasie van zombies. Inligting word versteek in boeke,” het hy gesê.

Malema het aan die studente gesê daar is niks mee fout om kospakkies by die ANC te ontvang of ʼn saamgerygeleentheid na die kiesstasies by die ANC te kry en dat op verkiesingsdag vir die EFF te stem nie. “Hulle kom gee vir julle kospakkies asof julle net een keer elke vyf jaar eet. Moenie nee sê vir die kospakkie nie. Vat dit, kyk na die vervaldatum en gaan stem dan EFF. Hulle koop daardie kos met jou belastinggeld. Hulle gaan op 8 Mei kom en julle in kombi’s oplaai. Klim in hulle kombi en gaan stem EFF,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

KaterinaKat ·

Jaaa Julius..so spesiaal word witmense behandel dat ons skaars werk kan kry. Dat ons kinders die land moet verlaat om n werk te kan he..Ek wens ons het regtig daardie heerlike maklike droomlewens gehad wat jy vir een of ander weird rede glo ons het. Sou lekker wees.

Ray ·

Ek is nie altyd so seker dat hy glo wat hy sê nie. Ek dink hy doen dit wat hy moet doen om “kartjies te verkoop”. Dit is irrelevant wat hy glo. Sy volgers glo enigiets wat hy sê en dis waarom daar sulke uitlatings gemaak word soos “ñ bottely wyn vir ñ dag se loon”. En Platinum word Europa toe gery om verwerk te word. Die volgelinge eet dit op vir soetkoek.

Basjan ·

Heelwat debateerbare argumente wat hierdie Homo Sapiens ophaal ……

Kriek ·

Ag my jitte, Julius word tog wakker. Ek woon op die platteland en ken talle wit plaaswerkers op swart mense se plase. Mense wil net werk hê. Hoekom die alewige haatspraak teen minderhede?

Boerboel ·

Ons moet werk om iets te kan verdien, ons breek nie af en dan kry ons . So is hy dink ons is spesiaal baie dankie. Julius jy lewe in n’ droom wereld en sal nog hard aarde toe kom. Die man daarbo slaap nie! Kom probeer my in die see in jaag.

Steven de Lange ·

Julius, ek sal nie mind om op n plaas die trekker te ry nie, want dan sal die werk gedoen kom en die trekker sal mooi opgepas bly. So natuurlik gaan swartes wittes moet aanstel want wie anders kan en gaan die werk kan doen sonder om alles te wil verwoes. En net soos jy wil hê swartes moet trots wees om swart te wees, waarom nie ek ook nie. Ek is wit en trots. En n boer. So as dit my rassisties maak om so te sê, dan is ek gewis n trotse wit rassis

Hector Jooste ·

Om die “baas” te kan wees Julius, het nog nooit in SA enige iets met kleur te maak gehad nie. Jy moet nie bang wees vir werk nie! En dit is jou grootste probleem, en almal wat vir jou hande klap. Jy is ‘n praatjies-maker wat nog nooit een dag se eerlike werk in jou lewe gedoen het nie. Jy en almal wat na jou luister moet eers by daardie hekkie verby kom, dan kan julle dalk ook eendag “base” wees.

pit ·

Ag Malema, lyk my witmense spook by jou. Praat dinge wat saak maak, soos moenie afbrand nie,werk saam wittes om land te bou,being goeie onderwys tot stand ens ens ens…bou moenie aFbreek nie en jy sal as politiekus sukses behaal…koppie koppie dink mN dink

Lina Smit ·

Julius, laat ek nou maar vir my handvol wittes praat. Ons het nooit gesê ons is spesiaal nie, maar dit wil vir my voorkom dat dit wat jy die meeste vrees en die grootste doring in jou vlees is, manifesteer in jou toesprake. In daardie geval, bly my handvol wittes kon bydrae….

Hanna Hoekom ·

As witmense nie “spesiaal” is nie, hoekom die alewige minderwaardigheids kompleks? Solank daar Westerlinge is, sal n sekere standaard gehandhaaf moet word. En dit is blykbaar die probleem.

SjN ·

Ek sal op jou plaas gaan werk en jou ook uitsort en maniere leer, put your money where your mouth is.

