Malema: ‘Wittes nie geregtig op grond nie’

Julius Malema in die hof.

Julius Malema in die hof.

Julius Malema, EFF-leier, het Maandag gesê wittes is geensins geregtig daarop om grond in Suid-Afrika te besit nie, aangesien wittes “swart volksmoord gepleeg het” toe hulle swartes van hul grond ontneem het.

Malema het sy ondersteuners buite die Newcastle-landdroshof toegespreek waar hy vroeër die dag moes verskyn op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging van EFF-ondersteuners om grond te beset. Malema het volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie en het gesê die aanklagte teen hom was ʼn poging deur pres. Jacob Zuma om sy politieke opposisie uit te skakel.

Hy het ook gesê die wette wat hy na bewering oortree het, is “apartheidswette” wat deur die apartheidregime geskep is.

Malema, geklee in ʼn pak en das, het verder beweer dat die Britse monarg koningin Elizabeth die titelaktes vir eiendom in Suid-Afrika in haar besit het en dat die ANC-regering te bang was om dit terug te vra. “Hierdie land is steeds in die hande van die koloniale meesters. Hierdie land is nog steeds in die hande van wit mense. Hierdie land word uit Londen beheer,” het Malema gesê.

“Daar is nog stukke grond hier in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en plattelandse provinsies waarvan die titelaktes steeds deur die koningin in Londen besit word. Die ANC, wie se T-hemde julle vandag dra, weet nie hoe om die titelaktes by die koningin in Londen te kry nie.”

Malema het gesê hy is nie bang om tronk toe te gaan in sy stryd om vir grond te veg nie. “Die wit man was vir te lank gemaklik. Ons is hier om onbeskaamd die wit man se vrede te versteur, omdat ons nie vrede ken nie. Ons weet nie hoe vrede lyk nie. Hulle swem in ʼn swembad van voorregte. Hulle geniet hulself omdat hulle nog altyd ons grond besit het.”

Hy het gesê toe wittes in Suid-Afrika aangeland het, het hulle “swart volksmoord gepleeg” om swart mense van hul grond te onteien. “Hulle het vreedsame Afrikane hier gevind. Hulle het hulle doodgemaak, hulle geslag soos diere. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie. Wat ons vra, is die vreedsame besetting van grond en ons hoef vir niemand daarvoor om verskoning te vra nie.”

Hy het gesê die ANC het die aanklagte teen hom gemaak namens wittes. “Wit minderhede, wees gewaarsku. Ons sal ons grond vat. Dit maak nie saak hoe nie. Dit is op pad en dit is onvermydelik. Die grond sal gevat word op enige manier wat nodig is.”

Malema het verder gesê dat die parlement ontbind moet word en ʼn vroeëre verkiesing gehou word om ʼn “geldige parlement” op die been te bring en ʼn “geldig verkose president” aan te wys. “As julle nie die president verwyder nie, wys julle vir die Grondwet die middelvinger,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Malema se regsverteenwoordiger het in die hof aangedui sy kliënt gaan ʼn hooggeregshofaansoek indien om die Wet op Oproerige Byeenkomste ongrondwetlik te laat verklaar. Daar is versoek dat die saak uitgestel word sodat Malema die aansoek kan indien. Landdros Ian Colditz het die aansoek toegestaan en gesê indien Malema se aansoek teen 7 Desember nog nie ingedien is nie, moet hy weer in die hof verskyn.

Indien bewys voor dan gelewer kan word dat die aansoek wel ingedien is, moet Malema eers weer op 5 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Dirk Strauss ·

Solank Malema dan die grond weer vir die Khoisan terug gee.

Sanna ·

Gaan hy nooit ophou nie. Malema mak en breuk en se net wat hy wil, maar nogsteeds word hy nie gestraf nie? Wanneer gaan dit ophou. Dis al hoeveel jare nie meer 1994 nie. En om te se die wittes lewe te heerlik met swembaddens ens? Hy weet net mooi niks, hy hak vas by een ding en kan nie sien hoeveel twak hy kwytraak nie

Raymond Bastone ·

Malema moet groot word en wakker ook. Die mannietjie maak net wat hy wil tot die slim regeering is bang vir hom. Wel weet ons gaan nie stil sit en kyk hoe hy moor onder die boere nie stop dit ons is dik vir jou k!!”

Jakes ·

Hello dolly! Wat het Julius al opgebou of gekoop?
Die media gee hom ‘n platform, neem dit weg en hy is niks. Margaret Thatcher het dit baie goed in haar land gedoen.

