Man (19) in hof ná hy 64-jarige glo verkrag

hof-hamer

Argieffoto.

Die 19-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy Saterdag ʼn 64-jarige familielid na bewering verkrag het, het Maandag in die Thabamoopo-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van verkragting.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 21 November uitgestel vir verdere ondersoek en die beskuldigde se formele borgtogaansoek.

Die beweerde voorval het Saterdag om 03:30 in die Makgophong-nedersetting plaasgevind.
“Die slagoffer het ʼn klop aan die deur gehoor en was verras om haar familielid te sien wat net in sy onderklere staan. Hy het haar gegryp en gewurg tot sy bewusteloos was en haar toe glo verkrag,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het geweld teen ouer mense ten sterkste veroordeel. “Familielede word aangeraai om sorg vir bejaardes te prioritiseer en te vermy om ouer mense alleen saam met mans of seuns te los om dié tipe voorvalle te voorkom,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Italian Stallion ·

Ngoepe sê: “Familielede word aangeraai om sorg vir bejaardes te prioritiseer en te vermy om ouer mense alleen saam met mans of seuns te los….” ???….Skryf asseblief ‘n brief aan my ouma in die outehuis en verduidelik vir haar hoekom ek haar nie meer kan sien nie….jou ou slimkop.

JG ·

Die woorde van n sekere vroulike regter (wat nou bedank het), maal nou weer in my kop…het die lig darem nou al vir jou aangegaan Gillian Schutte ??

PIPPY LANGKOUS ·

Daar is geen manier wat iemand my moet aanraai om nie my seuns of mans-familie lede by my ouer familie te los nie – Want daar is nie ‘n manier dat my familie so iets sal aanvang nie.

Saartjie ·

REGTIG!!! Mag my seun nou nie alleen by sy Ouma gaan draai oppad huistoe nie!!! Plaas dat
daar beter beskerming aangebied word deur ons polisiemag…..of mag ons polisiemag net hulle werk doen dan sal daar minder geweld wees. Met geen dissipline nie is ons almal “targets” want hulle weet niks gaan met hulle gebeur nie…of hulle “ontsnap”

Theresa ·

Ag tog, Ngoepe!!! HEmel tog jou siening van sake is SO banaal! NEE dat bejaardes nie met mense omring moet wees nie (maak nie saak hoe oud nie) – hul mag omgring wees met normal denkendes. Dis die krimineel, misdadiger en verkragters wat moet weet: HUL SAL VERWYDER word en UIT die samelewing BLY. Hul moet ongelooflike strawwe kry en borg/parool vir ‘n verkragter moet glad nie eers bestaan nie. Hul moenie eers kan vra nie, want die antwoord behoort reeds vooraf N E E te wees. Of ‘n jong- of oumens verkrag word – dis altyd ‘n reuse misdaad waarvoor daar geen toelating terug in ‘n samelewing behoort te wees nie. So, stuur die boodskap aan dié wat hul daaraan wil skuldig maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.