Foxi ·

Ag Malema….jy praat net snert man! Jy leef in n droomwêreld. PUNT!

Han ·

JuJu…die gevoel is weedersyds.
Tyd dat Afrikane weg breek van die Master/servant mentaliteit.

Jacques ·

Julius , wit mense is nie meer spesiaal nie . Wit mense se beplan net beter vir die toekoms , en DIT ou Julius maak ons anders . Ons dink nie net aan vandag nie maar aan more ook . Wit mense werk al lankal vir swart mense , wie dink jy kry al ons belastinggeld Julius ?????
Word wakker Julius en waak want die wiel draai .

Verstom ·

Ja nee Jacques. Ek sit en wonder ook onder watter klip hy die afgelope jare sit en DROOM. Witmense werk al lankal vir ander kleuriges. Ons was nog nooit spesiaal nie ook nie spesiaal behandel nie. En ja, die arme ou dommie glo werklik sy eie liegstories.
Ek kan nie help om te lag oor al die partye se beloftes nie. Bid maar vir ons land en sy leë beloftes. Om kwaad te raak is nie die moeite werd om jou siel hel toe te stuur vir die klomp nie. Ons God is groter.

geskok ·

wel as n wit person moet die waarheid praat en hul noem hom n rassis is daar grooot moeilikheid boetes en trunk stories maar hy wat n leier is kan se en maak nes hy wil ipv n voorbeeld wees??

Deon ·

Ek glo nie die storie dat werkers met wyn betaal word nie!! Indien dit die geval is noem asb die boere se name en plase en waar hulle is en gaan doen ondersoek of dit waar is!!

Anoniem ·

Ek voel ook soos jy. Maklik om in die algemeen te beskuldig, want dit val sag op die ore van sy gehoor.

Gee detail! Indien dit waar is, is dit verkeerd en moet wel stopgesit word.

Gertryda ·

Dan geld dieselfde uitspraak van hom vir hom
It takes 2 to tango maar 1 in Suid Afrika

Carel ·

Die sogemaamde boeke wat sy mense moet lees is toevallig ook deur wittes geskryf
Ironies né

ES ·

Dis die definisie van ‘n skynheilige. Jou woorde is wind. Net om stemme te werf.

Ongelukkig is sy volgelinge meestal brandarm, ongeskoolde individue wat deur emosie aangehits kan word omdat hulle nie geleer het om te dink vir hulself nie. Julius kap die ANC omdat hulle kospakkies uitdeel en T-hempde en omdat hulle watookal doen of nie doen nie. In dieselfde asem vertel hy vir hulle om vir hom en sy party te stem.

Maar wat, my liewe Julius, het jy vir daardie mense gedoen? Jy bly in ‘n baie meer spoggerige huis as wat meeste van hulle ooit sal. Jy verdien baie meer geld en leef andersins in ongeëwenaarde weelde…

Sakkie ·

As Steve die waarheid praat word hy gemerk as ‘n rassis. Nou wat is die verskil— velkleur???

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
.
Wat is die doel van politikusse ?

Jaag hulle die see in …en 99% van die probleme in die land is opgelos.

.
.

Anoniem ·

Dit is nie Witmense se skuld dat Swartmense nie selfvertroue het nie. Inteendeel julle het meer as genoeg selfvertroue, want dit word duidelik weerspieël in julle arrogansie.

JvA ·

Maar Mnr. Malema, ons is baie spesiaal. Ons is God se volk sien ?

Dries ·

Julius

Met my tuindiens besigheid, werk ek al jare lank vir swart mense, so dan is ek mos spesiaal!

Charl ·

Wat vir my baie snaaks is as Steve dieselfde oor wit mense se dan is hy n rassis

Hanna Hoekom ·

As witmense nie “spesiaal” is nie, hoekom die alewige minderwaardigheids kompleks? Solank daar Westerlinge is, sal n sekere standaard gehandhaaf moet word. En dit is blykbaar die probleem.

Wielspore ·

Natuurlik is ek spesiaal, die Here my God het my geskape en elke mens wat hy skape is spesiaal en uniek.
So ook is elkeen wat hier lees, ook spesiaal, geen ander mens op aarde kan hierdie voorreg van jou ontneem.

