Malibongwe-padwoede: Verhoor uitgestel

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die verhoor van Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer verlede jaar tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Masooa (43) moet weer op 11 Augustus in die hof wees nadat regter Eben Jordaan die verhoor uitgestel het.

Staatsaanklaar Arveena Persad het aan die hof gesê alhoewel die voorlopige verhoordatum vir Maandag bepaal was, het die staat en verdediging ingestem om die saak uit te stel.

Masooa (43) word daarvan beskuldig dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie verlede jaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet het.

Masooa is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Tydens sy borgtogaansoek het die hof gehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

Jordaan het sy borgtog verleng.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Neptunus ·

‘n Regter wat sake uitstel in die landdroshof? Vreemd…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.