Andre ·

Met verwysing na Julius Malema se uitlatings vandag, m.b.t. die besetting van grond.

As ons die dekolonialisasie aandrang tot sy logiese implikasies navolg, sal die Afrika kontinent se politieke landsgrense moet afgeskaf word.

Dié grense is immers in die koloniale era deur Europeërs getrek!

Sonder die huidige koloniale landsgrense is daar miljoene hektaar grond vir Julius Malema (en navolgers) beskikbaar in die huidige Botswana (en Zambië) waarvandaan sy (Sotho) voorvaders Suidwaarts getrek het.

Botswana is ‘n voorbeeld van ‘n land “sonder mense” aangesien die Tswana mense die Swart regering vrywillig agtergelaat het om na Wit Suid Afrika oor te stap.

Dis net logies dat mense van Sotho herkoms (soos Malema) hulle drome van gratis grondbesit wyer moet gooi as die “koloniale grense” van Suid Afrika?

Dark.O ·

Nou verwag jy van die heer Malema om ń groot intellektuele sprong te maak…

Ettienne ·

Dis darm snaaks dat Malema en die res van die mede witmens haters altyd sê wittes moes nooit Afrika toe gekom het nie. Dit is nog snaakser om te sien hoe lief hulle vir al die goed is wat die wittes ontwikkel en vervaardig het. Luukse karre, snyers pakke, duur skoene en horlosies, whisky, ens.

Stev ·

O ne, jy sal vat op enige manier. En so sal ons verdedig op enige manier. Sterkte ou “maat”, gaan skool toe, werk hard, bou ondervinding op, spaar en koop jy eie.

Daniel ·

Hy en sy volgelinge eet lekker van die kos wat van die “bose” wit boere se plase af kom!

Egbert ·

As die berig ‘n woordelikse weergawe is en hy nie aan haatspraak skuldig is nie dan is daar geen sin in om wetgewing hieroor te promulgeer nie. Dit laat die k-woorde waaroor almal in beroering kom soos ‘n sondagskoolpiekniek lyk.
Egbert

Gavin ·

Hy en sy travante gaan nog die oorsaak wees vir n burger oorlog in die land. Sy slim volgelinge is te onnosel om te besef dat baie min mense, wit, swart, geel pienk en pers geen land best nie. Meeste van dit behoort aan die banke en ander finansierings organisasies die grond besit tot die dag wat dit op betaal is. So ekt geen idee waaroor hulle so opgewonde raak nie.

Alida ·

Hoe op aarde kan hierdie kind toegelaat word om sulke uitsprake te maak? Hy weet niks van die geskiedenis af nie. As n blanke persoon sulke rassistiese uitsprake maak was hy vanaand al in die tronk.

Bella ·

Ek stem saam. Hoe kan so poepsnuiter net sê wat hy wil, hoe hy wil en nooit aangekla word van haatspraak nie. Gaan my verstand te bowe.

Ben ·

Ek will net dit sé , moet nie huil as die kwaad wat jy saai die wrange vrugte van selfvernietiging dra nie
Die wiel draai Malema en jy sal die volle krag van die beskaafde teenstand voel

Sê net ·

Die blankes was voor die swart mense in SA. Toe die blankes aan die Kasp geland het was daar slegs Hottentotte by eie grond geruil of gekoop is met middele wat deur dié betrokke grobdeienaars vasgestel is. Of die betaalmiddele wat gebruik is vandag vir ons of ander ander onanvaarbaar is – dit is wat die grondeienaars wou hê en tevrede mee was. Ander volke het ná 1652 uit die res van Afrika na die Suidpunt gekom en sover hulle getrek her, geplunder en gemoor en dit ook in Suid Afrika gedoen. Mense soos zuma en malena versprei hul eie weergawe van die geskiedenis ondat dit hulle politieke aspirasies pas.

Eugene ·

Andre. Hou net op twak praat. Die Tswanas is nog steeds in Botswana want Botswana het al die jare ‘n hoër opvoedings en lewenspeil as Suid-Afrika gehad. Selfs in die apartheidsjare was dit so

marlene ·

Die dag wanneer Julius Malema leer om op te tree soos ‘n leier, sal mense meer respek hê vir hom. Hy is die persoon wat ‘n voorbeeld moet stel vir sy volgelinge. Die eerste basiese ding wat ‘n ouer/ leier/ hoof, of wie ookal moet doen, is om ‘n goeie voorbeeld te stel. RESPEK – is vir my een vd magtigste woorde op aarde.
Respek vir ander.
Respek vir lewe.
Respek vir eiendom.
Respek vir wette ens ens
Hy moet hierdie klein woordjie gaan leer en toepas in sy lewe, en dit vir sy kinders en volgelinge leer.

