Malmesbury: 4 gevangenes nog op vrye voet

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die polisie in die Wes-Kaap is nog op die spoor van vier verhoorafwagtende gevangenes wat Vrydag saam met tientalle ander uit die Malmesbury-gevangenis in dié dorp ontsnap het.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat altesaam 65 van die 69 ontsnapte gevangenes reeds weer agter tralies is.

Chaos het Vrydagmiddag in Malmesbury ontstaan toe dié groep gevangenes korrektiewe beamptes tydens oefening by die plaaslike gevangenis oorval en uit aanhouding ontsnap het.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 12:15 plaasgevind. Die korrektiewe sentrum het ten tyde van die voorval 451 gevangenes gehad met 20 korrektiewe beamptes aan diens.

“Die ontsnaptes het die beamptes [tydens oefening by die fasiliteit] oorval, die sleutels gevat, drie beamptes in ʼn sel toegesluit en ander selle oopgesluit voordat hulle deur die hoofingang en deur die dak ontsnap het,” het Delekile Klaas, die departement van korrektiewe dienste se kommissaris in die Wes-Kaap, verduidelik.

Volgens Klaas het nege korrektiewe beamptes ligte beserings en kneusplekke in die voorval opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
sterk soos n beer

Daar bly 3 oor nie 4 nie
66 van 69 is terug in die tronk

Scalla

Hul verweer gaan wees dat die oefening verskuif het om vars lug in die natuur op te neem, lekker in die nuwe SA.

Duwweltjie

Dit was seker bedoel om hulle “uitnaweek” te wees.

Leonard

Trots op diegene wat help AANKEER het, buiten die Polisie!

JohanR

Die polisie was in Kaapstad besig om mense wat vreedsaam optog hou, met water kanonne en traan gas uitmekaar te jaag. Ons sal nie vergeet nie. Van nou af as ‘n ANC/EFF politikus of ‘n polisieman ‘n takeaway of ‘n maaltyd IN ‘n resturant bestel, moenie verbaas wees as die maaltyd gesaboteer is nie – ‘n paar skaamhare, en ‘n spoegsel of twee, behoort te maak dat die politikus en polisieman die maaltyd meer geniet! Eet en drink van nou af by die huis!