Mallet en Meyer bring hulde aan Joost

Heyneke Meyer. Foto: Twitter

Heyneke Meyer. Foto: Twitter

Nick Mallett en Heyneke Meyer, voormalige Springbok-afrigters, het hulde gebring aan Joost van der Westhuizen wat Maandag oorlede is.

Mallett het Van der Westhuizen as ʼn dapper speler beskryf en gesê hy was die beste skrumskakel wat die wêreld nog gesien het. “Dit was ʼn groot voorreg om Joost van 1997 tot 2000 af te rig. Hy was reeds ʼn gevestigde Springbok nadat hulle in 1995 die Wêreldbeker gewen het. Hy was ʼn sleutelspeler in die span wat ek in 1997 gekies het.

“Hy was ʼn besonderse atleet, ʼn baie ongewone speler vir ʼn nommer nege. Hy was baie lank en het links geskop. Dit was besonder moeilik om hom te duik en hy het ʼn besonderse oog gehad vir ʼn gaping,” het Mallett gesê. “Hy was ʼn ongelooflike rugbyspeler en het sy siekte op dieselfde wyse beveg.”

Volgens Meyer het Van der Westhuizen ʼn groot verskil in mense se lewe gemaak. “Hy was ʼn vegter en ʼn leier. Rugby bou nie karakter nie maar openbaar karakter. Ek is so trots op hom. Sy lig het net al helderder begin skyn. Hy het ondanks sy siekte steeds vir mense omgegee en ʼn groot verskil gemaak. Ek respekteer hom en was baie trots om hom my kaptein en vriend te noem. Hy sal regtig gemis word.”

ʼn Openbare gedenkdiens word vanmiddag by Loftus Versfeld vir Van der Westhuizen gehou. ʼn Kerkdiens is reeds aan die gang vir familie en vriende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannelie Wes-Kaap ·

Dis so mooi gestel Heyneke Meyer en Nick Mallett. Joost was die beste skrumskakel in die geskiedenis. Rus in Vrede liewe Joost no. 9

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.