PMB ·

Sy uitlatings is lasterlik en daarvoor moet hy boet. Geen wit persoon mag sulke uitlatings maak nie. Hoe kom hy hiermee weg???

CL ·

Ten minste kom sy doelwit en denkwyse weer na vore. Dit het weggeraak in sy o-so-edele poging om van Zuma ontslae te raak.

Lance ·

Kan iemand net asb vir my se wat die man al in SA opgebou het ….net een ding asb ? Ek het dan my grond gekoop nou wil hy dit net vat ….huh hoe werk dit wil hy dit teruggee vir die Khoisan want sy voorvaarders was verseker nie eerste hier nie …HALLOOO !

Rynhardt ·

Wat die hanswors nie weet nie, blankes is die wettige eienaars van hul grond! Die geskiedenis wys hoe swartes uit ander Afrika-lande gevlug het weens oorloe en hongersnood! Malema, blankes gaan nie net staan en toekyk hoe alles van hul geroof word en dat hul uitgemoir word nie.Bangpratery het nie n impak op ons Afrikaner/Boervolk nie!

Flippie ·

Ek wil nou nie trane op jou battery laat spat nie, maar eienaarskap het nog nooit die Afrikaanse enige betekenis gehad nie.

Eienaar landbouers wat wit was was soos honde van hulle plase af gejaag. Niemand van die medeboere het enige hulp verleen nie. So het dit aan gegaan totdat amper geen wit lanbouers in Zim oor is nie.

popeye ·

Malema, jou volk (breed gestel) soek restitusie boet, nie grond nie.

lettie ·

Malema is n wannabee mugabe. Sy breinsel is net so verkalk soos mugabe sn. Hy het net suur druiwe omdat sy tamatieplaas opgeveil is oor hy belasting probeer ontduik het. Hy is net so desperaat vir mag en geld dis die wat hy die weerloses probeer oprui. Hy sal die weerloses vir goedkoop arbeiders gebruik terwyl hy luilekker in sy paleis sal sit en Europese whisky drink in sy Europese ontwerpersuitrustings met sy Duitse motor geparkeer in die motorhuis.

Billy ·

Hy sing nou al 10 jaar lank dieselfde deuntjie. Dis hoe hulle ons beheer: deur vrees in te boesem. Oor tien jaar sal hy nog steeds daar staan en roggel.

gert ·

Die skepsel is n lastige vlieg. Kry die vlieeplak. Jy kan nie met n mentaliteitlose maaksel redeneer nie. Jy mors jou tyd.

Amanda ·

Malema trek jou 2 jarige skoentjies uit en word groot en wakker. ñ Regte Mugabe volgeling. Gaan terug skool toe en leer jou Geskiedenis.

vermeende ·

Ons kan neerhalend hier kommintaar lewer of uitlokende kommintaar maar feit bly feite, Malema is die enigste politiekus wat presies doen wat hy gese het wat hy gaan doen en nou vertel hy weer wat hy beplan.
Malema beplan n volksmoord.

Marcel ·

Vermeende , jy slaan die spyker 100% op die kop . Baie mense dink dit gaan nie gebeur nie en is ook nie voorberei daarvoor nie , sommiges gaan toe oe deur die lewe en dink nie hoe erinstig die probleem is nie , want dit traak ons nie . Maar die dag is naby en hulle gaan ons onverwags aanval.

GES ·

Hy is ‘n maar ‘n uitdagende man. Ons sal sien wat gaan gebeur as hy sy sy dag in die hof gehad het. Sal hy nog so vol bravade wees?

Callie van der Merwe ·

Malema is nog n kind in my oë! Nie genoeg dissipline geleer nie en nog nooit vir iets gewerk nie! Ou seun, jy gaan nie sommer net vat nie!

