Malmesbury-botsing: Dodetal styg

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter via @BOSBEER2006

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter via @BOSBEER2006

Die dodetal in ʼn gru-botsing op Klipheuwelweg buite Malmesbury in die Wes-Kaap het tot nege gestyg.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig nege mense is dood nadat twee voertuie omstreeks 19:00 Sondagaand reg van voor teen mekaar gebots het. Vyf volwassenes en vier kinders is dood, het Traut gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ligte afleweringsvoertuig en ʼn bakkie was in die botsing betrokke. Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdienste, het vroeër gesê die bestuurder van die afleweringsvoertuig, twee mans in hul 30’s, ʼn 19-jarige man, twee tienerseuns en twee kleuters van ongeveer twee jaar oud is op die toneel dood.

Traut het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martin ·

Was daar net toe die pad toegemaak is. Verskriklik. As die bakkie se canopy nie op pad gelê het nie sou jy ook nie dit kon uitken nie. Nog nooit sulke verwronge staal gesien nie. Dit was nie teen 100km/h nie. Ai.

KarooKlong ·

Kop aan kop botsings word as ‘n reel as ernstig beskou, meestal met noodlottige gevolge.
Ongelooflik hoe dit op ‘n gelyk stuk pad ook gebeur.

Rey ·

Kry asseblief julle feite reg, julle ontstel ons as familie. Dus tragies genoeg vir ons hoe kan julle nog sulke photos post? Skaam julle!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.