Malibongwe-padwoede: Beskuldigde vra ontslag

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Die regsverteenwoordiger van die man wat daarvan beskuldig word dat hy Douglas Pearce (39) tydens ʼn beweerde padwoedevoorval doodgeskiet het, het versoek dat die saak teen sy kliënt laat vaar word.

Sabelo Dingiswayo, regsverteenwoordiger vir Meekahaefele Masooa, het ’n aansoek om ontslag ingevolge art. 174 van die Strafproseswet ingedien. Die aansoek is ingedien nadat die staat Woensdag sy saak afgesluit het in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in die Randburg-landdroshof sit.

Dingiswayo het die geloofwaardigheid van die staat se getuies bevraagteken. Regter Brian Spilg het gesê die toets is of die bewyse voor die hof ʼn redelike persoon sal dwing om die beskuldigde skuldig te bevind. Spilg het die aansoek van die hand gewys en gesê daar is ʼn geldige saak teen Masooa.

Maj. Chris Mangena, ʼn forensiese kenner wat namens die staat getuig het, het tydens sy getuienis gesê Pearce se baadjie het twee koeëlgate ingehad. Pearce is in die linkerarm en lae rug geskiet.

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Mangena het getuig dit was moontlik dat Pearce homself in die rug geskiet het. Spilg het dit egter bevraagteken en gesê die hof het die moontlikheid dat Pearce homself gewond het, uitgesluit. “Die enigste ander persoon op die toneel wat ʼn vuurwapen gehad het, was die beskuldigde.”

‘n Ooggetuie het vroeër getuig Masooa het Pearce aan sy kraag gegryp en hom in die rug geskiet. Staatsaanklaer, Arveena Persad, het gesê dit strook met Mangena se getuienis dat die wond “kenmerkend is van nabye kontak”.

Masooa, ʼn prokureur van Centurion, word aangekla van die moord op Pearce, wat op 14 Februarie 2014 tydens spitsverkeer doodgeskiet is.

Die verhoor duur voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Annie ·

Nee hy moet gestraf word en sommer hard ook en tronkstraf moet sy voorland wees. Kan jy jouself indink as hy ontslag kry hoeveel padwoede gaan daar dan wees en hoeveel mense gaan dan geskiet word. Hy het ‘n familie ontneem van ‘n eggenote, vader en seun. Hierdie land het te veel misdaad en moord. Kry hom geensins jammer nie.

HEVW ·

” Hy het homself in die rug geskiet.” Waarom, om wat te bewys? Onlogies. Tipies Afrika denke, verskoning om vry te kom.

Kobus ·

Elna, dit is ‘n baie goeie vraag nê. Maar dit lyk of hy besig is om homself in die voet te skiet. Volgende “move” sal seker wees dat iemand anders dalk die oorledene kom geskiet het. Dit is so sprekend van absolute arrogansie.

Henk ·

En weereens is die polisie se forensiese deskundiges besig om ‘n sirkus van die land se regstelsel te maak.

Elbie ·

Klink darem baie arrogant! Tipies..hulle dink mos hulle kan wegkom met alles. Ek hoop regtig hy kry wat hy verdien!

Lynette ·

Is al die reels toegepas wat vereis word wanneer mens ‘n wapen gebruik. Het die oorledene ook ‘n vuurwapen gehad was die beskuldigde in lewensgevaar en mag jy sommer net jou wapen rig en dit net omdat jy kwaad is ek is geen kenner nie maar nerens word hierdie vrae gevra nie en weereens is ‘n persoon in sy graf iets wat nie reggemaak kan word nie so die feit bly staan die beskuldigde sal moet gestraf word sonder enige verskoning

Berhalet Beukes ·

Ek kan nie glo dat ‘n “regs geleerde” met so ‘n belaglike verweer vorendag kom nie! By watter universiteit leer hy sulke snert?

susan ·

Universiteit vra jy. Ons het mos die laaste tyd gesien wat “leer” hulle by universiteite.

Theresa B ·

Ag my siestog nê – bo alles verhewe………………..!!!!

Se Maar Net ·

Nee daar waai n helse klomp papiere oor die heining by die Universiteit en dan vul hul hulle name daarin.
En “Walla” ons is ‘n graad ryker!!! Dit is verdomp belaglik man.

Fransie ·

Gooi die gemors in die tronk en gooi die sleutel weg! Hy hoort nie in die samelewing nie! Prokureur??? Pfftttt!!

Elna Kupke ·

Omkoop gaan nou weer hier praat en op die ou end kom meneer prokureur los. Die arrogante manier van waai vir die fotograwe wys dat hy geen berou het oor wat hy gedoen het nie en geniet die aandag en publisiteit wat hy kry. Hy moet vir opsetlike MOORD aangekla word en 40+ jaar of lewenslank sit. Sy maatjies sal sorg dat daar iewers iets gekook word!!!! Geld praat lekker in SA !!! OMKOOP IS SO GESOG SOOS ROOM OP KOFFIE IN SA !!!

Jen ·

Hy moet lekker waai, die volgende keer wat hy so gaan waai is wanner hy sy familie gaan groet oppad tronk toe. Maar hy moet vrot in die tronk en klaar, en sy wonderlike Advokaat wat se IK so laag soos grond is, en vir die wat verstand het, te probeer oortuig dat die oorledene homself in die rug geskiet het, moet ook saam met daai krimeneel tronk toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.