Scalla ·

Dit nou van ‘n persoon war sê hy haat nie die blankes nie. Gaa. Kyk baie mooi wat hy sê eers gaan hy die blankes se grond probeer vat en dan gaan hy vra dat sy volgelinge die blankes uitmoor. Hy en sy volgelinge wil oorlog hê. Hulle besef nie wat die gevolge van ‘n oorlog is nie. Al wat ek weet is dat o s maar solank gereed moet maak vir oorlog want dit gaan kom. Ons moenie onkant gevang word nie. Ek het nie baie nie en ek gee nie eers om as hulle al my aardse goed vat nie maar ek sal tor die dood toe vir my mense veg.

Milan ·

…en die Israeliete se titelaktes is in Toetankamen se graf opgesluit.

Johan ·

Hulle kon nie eers n wiel uitvind nie, nou wil hulle n vierkantige wiel laat werk.

Elmien ·

Ja nee die mannetjie moet maar weer skool toe gaan en sy geskiedenis gaan leer Shaka Zulu het almal uitgemoor. En hy moet nou begin groot word en dink aan wat reg is vir die land anders gaan daar niks oorbly vir hom om te kan vat nie.

Sus ·

Ek hoop die blankes wat gedurende die pas-afgelope munisipale verkiesing hand-om-die-lyf met dié nar gestaan het, besef nou hulle het hulle naam met ‘n plank geslaan! Soveel van ‘n verkleurmannetjie sal jy nie sommer elders kry nie.

Piet ·

Sus, lyk my ek gaan elke maal stomverbaas wees as ek jou kommentaar lees. In ‘n vorige berig maak jy dit duidelik dat daar nie volksmoord teen blankes plaasvind nie. Volgens jou is dit maar net gewone misdadigers wat so opgewonde raak wanneer hulle ‘n blanke man met n graaf doodslaan. Malema sing gereel die “kill the boer” lied en hier spel hy nou uit wat sy planne is. Het jy gesien hoeveel mense stem vir die ou? Waar verskil die ANC se beleid ook nou eintlik van Malema se beleid? 70% van die bevolking stem vir die mense. Is dit nie dalk tyd dat jy die skrif wat aan die muur is begin lees nie, of wil mense soos jy net sien wat jy wil sien?

Henk ·

Toe Malema se voorsate oor die Limpopo-rivier suidwaarts beweeg het, was Jan van Riebeeck lankal aan die Kaap gevestig. Hy het GEEN aanspraak op ‘n enkele vierkante meter grond in Suid-Afrika nie.

nicolet mouton ·

is dit nie n openlike verklaring dat wittes gedreig word nie, hulle sal die grond terug vat op enige en alle maniere so dit klink vir my in n mate dat met moord en geweld ook n wyse kan wees. die hele wereld het met bloed en sweet oorlog gemaak so toe die britte ons land betree het en gewen het was hulle ook verkeerd so enige land wat bekom is deur oorlog, is verkeerd die bloed wat verloor is het seker niks beteken nie, wat van die slag by bloed rivier waar ons geveg het vir ons reg en so baie mense se lewens verloor het. beteken dit niks

vierkleur ·

malema , hou op met jou dreigemente, en doen iets. Ons is al lankal g@tvol vir jou,
en jou volgelinge.
Kom probeer ons grond vat,dan kyk jy wat gebeur.

stev ·

Ek stem, ek vra hom ook om te kom probeer, hy sal hom in ‘n genadelose muur vasloop en hy gaan baie skoolgeld betaal. Al wat ons boere moet besef is dat hulle nie alleen is nie. Moenie skaam wees om jou buurman te vra vir hulp nie, ons sal hande vat en ons sal mekaar help.

kat ·

Ai die malematjie jy moet groot word jy is niks verskil van zuma nie jy het net so gesteel toe jy anc jeug lige president was stop jou nonsens en bou n gesonde rsa

Erf Wetter ·

Korrek. 50 miljoen van hulle. Dan wil hy beweer die blanke het volksmoord teen die swarte gepleeg???

dom ·

F jou jy kannie iets claim wat nie aan jou behoort nie. In 20 jaar het julle meer as genoeg tyd gehad om te bou maar julle het besluit om af te breek en te vernietig.

303 ·

Ons sal maar moet sien wie laaste lag, want hy lag dan die lekkerste…

Cornelia ·

Malema blaas rassehaat so aan onder sy aanhangers.
Elke dag lees en hoor ons van aanrandings en moorde op wittes.
Moenie sy uitlatings en dreigemente ligtelik opneem nie.

m ·

Hulle verdien ook nie grond nie maar nou moor hulle ma die boere uit om dit te probeer kry

Fliss ·

As ons hier moet waai moet wittes in Aus, NZ, Kanada, Noord en Suid Amerika ook dan mos daar waai…….of nie?

