Malmesbury-moskee: Aanvaller was psigiatriese pasiënt

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

Die Valke het Woensdag laat hoor dat die verdagte in die opspraakwekkende Malmesbury-moskee- skietery waartydens drie mense dood is, tot onlangs vir etlike jare ʼn psigiatriese pasiënt in ʼn hospitaal was.

Maroela Media het vroeër berig twee mense is op 14 Junie by die moskee deur ʼn aanvaller met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voor die aanvaller deur die polisie doodgeskiet is toe hy geweier het om homself oor te gee.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het destyds aan Maroela Media gesê die aanvaller het talle ander mense ook gesteek en gewond voor die polisie by die toneel opgedaag het.

ʼn Polisiebeampte is ook tydens die aanval beseer.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die verdagte as Nur Arawal (23) van Somalië geïdentifiseer. Volgens Mulaudzi was Arawal sedert 2013 “tot onlangs” ʼn pasiënt in die psigiatriese afdeling van die Karl Bremer-hospitaal in Bellville.

Volgens hom is die motief vir die aanval steeds nie bekend nie. “Daar is egter geen leidrade van enige betrokkenheid by ekstremistiese of radikale gedrag nie,” het Mulaudzi gesê.

Arawal se oorskot is aan sy familie oorhandig vir repatriasie en sodat begrafnisreëlings getref kan word.

Die omstandighede rondom Arawal se dood word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WWWAAATTTT ·

Wat lees ek – word die man wat die drama veroorsaak het met handskoentjies hanteer, ek weet hy is dood, maar sy oorskot word oorhandig vir repatriasie (ons land se onkoste) terwyl hy reeds sedert 2013 op ons land se onkoste behandel en versorg is. Dan word daar nog geld spandeer om die omstandighede waarin hy dood is te ondersoek. Het hy nie mense met messe aangeval nie, regtig gaan soek kriminele en los die nonsens.

WWWAAATTTT ·

Ek wou nog byvoeg, 3 mense dood asook ‘n Polisie beampte beseer wie se lewens minder beteken as ‘n buitelander….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.