Malema: ‘Zuma was deur geheime donateurs gefinansier’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het in ʼn beëdigde verklaring gesê hy het eerstehandse kennis van donateurs wat pres. Jacob Zuma deur duistere trustfondse gefinansier het.

Sunday Times het berig dat Malema hierdie bewering verlede week in ʼn 83 bladsy-lange verklaring gemaak het. Die verklaring is in die hooggeregshof in Pretoria ingedien in die voortslepende regsgeding tussen Malema en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars).

Volgens Malema het hy persoonlik geld vir Zuma by ANC-saamtrekke ingesamel van “ongeïdentifiseerde donateurs” voordat Zuma in 2009 president geword het. Hy het gesê dat daar geen verskil was tussen sy Ratang-familietrust, wat vir sy leefstyl betaal het, en Zuma se familietrusts nie.

“Formele trust-strukture is opgerig waarin donasies gemaak is – sommige groot, sommige klein – ter voordeel van die leiers. Ek het eerstehandse kennis hiervan; ek het donasies aan pres. Zuma hanteer,” het Malema gesê. “Ek is op dieselfde manier onderhou. Soms is geld net in my bankrekening inbetaal deur onbekende donateurs; soms het bekende ondersteuners my uitgawes betaal of geld, klere en ander lewensbenodighede en luukshede as geskenke gegee.”

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het ontken dat die president enige “geheime donasies” ontvang het. “Die president het voortdurend alle inkomste ontvang in sy belastingopgawe aan Sars verklaar,” het Maharaj gesê.

Sars het aansoek gedoen dat ʼn bevel van finale sekwestrasie teen Malema gebring word nadat ʼn skikkingsooreenkoms rakende sy uitstaande belastingrekening ineengestort het. Die saak sal in Junie in die hof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Zuma en sy kaders leef in n katnes van rampokkey en korrupsie. Dit sal darem n vreugdevolle dag wees om te sien hoedat hy weggelei word na die selle om sy nuttelose lewe daar voot te sit.

Japie ·

Ek het my bedenkinge of hulle ooit aan die pen sal ry met al die korupsie in ons mooie land.

CJAN ·

Japie ek stem saam met jou. Zums sal nie of kan nie aangekeer word nie. As dit gebeur gaan daar ‘n burgeroorlog in SA losbrand.

J.Z ·

Japie ek stem, hy sal niks oorkom nie ,hy lag almal net af soos ou Magabe doen en gaan net onverstoord voort.Magabe word uit gestem dan gaan hy maar net voort,net so sal zzzzumatjie ook doen.

Peet Schabort ·

Dit lyk tog of die wiel draai . . . stadig maar seker . . .

Grassie ·

Hulle het altwee maar hul bronne van inkomste. Ek verstaan een van Malema se donateurs is Charlise Theron.

charlotte ·

Ja nee Japie ek stem volkome saam wat is die kanse dat die klomp skelms aan die pen sal ry,want maak nie saak nie hulle is almal n klomp skelms en dan lag zuma altyd daaroor……hoop hulle word almal toegesluit en daardie sleutel moet groot asseblief in die see gegooi word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.