Malema: ‘Zuma is bang vir wit mense’ (video)

Lees ook:
Video: Malema uit parlement verjaag

Foto: @POWER987News

Foto: @POWER987News

President Jacob Zuma het ‘n tekort aan dapperheid en het die revolusie uitverkoop, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Woensdag in die parlement gesê.

“Jy is baie bang vir wit mense, veral wit monopolie-kapitaal,” het Malema gesê tydens die lewering van sy eerste toespraak in die parlement. Malema se toespraak maak deel uit van die debat oor Zuma se staatsrede wat Dinsdagaand gelewer is.

Malema het onder skoot gekom nadat hy die ANC daarvan beskuldig het dat hulle wit monopolieë in die land beskerm. “Ons staan die ANC van Marthinus van Schalkwyk en Cyril Ramaphosa teen.”

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het beswaar aangeteken en ook vir Malema gesê om nie LP’s op hul naam te noem sonder die titel van “agbare” nie.

Malema het later die woord agbare begin gebruik maar dit weer vergeet toe hy van Blade Nzimande gepraat het.

Malema het ook voortgegaan met sy beledigings teenoor Zuma en die ANC. “Niemand gaan onthou wat jy gisteraand gesê het nie behalwe dat ons moet skoonmaak op Mandela-dag.”

Die video is deur SABC Nuus op Youtube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan Luüs ·

Praat die arme ou van “I haven’t got time for racism ” Hoor wie praat.!!!!!!!!

Johan Luüs ·

Praat die arme ou van “I haven’t got time for racism ” Hoor wie praat.!!!!!!!!

Mohemedi Moagaesi ·

Juju is nog ‘n laaititjie om parliament toe gaan!! Hy dink is soos die EEF ralies! Hy eers was ‘n president van ANC jeuglega maar nou hy praat asof hy bietjie skoon is Te m**r met hom sy party en die ANC geen verskil Aggh..

Bernardus Badenhorst ·

Daar word te veel die woorde wit en swart in die parlement gebruik! Die ANC moes nooit toegelaat het dat die EFF met oorpakke die parlement betree nie! Dit is onaanvaarbaar dat Zuma so beledig word, al is hy hoe verkeerd hy bly die President van die land! Die parlement word n grap dit is daar is geen respek vir mekaar nie. Die land is in ernstige finansieele moeilikheid, en al wat gebeur is beledigings word rondgeslinger, nie sinvolle debat en probleem oplossing nie! Die regering sal ernstig iets aan die Malema probleem moet doen!

hasie dasie ·

Snaaks genoeg hoe hulle lank gesukkel het om in die parlament te kom , of jy nou wit, pers, pienk, groen of swart hoekom staan ons almal nie saam maak een groot naam en help ons land verbeter, maar nou word hy net verswak met al die bakleiery saam. STAAN SAAM IN GOD SE NAAM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.