WitW ·

Wel spesiaal genoeg dat julle AL jul mislukkings op die witmens dompel, spesiaal genoeg dat jul dinge soos die kwota stelsel, regstellende aksie, BEE en en en nodig het. My maatskapy is trots WEE.

jo ·

Kan iemand iets vir my verduidelik, daar is 10 wittes vir elke 100 ander kleuriges (nie seker van ratio nie) so hoe op aarde is ons nog steeds n bedreiging? Nou n ander ding wat ek nie kan verstaan nie, bv, sodra daar n problem is iewers, sikloon in Mocambique, is dit gewoonlik die meerderheid wittes wat altyd help. Maar ons word by ons werke uit gedryf oor vel kleur, ons word sleg gese, Is ons stupid of wat? Vra maar net.

wet ·

Nie stupid nie maar baie naief.
Die tragiese deel is dat wit mense nie belang stel om ander arm witmense te help nie maar eerder ander kleuriges. ´n Vriend van houtbaai vertel toe ´n vuur deur die plakkers kamp getrek het, het die meerdere wit gemeenskap ingespring en gehelp het.
Net om van die slagoffers later te hoor hoe die ANC hulle gehelp het.

´n Maand of 2 later toe toy toy die klomp en vaar die residensiele buurte in met brandende tyres.

Binx ·

Natuurlik is ons spesiaal, ons kry elke dag soveel aandag van alle kante af. Soveel aandag word tog net gegee aan ekstra spesiale mense. ?

De Villiers ·

Julius, niemand het geïnsinueer dat jy of jou ras minderwaardig is of so moet voel nie. Maar die feit dat jy dit so gereeld ophaal tydens jou toesprake bevestig juis dat jy eintlik aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly omdat jy dit oor jouself bring. Trek dus die baadie aan as dit jou pas. Maar ek sal seker ook so voel as ek weet dat ek bedrogklagtes in die gesig staar en kiesers probeer opsweep deur feite te verdraai.
Jy is ook doodreg deur na jouself te verwys as ‘n rassis, maar nie omdat jy glo mense jou dit eien omdat jy die ‘waarheid’ praat nie, maar die teendeel.

HPV ·

Een ding kan ek vir 6% malema sê, net soos ons nie spesiaal is nie is swart mense ook nie eintlik spesiaal nie. Sou ons egter verdwyn sal die ekonomie ons baie gou mis. Hy met sy klein partytjie verteenwoordig ook nie eintlik die groter prentjie nie al wil hy so graag deel van die groter prentjie wees.

Lee ·

Vir wat plaas julle nog die idioot se stories. Hy soek net aandag voor die verkiesing!!

Anne ·

Stem saam met jou, sy belaglike uitlating was eers snaaks nou raak dit vervelig, hy soek net aandag

Blommie ·

Kyk Ray, maak nie saak wat hy se nie.
Hy is baie slim en moet hom glad nie onderskat nie.
Dis omdat ons die ANC van die begin af onderskat het dat ons sit waar ons sit in die gemors.
Hy weet presies wat hy doen en ek vertrou sy onskuldigheid glad nie.
Moenie dink hy gaan nie stemme werf nie. Ons almal moet nou stem al is dit net om n wyk te behou.

Dries Moolman ·

Wel een ding is seker, Malema self sukkel nie met selfvertroue nie. Maar baie keer is die met die meeste selfvertroue, ook geheel en al waansinnig.

O en so terloops, daar is nie naastenby genoeg witmense in hierdie land sodat elkeen van jou volgelinge ‘n slaaf sal kan he nie, julle sal maar self moet inspring en bietjie daai Gucci skoentjies en Armani suits uittrek.