John ·

Watter volksmoord? Met meer as 60 milj swartes en skaars 4 milj witmense? Maar stry is nutteloos. Dit wil lyk of die EFF en die ANC gaan saamsmelt. Daar is net ‘n leierskapsprobleem. Ma en die ANC-jeugliga-leier wil baas word en anti-X en… en… en pres Zu se Zim-kruieaanvullings gee hom stukrag vir nog 20 jaar. En dan is daar die Gu-Xi-base/vriende uit die Ooste wat plase eis vir myne en wild. Suid-Afrika is net so groot en water skaars… Baklei gaan daar baklei word… Die 1e volksmoord in die SA sal tussen die swartvolke self volg soos die’ daagliks tussen hul rasgenote bo in Afrika… tot 0 oorbly.

E.K. ·

Die Khoi (San) is die ENIGSTE werklike, wettige oorspronklike eienaars van grond. En hul het die minste sê in ons land. Die res van die swartes het met tyd hierheen af beweeg uit Afrika, blankes het uit Europa gekom. Die wat nou weer wil vra waar ek daaraan kom, gaan lees soveel moontlik boeke oor die geskiedenis van SA. En ek bedoel soveel moontlik!

Magda ·

So sê hy weer net wat hy wil, moedig weer haatspraak aan terywl hy reeds vir die einste ding aangekla is. Hoekom kan hy sê wat hy wil maar Steve Hofmeyer nie?

Johannes Meintjes ·

Mens begryp in ‘n mate die kulturele konflik, ook in SA. Ek noem dit sommer kortweg “tribal angst”. Persoonlik weet ek dat swartes in o.a. Canada, Frankryk en Belgie ook soms sukkel om daar “hulle regte” te kry. Wat my as landsburger in die Nuwe SA (beter vir almal) wel bekommer is dat dat mnr. Malema nie waargeneem word as met werklike oplossings vir kulturele konflik en ekonomiese ontwikkeling te voorskyn te kom nie. Om bloot tot irritasie op te stook, te raas, tier en teem, – en betaal te word daarvoor, – is maklik. Tot my spyt skyn die ou maniere van Afrika bloot voortgesit te word in plaas daarvan dat ons almal die Nuwe SA ten beste van ALMAL opgebou kry?

wilhelmien ·

Ongelukkig is die proses van uitmoor alreeds n geruime tyd aan die gang. Dit is so, ons moet die dinge nie ligtelik opneem nie. Malema is baie slinks. En nee, hy het nie respek of vrees vir die howe nie. Hy is op n missie…

Sam ·

Dis ok.. wittes verdien nie grond nie, maar soo ook nie swart nie. daai grond oor wie julle so baklei is eintlik die Khoi sin. So Malema doen dan mos nou presies wat die wittes gedoen het, SA word binnekort die nuwe Zim

Chris ·

“Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie”
Dit gebeur elke dag, volsmoord is al vir jare aan die gang.
Hoekom word hy nie aangekla by een of ander komisie nie?
Skielik styg die verkope van wapens en ammunisie onder ons mense weer…

Linkie ·

Ek brand eerder my plaas af voordat enige iemand dit net sal vat.

My tweesent bydrae ·

Ek wonder wat my bank gaan se as my eiendom ontset word . Ek betaal nog my paaiemente af .

Pietman ·

Wel indien ons nou gaan wegbeweeg van titelaktes en banklenings na’n stelsel van grondgryp met geweld dan speel ons maar daai spel.’n goeie geweer is sekerlik goedkoper. Ek dink daar is lekker vrugbare grond in Transkei.

Lila ·

Waars die Verenigde Nasies nou?? Hoekom word daar nie nou sanksies teen RSA ingesit tot die volksmoord stop nie.. met apartheid het hul mos geweier dat SA mag deelneem in internationale sport.. nou wanneer skrik hul wakker??

Vat my huis en my plaas wat ek al jare afbetaal en eintlik nogsteeds aan die bank behoort.. maar glo my ek sal nie net oorgee sonder ‘n oorlog nie.. en as ek sien dis ‘n verlore stryd sal ek elke liewe struktuur wat deur my oupa en oupa groot opgerig is SELF afbrand en elke boorgat en dam sal vol stregnien / arseen gepomp word.. sodat elke liewe pes wat ‘n druppel van daai water drink swaar sal vrek! En dis nie net ‘n dreigement nie Malema.. dis ‘n belofte!
Jy moet solank ‘n paar printers ook koop.. want ek kan sommer sien dat die banke kort na jou grondgrypery bankrot sal wees want ek weet van niemand wat so idiooties sal wees om streeds die paaiement te betaal nie.. en dan moet jy maar daai rolmodel van jou (Mugabe) se voorbeeld volg en nog so paar ekstra randjies vir jou print.. en dan kyk jy waar jy ‘n sakkie mieliemeel kan koop om daai boepens van jou in daai kondisie te hou waar hy tans is!

