Malibongwe-padwoede: ‘Polisie was nalatig met bewyse’ sê beskuldigde

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die motoris wat na bewering verlede jaar ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, beskuldig die polisie van nalatigheid.

Meekahaefele Masooa staan tans in die hooggeregshof in Johannesburg tereg op ʼn aanklag van moord, nadat hy glo op 14 Februarie 2014 Douglas Pearce (39) op Malibongwerylaan, Randburg, tydens spitsverkeer doodgeskiet het. Masooa beweer het hy het uit selfbeskerming opgetree nadat Pearce hom met ʼn handgebaar gevloek en hom met ʼn vuurwapen gedreig het.

Polisiebeamptes wat na die toneel ontbied is, het Dinsdag in die hof getuig dat Pearce se liggaam reeds met ʼn kombers toegegooi was met hul aankoms op die toneel. Hulle het ook ʼn motorfiets voor ʼn wit motor op die toneel gesien.

Die beamptes het aan die hof gesê hulle het op verskeie items beslag gelê, insluitend twee vuurwapens, ammunisie en twee vuurwapenholsters.

Konst. Solly Masinge het gesê Masooa was in die ambulans met sy aankoms op die toneel. Masooa het ʼn geringe besering aan sy voorkop gehad. “Die wond het nie soos ʼn koeëlwond gelyk nie,” het Masinge gesê.

Doublas Pearce en sy vrou, Tammy. Foto: Facebook.

Doublas Pearce en sy vrou, Tammy. Foto: Facebook.

Konst. Ndivhudzannyi Mbolawa het aan die hof gesê met haar aankoms op die toneel het ander polisiebeamptes die items waarop beslag gelê is, aan haar oorhandig. Sy het die besonderhede van die items op ʼn polisievorm ingevul wat die sakke wat hulle in geplaas is, vergesel het.

Sabelo Dingiswayo‚ Masooa se regsverteenwoordiger, het aan Mbolawa gesê sy kliënt sal getuig dat sy nie handskoene aangehad het toe die ander polisiebeamptes die items aan haar oorhandig het nie. “Die beskuldigde sê jy het nie handskoene aangehad nie en jy het die vuurwapens op nalatige wyse hanteer,” het Dingiswayo gesê.

Mbolawa het gesê sy sal nie kommentaar lewer of Masooa haar gesien het of nie. “Hy moet vir my sê waar hy was toe ek daar opgedaag het,” het sy gesê. Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

amelia ·

Elke keer wat hy by hof was daar met n groot “smile” seker gedink gaan met dit weg kom soos die meeste van die tyd die geval mos maar is

SkarrelKind ·

Amelia- daar is ‘n benoudheid in my wat my laat dink hy gaan straks wegkom hiermee?

pop ·

Hys so te se al klaar ontslaan. Wat is dit wat sielkundiges se van mense wat lag en geen berou toon as jy n mens se lewe geneem het.

REGVERDIG ·

Iemand het vir Masooa baie “slim” inligting gevoer en wat hy moet sê in die hof. Dis hoekom hy op borgtog vrygelaat is. Hy is mos van die “nuwe Suid Afrika”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.