RHG ·

Jaaaa, Groot Seun. As jy iets vermag het, wees dan gerus maar trots en voel baie spesiaal.
Kyk na die Notre-Dame wat al 800 jaar bestaan. Paleise wat eeue gelede gebou is en met goud beslaan is, stede en werkende stelsels oor eeue al in gebruik. Die boekdrukkuns en geskrewe taal. Jan van Riebeeck wat oor die oseaan gevaar het en die mooiste klere gedra het. Waar was jy Malema? Toe kom boere en wynbouers en ontwikkel die land. Ambagsmanne en meubelmakers bring hul vaardighede. Plant en bou met bloedsweet.
Dan ook natuurlik, kom die Christendom na die mooi land.
Waaroor is jy so arrogant, Julius?
Natuurlik is ons almal mense. Erken, waardeer, verstaan en verdra mekaar. Daar is vir elkeen ‘n plek in die son.

Essie ·

Ek wil net weet as daar nie meer fondse betaal word vir klasse nie hoe op dees aarde gaan die universiteite instand gehou word en die opvoeders betaal word

Verstom ·

Dit my liewe Essie, is al reeds die rede hoekom daar nie ordentlike onderrig in ons land is nie. Want alles moet verniet wees. Want wie wil nou vir peanuts werk? Mense immigreer en is baie gelukkig in ander lande, want hulle word betaal dit wat hulle werd is sonder om spesiale behandeling te kry. Een van die GROOOOTTTTSSSTTTTEEEE probleme in ons liewe land is dissipliene. ons maak kriminele groot, want menseregte is al meer as breinselle.

fred ·

“the proof is in the pudding” bewys vir ons jy kan ook “special” wees ,bou iets op pleks dan te verniel…..sien nou die Notre Dame in Parys is voor 1350 gebou….moet ek meer sê?

Kriek ·

Ja Maroela, ons kan op julle staatmaak om my baie nie-aanstootlike kommentaar (wat reeds gewys het) te verwyder. Moenie nou kom met “goedkeur” en so nie. Niemand glo dit meer nie. Dis net diskriminasie.

Gordon Geyer ·

Julius sit met n minderwaardigheids kompleks….maar ek sou ook as soveel witmense dink ek is n nikswerd msp!

Tanya ·

Ek het jou gese jy vir jou mamma se om jou skoon geld terug te kry as sy betaal het jy het jou en jou ma se tyd gemors jy het feel UK nie dit wat jy het gebruik jy nie

Spike ·

Wel malema, jy is verseker niks in ons wittes se oë nie. Ons vrees jou glad nie. Die probleem is, daar is teveel wat jou glo, maar wat kan mens anders verwag.

pinkie ·

Wonderlik, so my kind sal nou werk kan kry! Ons as ouers en hy as kind gee nie om wie sy werkgewer is nie, solank hy net ‘n werk kan kry en geld verdien! Viva JM, as jy die diskriminasie teen ons blankes kan stop, haal ek my hoed vir jou af.

LEKKER GELAG ·

kospakkies van julle tax geld ja right hulel kry mos als verniet….die witman se tax geld…ja did wat julle kry.. dan is ons goed genoeg, mnr malema hou op lieg vir die mense met jou bank rekening kan jy sekerlik kospakkies gee….met n bottle wyn.

Linda Limbo ·

Ag ou JuJu, jy’s so spesiaal ons almal wens jy en jou kamerades kry vir julle ‘n nuwe land
‘n nuwe regering en sommer ‘n nuwe gesig
jy leer die kinders mooi om te droom, maar dis al wat dit is
‘n droom, ………. hou aan droom julle sal nooit ooit ons wit mense kry om julle voete te was!
plaas hou julle op om die land af te brand en al die skole, kerke, hospitale en begin leer en werk vir wat julle wil he….

hou aan slaap malema sluimer saggies, jou BIG BANG is naby

David ·

Ja die probleem is jou rasistiese weeskind wat geen idee het waaroor dit gaan nie en net op hoorse reageer want hy was nog nat agrmter die ore en is nog om te weet wat aangaan en ek dink hy slaap nie in die aand nie so bekommert is hy oor die witmense wat by hom spook elke aand so lekker slaap JUJU

Maljan ·

Wha ha ha ha ha ha ha ha . nou hoekom is hy dan so jaloers ip hulle?

Oujongvrou ·

Malema jy is een van die luiste mense wat daar is. Jy het net n los kakebeen. Praat baie en oes dan die ledegeld. Jy weet goed julle sal nie n plaas kan bewerk nie. Daarom dat jy wil he die witman moet dit kom doen dan sit jy op die vervalle stoep. Vergeet maar daai droom my ou, ons het baie trots, en die wat kan gaan almal elders geholpe raak. Ek persoonlik sal maak soos julle tans maak. Gaan plak iewers en hou hande bak. Kos my dan niks.

