Malema: ‘Zille is SA se nommer een rassis’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, omstrede leier van die EFF, het Sondag vir Helen Zille, leier van die DA, beskryf as die “nommer een rassis” in Suid-Afrika.

Malema het die uitlating gemaak tydens ‘n mediakonferensie in Kaapstad oor die Onteieningswetsontwerp. Malema sê hy hoop die wetsontwerp sal vinnig deur die parlement ter tafel gelê word.

“Kom ons hoop dit kom. As dit kom sal ons vir dit stem. Ons wil onteien sonder vergoeding. As die ANC ‘n mosie hou om grond sonder vergoeding te onteien sal ons vir dit stem,” het Malema gesê. Die nuutste wetsontwerp erken die jurisdiksie van die howe in onteieningsake.

“Indien die ANC kom en sê hul wil sonder vergoeding onteien sal ons dit ondersteun. Indien die DA kom en sê hulle wil Zuma verwyder dan sal ons hulle ondersteun. Ons het nie ‘n probleem nie.”

Malema het die gehoor laat lag toe hy gesê het sy party sal saam die DA stem indien hulle ‘n mosie bring om Zuma uit sy amp te verwyder. “Indien die DA sê ons moet Zuma uitstem, sal ons dit doen. En nadat ons Zuma uitgestem het en hulle vir Helen Zille wil instem sal ons weier.”

Hy het Zille hierna as ‘n rassis bestempel. “Ons kan nie vir Helen Zille stem nie. Sy is die nommer een rassis in Suid-Afrika. Ons is nie dronk nie. As Helen Zille die regering oorneem sal sy ons onbeskaamd en sonder om dit weg te steek terugvat na die land van ellende en pyn.”

Geordin Hill-Lewis, Zille se woordvoerder, het Malema se uitlatings as onsin afgemaak. “Almal kan deur Juju se nonsens sien. Die feite wys dat die DA die party in Suid-Afrika is wat die diverste is en die vinnigste groei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elizabeth ·

“n Gevaarlike man. Mens moenie dink hy is net “mal” of ‘n nar nie – kyk wat het Idi Amin als gedoen toe hy Uganda regeer het – mens moet bid so persoon kom tot sy sinne (glo nie DIT sal sommer gebeur nie) of dat ‘n Hoër Hand sal ingryp. Mens is bang vir mens se kinders en HUL kinders se toekoms…

Marieta ·

Om iets van ‘n ander te vat wat nie aan jou behoort nie, en dit sonder vergoeding, is DIEFSTAL! Hoe tipies van hom en sy soort. Swart of wit. Te sleg om te leer en te werk vir wat hulle wil he. Gelukkig is nie almal so sleg en gulsig soos hulle nie. Mens sidder net om te dink aan die voorbeeld wat aan die jeug uitgedra word.

Elizabeth ·

@Peter Says: ek stem saam – mense lag oor die algemeen vir sy sotlike opmerkings, maar hy is nie iemand wat los behoort rond te loop nie, om dit nou so te stel! Die probleem is dat die miljuisende armes wat teleurgestel is in die ANC wat nie hul beloftes aan hulle nagekom het nie, hom aanhang sonder om te dink oor wat se twak hy praat. En dit kan, soos jy tereg sê, ‘n lelike ding afgee. Ek meen mens hoef net na sy irrasionele redenasies hierbo te kyk om te weet maar hy is mos nie “wel” nie, maar hulle sing en skree en dra die rooi klere lekker saam met hom!

Johan ·

Malema is nie so ver verkeerd nie. Zille is inderdaad `n rassis wat diskrimneer teen blankes bv. BEE, AA, grondhervorming, ens.

Grassie ·

Sprietjie – ek stem saam met jou en Johan. Ou Sollie moet hom maar liewers self gaan “educate” soos hy sê. Hy moet sommer vir Danie saamvat.

Sollie ·

@Johan en Sprietjie – het jul ou ramkiekies nog net een snaar en nou bly jul tokkel daarop? Zille se grondhervorming is GEENSINS naastenby dieselfde as ANC s’n. Word wakker en kom by en “educate” jouself ivm met DA se beginsels. Wag, laat ek my tog nie vererre hier nie.

Daleen ·

Dis juis omdat ons onsself vergewis het van die DA beleid rondom grondhervorming. Jy kan jou maar vererg soos jy wil, feite is feite. Ek ondersteun Johan en Sprietjie 100%.

william ·

Hy praat sonder om te dink aan die gevolge en konsekwensies wat dit inhou vir die land. Fools rush in where angels fear to tread. Dit is tipies van Afrika diktators.

Riaan ·

Malema is die 2’e grootste rasis in die wêreld!
Die grootste moet nog gebore word!

Jasper ·

Die man het nie nodig om riool te strooi by betogings nie, hy hoef net sy groot mond oop te maak.

Danie ·

Die hartseer waarheid is dat daar sowaar Afrikaners is wat Helen Zille meer haat as Malema.Malema is iemand wat revolusie en oorlog kan bring.Die DA probeer sy uiterste bes om wal te gooi teen die ANC en die EFF.
Die gevaar wat Malema inhou is dat hy n absolute populis is wat aan sy kiesers wilde beloftes maak oor grond en maatskaplike toelaes wat hy sal verhoog.Grond wat nie aan hom behoort nie.Grond wat hy sal afvat as hy ooit aan bewind kom.Het iemand al daaraan gedink dat tussen die ANC en die EFF,hulle n twee derde meerderheid het?So hulle sal gesamentlik die grondwet kan verander sou hulle so besluit.
Die enigste bolwerk teen hulle is die DA.Word wakker mense, en besef dit.Solidariteit doen ook wonderlike werk,hulle moet werklik ondersteun word.Ons moet ophou met kleinlike politiek en die gevare begin insien en saamwerk.

Sollie ·

@Danie – darem een persoon wat DINK. Die ander klomp hier kan nie die werklikhede raaksien en maak net persoonlike aanvalle – ai ai! Daleen, gaan lees mooi staaaadig die DA se beleid rondom grondhervorming. As jy hulp met vertaling en dies meer nodig het, laat weet jou adres ek stuur ‘n HAT! ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.