Malmesbury-boer op plaas vermoor

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 58-jarige boer is Donderdagaand op sy plaas in Malmesbury in die Wes-Kaap vermoor.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer, sy vrou en nog ʼn man is omstreeks 20:40 deur vier mans in die plaashuis in die Atlantis-omgewing oorval.

“Die boer is doodgesteek. Sy vrou en die ander man is beseer en in ʼn hospitaal opgeneem.”

Volgens Traut het die mans met huishoudelike goedere gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek sake van huisroof en moord.

Thomas van Dalen, AfriForum se streeksverteenwoordiger in die Wes-Kaap, het die boer intussen geïdentifiseer as Neil Greyling. Hy het gesê Greyling is met ’n mes in die hart gesteek en is op die toneel dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Een van die gevaarlikste beroepe in die wêreld… plaasboer in Suid Afrika. *Waarom het die sensor-raad nog nie die program ‘Boer soek ‘n Vrou’ belet nie?* En boere, natuurlik is daar geweldig baie gate om toe te maak maar beveilig julself! Nie dat dit enigsins ‘n faktor is maar dit behoort self belastingaftrekbaar te wees. Maar jy weeg nie jou gesin se lewens op teen finansies. Beveilig julself.

Nita ·

Weerlose mense in die land, se lewe is nie n tiekie werd nie. Die hienas le op die loer en slaan toe en verdwyn dan die bosse in. Om meestal nooit weer gesien te word nie.

Nicolene ·

Al hierdie nense wat so vinnig skree : beveilig julle self laat my wonder. Gaan jy met vuurwapens na jou werk toe? Het jy wagte om jou as jy by jou dorpshuis uitstap om die tuin nat te maak? Maak droogte en vloede ‘n verskil aan kos op jou tafel en brandstof in jou voertuig? Is jou naaste bure kilometers van jou huis af waar niemand sal hoor as jy ‘n groep van 4 of 5 met vuurwapend probeer afweer met dalk jou enigste .22? Het jy wagte wat jou gesin oppas as jy in die veld ingaan omdat jou inkomste nie uit ‘n rekenaar uitkom nie? Is die grenslyn van jou erf in die dorp kilometers lank en het jy die geld om sommer gougou elektriese heinings op te rig waar beurtkrag daardie uitgawe doelloos maak? Maak jy en jou dorpsvriende beurte om nagte plaas paaie te patroleer sodat jy kan sien as verdagtes aankom?
Ja, ek vra maar net…

Cilla Dugmore ·

It would be nice if you could get your facts right. The man who was murdered was Neil Griessel and he was not married.

Nico Strydom ·

Good day Cilla
Thank you for you reply. This is the information we got from the police. We will gladly follow up if you can give us more information. Please mail us at [email protected]
Kind regards

Steve ·

Hy was nie getroud nie en die dame was van ons plaas sy woon hier en het daar gaan kuier by haar twee manspelle op hulle plaas

Marianne ·

Genade!!!! Getroud of nie! Wat maak dit saak????? Die man is oorlede!
Hemel mense julle stamp kop oor onsin!
DIE MAN IS DOOD – VERMOOR! NOG ‘n BOER!
Mag God ons boere, hul gesinne, familie en vriende bystaan.
Steel – dammit – steel. HOU OP MOOR!

Talla ·

DITTO, Marianne!
Getroud, ongetroud…!
Wie het daar gekuier, gebly, of wat ookal…!
Wat de duiwel maak dit saak! Nog ‘n boer is vermoor!!
Cilla Dugmore, it would be nice if you could add a more valuable or informative contribution to this tread instead of just getting the “facts right”!

RIP RSA ·

Dis baie hartseer. Nie net die feit dat ons Afrikaner mense so vermoor word nie, maar ook die altyd “stroom-op ” houding tussen sommige van ons. Daar is altyd iemand wat van beter weet of wat eers ‘n appeltjie moet skil. So word die fokus van wat regtig belangrik is eenvoudig eenkant toe geskuif…… Wat ‘n klomp klipkoppe is ons nie. Ons is inderdaad ons eie, grootste vyand. Dis in ons gene. Dis tragies.

Magda ·

As mens deesdae na plaasaanvalle kyk is dit altyd die mans wat vermoor word in meeste gevalle. Ander lede net beseer. Hier is n slang in die gras.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.