Denise ·

Dit is so pateties hulle wil grond vat en dan gebeur net mooi niks op die grond nie kyk wat het met al die vrugbare plase gebeur wat hulle gehad het malema is die kluts kwyt hy sal aanhou karring en opstook dit is al waarvoor hy goed is so tragies as dit so aan hou sien ek net swarigheid vir almal in die land!!!! Without prejudice!!!!

Loom ·

Ons land sal nie n politieke uitkoms kry nie. Ons leiers stel nie belang in die land se mense nie. Die leiers is dronk op mag en rykdom. Ons benodig die samewerking van alle mense in Suid Afrika. n Belasting betaler staking. As ons nie on regering dwing om na die mense te luister nie gaan hulle niks doen nie. Die OB kan nie ons enigste verdediging wees teen n vrot leierskap nie.

vytjie ·

Dis net die vyand wat sy planne in die openbaar bekend maak. Nou weet die kinders van die HERE wat om te doen. Gideon het net 300 nodig gehad om oorlog te voer met God aan die voortste linie.

Linda ·

Ek wonder net wie gaan die kos plant en voorsien? om sy maag in stand te hou!

G@tvol!!! ·

Die EFF se leuse is mos “Everything For Free”, Nou dink Ou MALEMA hy kan ook net vat, dis genoeg dat hulle als net afbrand as hul nie hul ou sin kan kry nie, foeitog mens kan net jammer vir jou en jou volglinge voel, ek dink jy en jou trawante is onbevoeg om enige nasie te probeer lei of voorse. Gaan leer jou Geskiedenis Boet en word groot, Fokus liewerste op die gehoefte vir water, want hoe gaan jul ooit grond kan bewerk as daar nie ‘n druppel water is nie. Daar is baie meer kommer in Suid Afrika, as jou opsessie met grond beset. Maak tog asseblief net jou ogies bietjie oop.

Chnel ·

Al het die wittes nie aanspraak op grond wat beslis onwaar is wat van die kennis wat hulle gebring het en waar sou die swartes vandag gewees het was dit nie vir daardie kennis nie. Hemel hulle kan nie eers die plase wat hulle verniet kry met die kennis wat die wittes porbeer oordra maak werk nie.

Andries ·

Dit gaan weer n bloedbad wees soos in Bok van Blerk se song “De La Rey” – in hierdie geval sal dit nie teen die kaki’s wees nie

M Roode ·

Ek wil net weet hoe kan dit alles wat Malema verkondig nie ook as Rassisme of haatspraak verkondig word nie. Hy is werklik besig om veral die jong opstandige jeug op te stook en spesifiek teen die witmense.

Japie ·

Kom ons vat hande want gebed alleen gaan die verskil maak. Ek het hierdie kragtige verklaring vandag op Facebook gelees en kom ons stem saam:

Julius, die meerderheid boere aanbid n lewendige God wat ons reeds die outoriteit gegee het om jou demoniese hirargie met al sy voorvader geeste en sangomas tot n val te bring. Jou tyd het nou aangebreek… so ek gaan jou nou op my gebied aanval… die geestelike realm. Ek bestraf jou hele netwerk met verwarring, blindheid en doofheid. Julle sal mekaar nie verstaan nie, julle woede sal teen mekaar draai en julle sal totaal verward wees. Ek bind jou demoniese werke, ek bind jou planne van vernietiging en al jou negatiewe uitsprake en gebied dit om terug te draai van waar dit kom en vernietiging te saai in die bron van oorkoms. Ek sny jou kommunikasie met alle demoniese mag, gesag of outoriteit in die geografiese areas waar julle funksioneer. Jy sal vanuit 1 rigting kom en in 7 rigtings vlug…. ek oorhandig jou en al jou leiers NOU vir n volle seisoen van tugtiging vir alle ongeregtigheid wat jy gesaai het. Dit gebied ek nou deur die gesag en outoriteit van JESUS CHRISTUS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.