Die verhoor van Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer verlede jaar tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
Masooa (43) moet weer op 11 Augustus in die hof wees nadat regter Eben Jordaan die verhoor uitgestel het.
Staatsaanklaar Arveena Persad het aan die hof gesê alhoewel die voorlopige verhoordatum vir Maandag bepaal was, het die staat en verdediging ingestem om die saak uit te stel.
Masooa (43) word daarvan beskuldig dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie verlede jaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet het.
Masooa is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Tydens sy borgtogaansoek het die hof gehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.
Jordaan het sy borgtog verleng.
‘n Regter wat sake uitstel in die landdroshof? Vreemd…