PIPPIE LANGKOUS ·

Wel, as julle my dan ‘n rassis moet noem omdat ek die waarheid praat, kan julle maar.

GM ·

Jo, jy is reg. Ek wonder ook altyd hoekom mense aanhou help as die hulpbehoewendes hulself nie wil help nie. As jy als vir hul verniet gee, staan hul môre weer bakhand, maar as jy hul kan leer om hulself te help deur eerder vir hul vaardighede aan te leer, werk te skep ens., sal dit hul meer baat op die langtermyn. Baie wil net nie werk nie, want daar is altyd iemand wat vir hul geld sal gee vir niks doen nie.

Ek het meer respek vir die ou wat iets langs die pad probeer verkoop, al is dit hoe ‘n belaglike produk, as wat ek het vir een wat net ‘n bordjie vashou en bedel. En dié wat so geld gee vir kinders wat hoog op dwelms/gom is, besef nie hul hou hul daar nie. Hulle gaan koop nie kos met daardie geld nie. En ek besef hul probeer ontvlugting van hul omstandighede vind, wie sou nie wou as jy op straat moes bly nie? Maar mens kan hul op ander maniere probeer help.

Geboortebeperkings moet ingestel word, want als gaan vererger. Hulle moet dit besef. En die meerderheidsgroepies kan maar minder voel hulle is geregtig om als verniet te kry net omdat hulle gebore is.

Jerry ·

If white people are not special, then why are you so jealous and so fearfull of them that you tell black people that they must hate white people, steal their land, destroy their lives, to oneday chase them into the sea. It seems that you have a problem with white people, it seems like what you wish to happen to young white people has happened to you and you fear that it actually might happen again. It seems like you are fast becoming your own worst nightmare! As long as you use the ideas that you stole from Thomas Sangkarra from Burkina Faso, white people will remain very special, and for that i have to thank Thomas and you. You made white people special, because we are in your head, in your thoughts, you cannot escape us! You will always remain jealous and fearfull of white people, because you can kill the man, but never his faith!

Mel ·

Ek dink ons is BAIE spesiaal! In ‘n land waar die meerderheid bande brand, chaos saai, mekaar met stoele gooi, asblikke omgooi, motors beskadig, plunder en verniel as hulle nie hul sin kry nie, het die meerderheid witmense die takt en wysheid om eerder rasioneel en met respek op te tree. Ek dink dit is iets besonders en spesiaal!

Mardie ·

Ooooo ek sien pret en plesier as die verkiesing verby is. My oorle oupa het altyd gese hoor lee blikke raas baie. Juluis dit wil my voorkom jy raas baie. Hoekom gee jy nie die plaasboer se naam wat nog met wyn betaal nie? WANT DAAR IS NIE SO IEMAND NIE ….weereens lee blik

Judge Dredd ·

Ons is nie spesiaal, ons is slegs beter:

Nie omdat ons sterker is,
Nie omdat ons vinniger is
Nie omdat ons slimmer is

Maar omdat ons nie wag vir “handouts” en ‘n werksetiek/kultuur het wat eerder opbou/wetsgehoorsaam is as om af te breek/rebelleer.

Danny ·

Julius jy is soos gewoonlik weer verkeerd ons witmense is nie spesiaal nie ons is SUPER SPESIAAL. Kom ek verduidelik vir jou in n paar woorde. Jy sien alles wat jy aan kan raak en sien het ontstaan uit die witman se kreatiewe skeppings vermoee . Jou klere ,die kar wat jy ry op die teerpad selfs die verf vir die wistrepe, die horlosie wat jy dra (ongelukkig help dit nie dat jy altyd laat is nie) die mikrofoon wat jy jou twak mee uitbasuin en selfs die gebou waar jy in staan by die instansie alles breinkinders van die super spesiale witman. Kan ek jou n geheim verte Julius selfs jou naam het jy by die witman geleen en Afrika het selfs sy naam ook by die witman gekry. En laastens Julius as dit nie vir die witman was nie het jy nog met n stert-riem geloop.

