Malmesbury-polisieman verdwyn spoorloos

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie

JONGSTE: Dion Dumas se liggaam is op 27 Desember 2016 gevind. Lees meer.

Ao Dion Juan Gaston Dumas (57), gestasioneer by Malmesbury-polisiestasie, word sedert Oukersdag vermis.

Dessie Rechner, direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het gesê Dumas is Saterdagmiddag weg om ʼn geskenk by sy ma se dokter se huis af te laai. Volgens die dokter was hy daar en hy is omstreeks 16:00 daar weg.

Sedertdien is Dumas nog nie weer gesien nie.

Dumas is die bekende sangeres Jennifer Zamudio se neef.

Dumas het ʼn blou-en-groen-knopieshemp en ʼn denim-kortbroek aangehad met sandale. Hy bestuur ʼn wit BMW318 met die registrasienommer CK13372.

Hy is ongeveer 1,78 m lank en weeg nagenoeg 112 kg.

Indien enigiemand hom sien of weet waar hy hom bevind kan SAPD Malmesbury gekontak word. Kontak kol. Nielson of Ao Durandt by 071 604 8379, 022 482 7500, 083 412 8667 of 082 778 3501.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

gert ·

O my genade hoop nie hy het iets oorgekom nie. Hoop hy is okay.

Justice ·

Die prognose klink nie goed nie. Hoop en bid maar vir die beste.

bella ·

Dit is so hartseer. Ag Vader wees hom genadig en bring hom veilig tuis na sy dierbares toe. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.