ʼn Man het Woensdag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn in verband met die gru-moord op ʼn tienermeisie van Valhalla Park.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.
Lekita Moore (18) se verminkte liggaam is Sondag in ʼn veld naby Tunaweg ontdek. Van Wyk het gesê sy het talle steekwonde aan haar liggaam gehad.
Hy wou nie kommentaar lewer oor die mediese toestand van ʼn vriend wat na bewering saam met Moore was en glo ook gesteek is nie. Die vriend is na bewering in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.
Maklik om te moor hoop hy sit gou vir lank
Mag jy geen pyn gevaar he nie! Here mag jy dood wees voordat jy vermink was.
Rus sag engel kind…. Jou pad op aarde is voltooi, jou plek sal leeg wees.
Dit is hartseer om gedurig te lees hoe iemand vermoor word wat gan aan met die mense is hulle so gevoeloos!!! Sterkte aan die familie!!!
RIV engelkind hoop hulle word swaar gestraf