ChrisE ·

Ons wittes trap oop oë in die strik. Die man is nie toerekeningsvatbaar nie. Sy uitsprake is banaal en absurd. Hy kry die nodige reaksie en publisiteit van ons wittes. Al is dit hoe moeilik, ignoreer die vent net. Hy sal of iemand sal hom sê die umlungus luister nie meer na jou nie.

Deloris ·

N leeu en enige ander dier kan nie in een hok wees nie…. watter deel verstaan hy nie? En net hy sê Wittes is spesiaal. Ons is ook mense.

Se maar net ·

Kan een mens so bedreig voel deur die wit mense. Shame Malema’tjie. As jy minderwaardig voel kan ons niks aan jou saligheid doen nie. Miskien moet jy jou meer toespits daarop Malema om “jou” mense op te hef, te skool en ‘n beter lewe te gee as om te bly dink aan hoe spesiaal wit mense is. Maar NEE dis mos nie die agenda nie, want dan kan die mense jou nie vol stop dat jy jou weelde lewe kan ly nie. Met dit gesê…..JA ONS IS SPESIAAL want ons is opgevoed, ordentlik en breek en brand nie af wat vir ons gegee word nie.

jo ·

ek verstaan die malema mannetjie ontketen baie
vlambare gesprekke,ons moet ophou om die ou
peblusiteit te gee,maroela moet net laat weet as hy kla sy dinges gesien het verder wil ons niks van hom hoor.

Willem ·

So Julius is trots rassisties wanneer hy die waarheid praat, maar ek gaan tronk toe wanneer ek die waarheid praat en na ras verwys? Dit maak my spesiaal.

Kerrie Vlam-Skiet Briekstreep ·

.
.
Wat is Julius se bydra tot die ekonomie ?
.
……nie eers SARS belasting nie.

.
.

Snowball ·

Julius,
The lion doesn’t turn around when a small dog barks. – African Proverb

Groete
Die Witmense

Die skim ·

Weet jy hoekom ons werk…want ons is wit soos n panado !!!!

Jerry ·

Why did the ANC chased Julius away? Because Julius is a racist and a disgrace to his own race, thats why! Julius is not only a victim of apartheid, julius is also a victim by his own doing! White and black people should actually feel very sorry for julius, just as the human rights commission has done. They have actually felt very sorry for the poor victim who has shown remorse by just changing his tune a little bit to their liking! One of these days all South Africans are going to also feel very sorry without really feeling sorry for poor victim julius!

David Potgieter ·

Malema. Jy besing jou eie beul. Maar wys my wat het jy vermag in die land wat positief is op mens en ekonomie? Nee, jy is ‘n parasiet wat keer dat mense vir ‘n bottle wyn werk (wat totaal onwaar is en ophitsing is) en dan met ‘n R450,000 se Rolex horlosie rondloop. Sien, die heb sug het jou aan die kraag beet, en wie weet ou Malema, dalk is die wittes jou ondergang.

Alida ·

Die kind het n chip op sy skouer oor hy swart is en nog niks bereik het nie behalwe haat te versprei.

AttieNo ·

Stadig my Volk, stadig. Vir eens stem ek saam met Malema. Verby die geweld en plaasmoorde behandel die kleinvolk ons baie keer (selfs sonder jou wete) baie beter as hul eie mense.

En dan die lae selfbeeld, dit is waar swartmense het n baie lae selfbeeld en onsekerhied in hulself. Dit is waar die “I ma a African” en oordrewe swart nationalisme vandaankom. Dit is egter nie wit mense se skuld nie, en hoe hulle hierdie “minderwaardigheids-rasisme” gaan oorkom weet ek nie.

Jepetto ·

Ja Malema a boer daar in die Noorde het jou seker met a sambok bygekom jy dink voor jy nou praat

HPV ·

Jerry, jou twee kommentare is ‘n mondvol, maar woord vir woord die waarheid.

Nonnie ·

Ha ha ha Malema, jou minderwaardigheid is so ooglopend, en dit is hoekom jy so teem met die wittes…….ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.